Spioenasiebewerings sal ondersoek word

Skermskoot van die webwerf AfricaIntelligenceLeaks

Skermskoot van die webwerf AfricaIntelligenceLeaks

Die departement van staatsveiligheid het Donderdag gesê bewerings op sosiale media dat daar op die Openbare Beskermer en sekere politieke leiers gespioeneer is, sal ondersoek word.

“Die regering het op die webwerf africainteligenceleaks.wordpress.com afgekom terwyl die bewerings ondersoek is,” het Brian Dube, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

“Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) sal met groot erns die saak ondersoek, aangesien hierdie bewerings ʼn baie negatiewe impak op ons demokrasie sal hê en die onafhanklikheid en geloofwaardigheid van ons demokratiese instansies ondermyn.”

Daar was gerugte dat daar gespioeneer is op Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Lindiwe Mazibuko, voormalige parlementêre leier van die DA, en Joseph Mathunjwa, president van die vakbond Amcu.

Dube het gesê die SSA en ander veiligheidsdepartemente sal die bewerings ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Gespioeneer net op hierdie lot? Die hele kabinet moet bekyk word!

CHRISTA ·

Dis net die ANC se manier om partye en mense wat nie na hulle pype dans nie te p robeer kniehalter. Hulle moet net in hulle spoor trap. Al hierdie trieks gaan op hulle backfire!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.