Spioenasiebande: Zuma kry uitstel vir vertoë

jacob zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag bevestig hy het die sperdatum verleng vir die indiening van pres. Jacob Zuma se nuwe vertoë aangaande die korrupsie-aanklagte teen hom.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê Zuma se regspan het twee dae voor die oorspronklike sperdatum van 30 November uitstel versoek. Die NVG het ingestem om die sperdatum tot 31 Januarie te verleng.

Mfaku het gesê Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, was in die buiteland en het met sy terugkeer na Suid-Afrika eers die versoek oorweeg. Hy het nie ingestem tot die versoek om die sperdatum na 19 Februarie te skuif nie, maar het wel “in belang van regverdigheid” ingestem tot einde Januarie.

“Weens die dringendheid van die saak het hy [Abrahams] besluit dat 19 Februarie nie in ooreenstemming met die proses sal wees om te verseker dat die saak so spoedig moontlik gefinaliseer word nie. Dit is waarom hy dié versoek geweier het,” het Mfaku gesê.

Hy het gesê die vervolgingspan is steeds besig om die bewysmateriaal in die saak te evalueer en “sal eers teen einde Januarie in ʼn posisie wees om hom van raad te bedien oor die pad vorentoe”. Die verloop van tyd en die openbare belang het bygedra tot Abrahams se besluit om nie die sperdatum tot Februarie te verleng nie.

Mfaku het voorts gesê Abrahams wil nie hê die saak moet onnodig voortsleep nie en meen dit moet met die “dringendheid wat dit verdien” hanteer word. Hy het gesê die NVG sal nie verdere versoeke vir uitstel oorweeg nie.

Altesaam 783 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery staar Zuma in die gesig.

Die appèlhof het in Oktober Zuma en die NVG se aansoeke om verlof tot appèl in die sogenaamde spioenasiebande-saak met koste van die hand gewys. Zuma en die NVG het die appèlhof genader nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat die besluit, om Zuma nie te vervolg nie, irrasioneel was en dat die 783 strafregtelike aanklagte teen die president weer ingestel moet word.

Ná die appèlhof se uitspraak is Zuma tot einde November tyd gegee om nuwe vertoë oor die saak te lewer. Die aanklagte hou verband met Zuma se beweerde korrupte betrokkenheid by ʼn multimiljardrand-wapentransaksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Reg ·

Hoop regtig almal in die land kan hierdie vergunnings kry. Soveel klagtes en aan die van die dag gaan daar vere van kom. Teleurdgestel!!!!

Ella ·

Hy speel vir tyd soos altyd. Dalk gaan die probleme weg as sy eks wen die naweek. Hy is uitgeslape .

Veritas ·

Sy N’kandla in Dubai is nog nie klaar gebou nie. Hy kan nie noual vlug nie.

zoom zoom ·

Hoe Lui die spreekwoord?,Van uitstel kom afstel. Zuma is ‘n magician as dit kom by kul SA hier kul SA daar en die wenner is onse Nr 1.

Alida ·

Hy moet GEEN uitstel kry nie dis al 10 jaar aan die gang. Die skelm speel vir tyd.

Veritas ·

Ek verstaan nie hoe Shaun Abrahamse hom kon uitstel gee nie. Volgens die hof, mag Abrahamse nie eers by die NVG werk nie. Minag hy dan nie nou ‘n hofbevel nie?

Renier ·

Wat is die nut dan van n sperdatum as dit verskuif word ????????

Theresa B ·

Tipies!! Van uitstel kom afstel kom niks van nie!! Dis lekker in Suid-Afrika hoor.

fanie ·

Eenmaal n skelem altyd n skelem wat goed is vir een is goed vir n ander zuma verdien net een ding en dit is on voor n vuurpeliton dood geskiet te word hy het dan veraad gepleeg hy voel in elkgeval niks vir die land nie en dit is nie net hy wat verwyder moet word nie maar wel die hele korupte parlement

Josua Keys ·

Die banke moes lankal Zuma se bank rekeninge geblok het tot daar uitspraak gelewer word teenoor sy vertoë. In Suid Afrika word mense mos toegesluit vir niks tot jy jou onskuld kan bewys, met die klagte teen Zuma moes hy mos onder huis arres geplaas gewees het tot die hof die saak aangehoor het en uitspraak gelewer het, die visie President van die land moes dan die toom oorgeneem het tot daar bewys kan word Zuma is onskuldig, wat maak hom so belangrik dat die wet nie vir hom geld nie hy is ook maar net n mens met ‘n titel soos enige een van ons niks meer as dit nie so wat vir die een geld geld vir die ander ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.