ʼn 27-jarige man is Sondag op die N12 tussen die R59- en Comaro-afrit afgetrek nadat hy teen 204 km/h gery het.
“Die man is omstreeks 18:30 in hegtenis geneem,” het hoofsupt Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.
Hy is by Alberton-polisiestasie aangekla van roekelose of nalatige bestuur. “Hy het aangevoer hy moet huis toe jaag omdat sy gesin laat is vir ʼn vlug vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe,” het Kgasago bygevoeg.
Die man is later vrygelaat op borgtog van R1 500. Hy sal na verwagting binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.
…en toe maak hy “obviously” glad nie sy vlug nie. Die bogstories wat sulkes uitdink! En nie vir een oomblik het hy gedink, nie net sy lewe, maar hope ander lewens is in gevaar deur sy onnosel, onnadenkende optrede. Het hy vir net ‘n sekonde gedink wat kan gebeur as hy teen so ‘n hoë spoed in ‘n botsing betrokke raak? Die gesegde lui mos “Rather late than DEAD on time…”
Daar is nog een EMK: Rather be late than ‘the late’.
Hy sal dit weer doen maar beter gewees “Rather dead” Dan was hy uit pad uit. Sy vlug was seker reeds weg toe wou hy maar seker die motor toets en daarmee opstyg
Hoop hy kry nie net ‘n tikkie oor die hand nie. Ek pes sulke mense!Selfsugtig en plein dom!
Mens hoef net na die grusame foto’s op Maroela se webwerf te kyk van ongelukke die afgelope tyd dan hoop mens die man kry ordentlike straf!
Daardie verskoning is ook al holrug gery. Ek dink nie dit maak meer enige indruk nie.
passop dat hy nie gaan laat wees vir sy begrafnis ook nie