Spioene, leuens en reusewins: Onderwêreld van sigarette blootgelê

sigarette

(Foto: Klimkin/Pixabay.com)

Telita Snyckers, ʼn voormalige prokureur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, reken Suid-Afrika het sowat R1,6 miljard per maand verloor aan inkomste sedert die verbod op sigarette met die afsonderingsmaatreëls vir Covid-19-pandemie ingestel is.

Sy meen ook die voortgesette tabakverbod hou groter gevaar in vir rokers wat nou onwettige sigarette koop wat in ongereguleerde fabrieke vervaardig word.

“Oor die afgelope drie maande sou die verlies aan inkomste genoeg gewees het om die salarisse van 66 000 polisiebeamptes te betaal. Of die regering kon die uitbetaling van 277 000 pensioentoelae met die geld gedek het,” het Snyckers in ʼn telefoniese onderhoud vroeër die week aan Martin Bester van Jacaranda FM se ontbytprogram gesê.

Snyckers se boek Dirty Tobacco het in April vanjaar verskyn. Haar boek word beskryf as ʼn exposé van die donker onderwêreld van die tabakbedryf waarin selfs bekende takbakmaatskappye deel is van die sluikhandel in sigarette.

Sy skryf in haar boek oor ondernemings soos British American Tobacco, wat na bewering dikwels agter die sluikhandel van hulle eie produkte staan in ʼn poging om belasting te vermy. Die onwettige handel is ook dikwels meer winsgewend as dié van kokaïen, heroïen, dagga of selfs gewere, voer Snyckers aan.

Die regering se volgehoue verbod op die verkope van sigarette word wêreldwyd as van die strengste inperkingsmaatreëls teen die Covid-19-pandemie beskou. Die besluit het selfs ʼn draai in die hof gemaak waar die Fair-Trade Independent Tabacco Association (Fita SA) aangevoer het die verbod is nie net wreed nie, maar dit het geensins daarin geslaag om mense te verhinder om te rook nie.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het twee weke gelede argumente oor die saak aangehoor. Snyckers het gesê sy is eintlik verbaas dat die hof so lank neem om sy uitspraak te gee aangesien Fita SA dwingende argumente gelewer het.

Omslag van die boek “Dirty Tobacco”. (Foto: NB Uitgewers.)

Asbakkies bly vol

Hoewel die inperkingsmaatreëls verslap is, kan Suid-Afrikaners steeds geen tabakprodukte koop nie, en tog bly plaaslike asbakkies vol. Dit wil voorkom of die verbod eerder die onwettige handel van sigarette laat styg het.

Bester wou by Snyckers weet wie vervaardig hierdie sigarette wat Suid-Afrikaners nou koop, en of sy weet waar dit vandaan kom.

“Vroeër was dit ʼn welbekende feit dat die meeste onwettige sigarette van Zimbabwe ingevoer word. Die vervaardiging van onwettige sigarette is voor die afsondering wel stelselmatig deur plaaslike produsente oorgeneem. Dit beteken onwettige sigarette in Suid-Afrika is wel in gereguleerde fabrieke gemaak, maar bloot onder die belastingsradar versprei en verkoop.

“As ʼn mens egter nou kyk na die foto’s van sigarette wat tans op sosiale media versprei word van die soort handelsmerke van sigarette wat Suid-Afrikaners tans glo rook, is daar ʼn ware risiko dat hierdie sigarette vervaardig word in fabrieke wat glad nie eens gereguleer word nie.”

Sy het bygevoeg dat as ʼn mens na minister Nkosazana Dlamini-Zuma se rekord kyk, dit duidelik is dat die minister reeds lank al ʼn aktiewe stryd teen sigarette en rokers voer vir gesondheid.

“Dlamini-Zuma het die reg om dit te doen. Die probleem is egter die rampbestuurregulasies wat sy gebruik om die verbod in te stel het haar nie die reg gegee om dit te doen nie. Dié saak gaan nou eintlik oor veel meer as net gesondheid, rokers of sigarette, maar plaas eerder die fokus op die regering se oorreaksie en of beleid gebaseer is op wetenskap en feite.”

Snyckers het gesê die soort onwettige sigarette wat nou verkoop word hou beslis ʼn hoër gesondheidsrisiko vir rokers in as die wettige (en selfs moontlike onwettige) sigarette wat voor die afsondering in Suid-Afrika verkoop is.

