‘Spioene’ in die parlement

Speaker Baleka Mbete in die parlement (Argieffoto)  Baleka Mbethe Foto: GCIS

Speaker Baleka Mbete in die parlement (Argieffoto) Baleka Mbethe Foto: GCIS

Die parlement het glo ʼn aggressiewe aanslag teen sy eie personeel van stapel gestuur om spioene en fluitjieblasers ‘uit te roei’, berig die Sunday Times.

Volgens die koerant is die “buitensporige veldtog”, waarby die Suid-Afrikaanse Staatsveiligheidsagentskap (SSA) betrokke is en deur die parlement se sekretaris, Gengezi Mgidlana, op die been gebring is, die jongste in ʼn reeks pogings om beamptes vas te vat.

Die koerant berig verder intelligensiebeamptes het tydens ʼn reeks vergaderings die afgelope week aan parlementêre personeel gesê sekere nie-regeringsorganisasies, spesifiek Right2Know, is agente wat vir buitelandse regerings werk.

Beangste personeel, wat op voorwaarde van anonimiteit gesels het, het aan Sunday Times gesê hulle is al selfs aangesê om die batterye uit hul selfone te haal voor vergaderings begin.

Die Demokratiese Alliansie het intussen ʼn dringende vergadering versoek met die parlementêre oorsigowerheid (POA).

Mike Waters, hoofsweep van die DA, het gesê mediaberigte oor die SSA se inmenging is ʼn groot kommer en vereis drastiese ingryping. “Ek gaan die speaker van die parlement, Baleka Mbete, skriftelik versoek om ʼn vergadering te belê met die POA om die saak te bespreek.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Winston ·

Ja Karen. Jammer dis alweer verwyder. Daar is baie van ons wat so voel. Helaas moet versoening net van een kant af kom tot ons weg is.

vermeende ·

Seker bang iemand sit die flater van Zuma met die getalle op youtube.

Benbasie se plasie ·

Hulle vrees natuurlik.Dit begin so en sal al erger word namate die plundery aangaan.Geen mens kan met n skoon gewete bly steel nie.So naderhand sal hulle begin paronoies raak.
Dan sal hulle begin om onder mekaar te baklei soos n pak honger wolwe.

Johannes Meintjes ·

Die tirannie van die plunderende en outokratiese roofdierstaat word daagliks duidelike sigbaar terwyl die byrgery apaties tussen boewery op grondvlak vergaan.

Johannes Meintjes ·

Die tirannie van die plunderende en outokratiese roofdierstaat word daagliks duideliker sigbaar terwyl die apatiese burgery ook op grondvlak deur onboetvaardige boewery oorval word.

Narike ·

Har har jou nar…….. Glo my, as die buiteland enigsins wou sien wat in SA aangaan, hoekom spioene kry? Die regering is so voorspelbaar!!!!! Natuurlik het hulle ‘n kas geraamtes wat gaan uitval as die bom bars. Die buiteland gaan hulle self net moeilikheid en narre op die hals haal. hahahahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.