Spioene steier onder verdere Zondo-onthullings

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA)

Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA), wat in beheer van Suid-Afrika se spioenasiebedrywighede is, steier nadat die katnes van korrupsie, diefstal, selfverryking en wetteloosheid wat jare lank onbeteueld gebotvier het, Vrydag verder ontbloot is.

ʼn Getuie met die skuilnaam “Mej. K”, ʼn amptenaar van die SSA wat tans korrupsie in die organisasie ondersoek, het twee dae lank getuienis afgelê voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Teen die tyd dat sy haar getuienis Vrydagmiddag afgesluit het, was Suid-Afrikaners meer as tevore bewus van die misdadige gemors waarin die intelligensiedienste hulle bevind.

Sy het getuig dat Projek Justice – waarmee die spioene Suid-Afrikaanse regters probeer omkoop het – ten doel gehad het om hofuitsprake te swaai in die rigting wat die SSA dit wou hê. Dit was nie uit die getuienis duidelik of enige regters wel geld van die spioene ontvang het nie.

Voorts het die SSA met Projek Wave R48 miljoen aan joernaliste betaal in ʼn poging om nuusdekking te manipuleer. Hiervan is R20 miljoen gegee aan die Independent-groep van dr. Iqbal Survé, die omstrede ANC-donateur van Kaapstad. Twee filiale van die groep wat spesifiek grootliks baat gevind het, is die African News Agency (ANA) en die koerant African Independent.

Die ander R28 miljoen is aan ʼn verskeidenheid joernaliste uitbetaal. Dié joernaliste se name sal mettertyd bekend gemaak word, wat reeds lei tot groot afwagting en spekulasie in ʼn beroep waaruit baie min mense ryk word; ʼn beroep waarvan die hele doelwit gekelder word as omkopery plaasvind.

Projek Commitment se begroting het sommer reguit na die sak van oudpres. Jacob Zuma gegaan. Teen die boekjaar 2015/’16 was dit ʼn volle R2,5 miljoen per maand, en teen 2016/’17 het dit opgeskiet tot R4,5 miljoen per maand.

Mej. K se getuienis het ook ʼn jarelange vermoede van baie Wes-Kapenaars bevestig, naamlik dat die spioene miljoene der miljoene rand se belastingbetalersgeld wederregtelik na die Wes-Kaapse ANC gekanaliseer het om die DA te probeer ontsetel.

Dit was vir politieke waarnemers in die Kaap nog altyd baie verdag dat die provinsiale ANC die een oomblik nog te min geld het om sy kantoorhuur, sy telefoonrekeninge en/of sy werkers te betaal, en die volgende oomblik ʼn peperduur volwaardige verkiesingsveldtog kan finansier.

Nou braai die kierangs uit.

Die spioene en die ANC se Wes-Kaapse pogings was uiters onsuksesvol en uiters onwettig – die ANC se aandeel in die Wes-Kaapse stemme het nog met elke verkiesing sedert 2006 gedaal.

Een van die meer banale projekte wat só gefinansier is, was die gooi van menslike ontlasting by onder meer die Wes-Kaapse wetgewer en die Kaapstad Internasionale Lughawe.

Die Wes-Kaapse DA het nou ʼn string kriminele klagte by die polisie ingedien met die verwagting dat verskeie van sowel die SSA-lede wat die betalings gemaak het as die ANC-lede wat die betalings aanvaar het, in die tronk sal beland.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Sarel ·

Is daar enige Dept. Waar korrupsie nie voorkom.nie
Die dorl van Rhzmzpos wzz om dit stop te sit maar dit gaan steeds voory

Joe Olivier ·

Hierdie hele regering en alles wat met anc gekoppel is, is vrot van die kop tot die gat. Maar nou wonder ek hoekom noem hulle hierdie getuie die “k” woord, gaan sy nie nog daaroor ook kla nie.

Boerkind ·

Tipies ANC!! Hulle het GEEN morele kompas nie… of hoe ou Cyril??

Daleen ·

Sarel stadig jy gaan ‘n beroerte kry – met die feit dat drank nie vrylik beskikbaar is nie neem ek aan die spelfoute is agv woede. By die Zondo-kommissie word niks nuwe inligting gegee nie net MEER inligting.

Anel ·

En ek glo dit ook die rede dat ons toegesluit bly, dat biemand hond haaraf kan maak oor die takbakverbid daai tyd nie en dat die drankverbod gaan bly. Dit het nooit gegaan om lewebs te spaar nue maar om selfveryking. Daar gaan meer mense nou dood van honger en ander oorsake mar die virus moet die skuld kry. Mens het nie weer woorde nie!!!

Coolbanana ·

Hul morele kompas en lojaliteit is gekoppel aan die ANC, en nie SA nie. Die party kom eerste, dan SA….skrikwekkend verby

Piet ·

Moet net nie julle asem te lank ophou dat iemand in die tronk gaan beland nie
Hulle sukkel al 20 jaar om Zuma in die hof te kry.
Dit is n geval van goeie geld agter slegte geld aan gooi.

Thelsa ·

Ironies dat die projek om die regslui om te koop, Project Justice geheet het ? Belaglike klomp onbevoegde regstellende aksie PErsone

Juffrou ·

ń Katnes inderdaad! Kan Cyril en sy trawante nie besef dat hulle vrot is van kop tot toon?!

Suzette ·

Hulle sal dit nie besef nie want hulle dink hulle het niks verkeerd gedoen nie.

Jacobus ·

Wat die getuienis ook al oplewer is dit totale prioriteit dat Zuma onder watter voorwendsel nie die land verlaat. So nie was Zondo sirkus totaal verniet. Weet nie hoe kom mens in Rusland – seker via Dubai vir sakgeld.

Hendrik ·

Dit was die mees omstrede en beste ontblooting van korrupsie sedert Angelo Agrizzi (Bosasa) se onthullings.

Keelvol ·

Die media korrup? Nooit???? hulle hou hulle dan self so hoog en heilig.

Deon ·

Sien is glo, wanneer hierdie lot begin terug betaal en suksesvol, let wel, suksesvol vervolg word dan kan ons begin hoop dat n senu raak gesny word. Ek hou nie asem op nie

Anoniem ·

Mnr Ramaphosa ……………………nou moet jy asb. help. MY AANBEVELING: ZUMA MOET AL HIERDIE MILJOENE TERUG BETAAL EN VERKOOP VIR NKANDLA ASB. OM VAN SY SKULD TE VERHAAL!!!!!

Anoniem ·

Keer asb. vir ZUMA alvorens hy na Rusland vertrek!!!!!! DAAR IS SULKE GERIGTE!!!!!

Johan ·

…en daar weier Zuma steeds om te verskyn,en wat gaan nòù gebeur,regter ?Ons lewe in opwindende tye. Hou vas,manne!

Althes ·

Ek hoop Solidariteit en Afriforum kan hierdie gebruik om die minderheidsgroepe se saak internasionaal bevorder.
Wat ‘our people’ ANC doen is skrikwekkend.

gpsa ·

Probleem is dat daar ‘n reuse verskil is tussen wat hier gese word en om ‘n formele klagte teen ‘n peroon voor te berei goed genoeg om in die hof te kan voorle. Als wat al bekend gemaak is by die kommissie sal die vervolgings gesag jare vat voor hulle die mense formeel kan aankla, as ooit.

4ntj13 ·

Ek sal dit waardeer as hulle nie sal steier nie, maar sal uitmekaarval en vergaan. Mens kan net hoop die NVG is nou al meer gereed om te vervolg ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.