Sy het verder gesê sy het werklik ingedelf in die bewerings dat sekere Suid-Afrikaanse ministers direkte bande het met die sigarettesmokkelaars. “Ek kon egter nie enige klinkklare bewyse hiervoor vind nie.”

Bester wou ook by Snyckers weet hoekom word die takbakmaatskappye dan nie aangevat as dit eintlik ʼn bekende feit is dat hulle betrokke is by die sluikhandel van sigarette nie.

“Die SAID het in ʼn stadium ʼn daadwerklike poging aangewend om groot tabakmaatskappye voor stok te bring oor hul aandeel in hierdie onderwêreld. Die uiteinde van hierdie poging is dat van die bestuurders by die inkomstediens, wat deel was van dié ondersoeke, hul werk verloor het, en meeste van hulle is strafregtelike aanklagte opgelê.”

Snyckers, wat in die tussentyd die land verlaat het, het egter vir Bester gesê sy vrees nie vir haar eie lewe na aanleiding van die onthullings wat sy in haar boeke gemaak het nie. “Ek is nie ʼn bedreiging vir die tabakmaatskappye nie, dit is eerder hul eie dokumente wat hulle grootste bedreiging is. Ek het maar net ʼn lig op van die bewyse kom gooi.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Renee ·

Baie dankie vir die waarheid iemand wat vir my kan se waar ek die boek kan koop. Nou weet ons almal hoekom die verbod nog voorbehou word in die hof en die minister van die inkomste diens nie wil werk maak daarvan nie ook seker bang hy is werk kwyt nou verstaan ek ook beter hoekom ons land in so n’ gemors is

Jaco ·

Ek wens ek kan ook in die buiteland wees soos dié vrou. My lewe in SA word wel bedreig, bloot omdat ek wit is.

Pierreli ·

Dieselfde probleme hier het uitgekring na die res van die wêreld. Kyk hoe erg gaan dit in Amerika met die blm gemors. Hule brand breek en verwoes alles wat hul kan en dan is daar nog wit mense wat hulself by hulle skaar.

Pieter ·

Nog altyd gese dit gaan nie oor die virus en mense se gesondheid nie. Dit gaan oor zumpie en haar pelle nou gaan almal moet meer belasting betaal roker of nie roker nie. Al daai miljarde wat sy weg gee het gaan ons betaal

JohanR ·

Soe kan ons se NDZ en haar mede-diewe het vanaf 26de Maart R4.8 miljard of meer gemaak, en SARS sien niks se belasting van daai geld? Met daai geld kan sy teminste vir haar ‘n nuwe kopdoek koop, want sy dra al daai geel een vanaf April toe sy die eerste keur op tv verskyn het. Miskien pas die kleur geel mooi by haar oe?

Jacobus ·

Gemaak soos Juliaas, ‘hiding in plain sight’. Vat jy hulle aan verloor jy jou werk of erger. Dit gebeur wanneer misdaad groot profyt maak. Te veel het te veel om te verloor. Nou verloor die fiskus en belasting betalers maar. Mr die President – in plain sght – dan is jy aandadig. Verduidelik dit maar aan ons en “your people.

capie ·

????van die bestuurders by die inkomstediens, wat deel was van dié ondersoeke, hul werk verloor het, en meeste van hulle is strafregtelike aanklagte opgelê????
Dit sê baie.

Alida ·

Maak ASB die blik vrot wurms oop dalk gaan die regering se oë oop!!!

Renee ·

Nou word daar gespring om dit toe te smeer ewe skierlik word daar baie aandag gegee aan die rook verbod voor hulle gename en geshame word

Vranet ·

Verbasend dat die skrywer sê, “Ek kon egter nie enige klinkklare bewyse hiervoor vind nie.” en nou in die buiteland sit. Gedreig? Was daar nie duidelike bewyse van die onderwêreldse sigaretsmokkelaar wat Zuma se verkiesingsveldtog gefinansier het nie?

Pierreli ·

Hoe is dit korrupsie betrokkenheid van die sogenaamde ministers nou enigsins nuwe inligting. Die meerderheid van hulle is kriminele, skuldig aan diefstal, omkopery en self verryking.

koos10 ·

As die OB nou wil punte score in Jan Publiek se oë, moet sy hierdie ondersoek laat loop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.