Splinternuwe polisiegebou vergaar stof

Die nuwe polisiegebou in 2016 opgerig (Foto: Verskaf)

ʼn Splinternuwe polisiegebou wat in 2016 vir die polisie se administratiewe personeel in Aberdeen in die Oos-Kaap opgerig is, staan leeg. Dié gebou word na meer as drie jaar vandat dit opgerig is, nie gebruik nie weens die tekort aan basiese geriewe.

Met Bobby Stevenson, ʼn DA-lid van die Oos-Kaapse provinsiale wetgewer, se besoek aan dié polisiefasiliteit, het hy bevind die toilette en lugversorging werk nie behoorlik nie. Die kombuis is nie funksioneel nie en die internet- en telefoonstelsels is ook nog buite werking.

Stevenson en DA-raadslede Rudy Jacobs en Eldridge Ruiters het bevind dat slegs een kantoor in dié nuwe moderne gebou gebruik word. Stevenson sê die meeste van die administratiewe personeel werk steeds vanuit die ou polisiegebou omdat dit oor basiese geriewe, soos ʼn werkende toilet, beskik. Dié gebou huisves ook die dorp se gemeenskapsdienssentrum.

Stevenson het die nasionale departement van openbare werke versoek om dié kwessie onder die nasionale parlement se aandag te bring. “Polisiebeamptes wat sulke spanningsvolle werk verrig, verdien ordentlike kantore,” meen hy.

Hy gaan ook hierdie kwessie saam met ander onder die provinsiale wetgewer se aandag bring.

Die Aberdeen-omgewing is ʼn hoë ongeluksgebied en bestaan ook uit ʼn groot boerderygemeenskap. Stevenson sê daar is ʼn groot aantal onwettige drankwinkels wat daartoe bydra dat die aantal aanrandingsklagte jaarliks met tot 33% toeneem. Inwoners het hul kommer uitgespreek dat hul 10111-oproepe nie die polisiestasie bereik nie.

“Daar is ʼn tekort aan polisiebeamptes aan diens in die Aberdeen-omgewing, veral in die aande, om ʼn veilige klimaat te skep,” meen Stevenson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Magda ·

Wat nuus – net nog n korrupte gemors van die ANC – maar glo my Karma is n werklikheid – al is dit jaaaaarrrrreeeee later.

Lou ·

Karma haal hulle al klaar in. ANC was mos die leermeesters oor hoe om klip te gooi en af te brand. Nou pluk hulle die vrugte van daai leerskool.

Andre Coetzee ·

Niks nuut nie.Dit is hoe dit gaan in SA.Niks werk nie,niks word reggemaak nie en niks gaan verbeter nie.

LR ·

Die ANC gaan nog hierdie land tot n algehele stilstand bring en dit is nie vêr nie. Sommige instansies en departemente is al so te sê klaar tot n stilstand.
ONS SAL VAN DIE ANC ONTSLA MOET RAAK.

lizzi ·

Daar is in elke geval niks van die eens pragtige Karoo dorp oor nie.

P ·

Jy is verkeerd Lizzi ek woon in Aberdeen . Dit is reg die gebou word nie benut nie. Nogsteeds n mooi klein dorpie. Gaan oral so als gaan agteruit anc regering hier.

Jan ·

Het ‘n storie gehoor dat Aberdeen se water deur ‘n skalie gas eksperiment jare terug opgefoeter is, steek daar waarheid daarin of is dit net stories. Baie dankie.

René Joubert ·

Is dit nie een van Lesufi se skole nie? Lyk so. Skuus ek onthou nou hy is van Gauteng, maar dalk moet hy die gebou op ‘n platbak laai, en sien, een skool minder om oor te bekommer, klaar gebou.

Juffrou ·

Dis só jammer! Lyk na ń pragtige gebou. Kry die toilette ens dadelik reg, sodat die mense kan intrek!

P ·

Was eers jare terug n tronk en die tronkbewaarder se huis toe word dit kommando kantoor nou n wit olifant

johan ·

Die polisie is soos die sal so ver verval dat jy hom sal moet ontbind en van vooraf moet opbou.

Alexz ·

Verstaan nie, hoe bekamp jy misdaad deur om in ñ kantoor te sit? As instandshoudings tegnikus, was my motor vir 30jr my kantoor.

Selfbestuur ·

Die enige, strukturele oplossing: Afrikaner selfbestuur.
Soos ‘n Boputhatswana lappieskombers kan ons stuk-vir-stuk oor onsself gaan regeer.
Goeie bure. Niks meer niks minder.

Asmain ·

Dieselfde met die splinternuwe SAP gebou in Zeerust. November ingetrek, hysbak werk nie, glasdeure kan nie oop maak nie, geen ligte in die trappe nie, gras groei skouer hoogte. Die algemene toestand is vuil & slordig.

A Mac ·

Ek is seker dat dit nie die enigste staatsgebou in die land is wat so “bestuur” word nie. En die mense wat die gebou opgerig het het seker al hul geld gekry en die pad gevat na die volgende projek.

Zumie ·

Jaaaa die huidige lot base verstaan mos “onderhoud (op bates)” as “papgeld”…….Afrika is nou nie groot op die onderhoud van sy infrastruktuur nie ..eish Eskom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.