Spoedvraat gevonnis

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

ʼn 36-jarige man is Vrydag in die landdroshof in Kempton Park gevonnis op aanklag van roekelose bestuur.

Kgarea Tony Pakane is skuldig bevind en tot 10 maande tronkstraf of ʼn boete van R20 000 gevonnis. Die Gautengse verkeerspolisie het hom op 24 Junie 2018 in hegtenis geneem toe hy op die R21 Pomonaweg-afrit teen 172 km/h met sy BMW gery het in ʼn 120 km/h-sone.

Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid het die vonnisoplegging verwelkom. Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement, het gesê persone wat die spoedgrens oorskry bly een van die grootste risiko’s vir padveiligheid in die provinsie. “Ons hoop die vonnisoplegging sal as ʼn afskrikmiddel dien vir ander motoriste wat nie aan verkeerswette voldoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Sulke padvarke se lisensie behoort ook vir n tydperk opgeskort te word! Dalk is hy n op n soustrein en sal die boete nie veel help nie!?

Stolen money ·

R20 000 boete? Peanuts vir hierdie previously disadvantaged miljoenere.

Gert van Wierdapark ·

Spoedvraat se watsenaam! Padvark en potensiele ” pad-moordenaar”.

Daan Erasmus ·

Ek ken die persoon nie. Ek weet nie wie hy is nie MAAR ek ry eerder 200 km/h saam met hom as 100 km/h saam met 80% van alle pad gebruikers.

humor ·

Konfiskeer sy bmw waarom sy hele lewe draai en trek sy bestuurderslisensie in.

Natalene Visser ·

Daan Erasmus, ek stem 100% saam met jou. Die probleem met SA se padsterftes lê nie by die bekwame bestuurder wat n goeie voertuig bestuur nie, maar by n ellelange lys van oorsake wat ons almal reeds van bewus is. Ek myself het vir baie jare net BMW’s gehad en dis fantastiese motors met die beste bestuursvermoëns.

Hennie Myburgh ·

R20000.00 vir spoed maar moor imand dan is R2000 of R3000 genoeg vandag se moters kan hoe spoed hanteer ek dink boete baie rof

Ruiklont ·

Stem saam Hennie. Verkeerdoortredings binne in die doro of staf is baie meer gevaarlik en heelwaarskynlik meer sterftes tot ‘n gevolg as om op ‘n oop pad bietjie vinnig te ry

Swannie ·

En vir so `n eenvoudige saak neem dit die gereg meer as `n jaar om `n skuldigbevinding en vonnis te kry !

Anon ·

En die polisie en hoë profiel blouligte brigade en die res wat gereeld die spoedgrense oortree en nie omgee om op jou motor se bas te sit om jou onnodig uit te pad te kry nie? Waar is hulle boetes? Moet ons nie ALMAL wat die spoedgrense oortree beboet nie? Of is dit in orde as ‘n polisiekar met sy familie en kinders op ‘n Sondag vir jou flits as jy reeds 140 km/ph ry om tog net uit sy pad te kom? Maar kom ons haal een outjie uit en kry lekker ????

Cherokee ·

Dìt was my ervaring gewees. Vanaf Pretoria na Johannesburg en ek het 140kmu gery, toe ‘n polisiekar agter my blou lig (sommer op sy dash) geflits het sodat ek vir hom plek kon maak om verby te gaan.

Lance ·

Die persoon wat 20kmpu.op ń hoofweg ry is reg ,voetgangers en vee op ń hoofweg is reg maar die persoon wat met ń luukse voertuig vinniger as 120 kmpu ry moet tronk toe.Daar is voertuie wat binne ń paar sek. kan stop en van die chinese karre wat minute vat om te stop.Jammer die afr.is nie so goed nie.

Chris Ws ·

Lance jy ken duidelik nie die padreels op ‘n hoofweg nie.Die minimum spoed IN DIE STADIGE BAAN is 60km/h.

Ig ·

Hy was seker laat vir n afspraak wat te verstane is m.b.t. sy spoed. R20 000 dis belaglik was enigiemand se lewe in gevaar, is iemand beseer? Het hy n ongeluk veroorsaak, is iemand dood? Spoedvrate moet van die pad afgehaal word!!!!!!! Gaan Kyalami toe as jy jou kar se spoed wil toets, almal weet BMW’s is vinnig en veilig, maar die ou het net aan homself gedink?????

SjN ·

Moet hom nie n keuse gee nie, hy voer aan hy is n vinnige mens, reguit tronk toe dan sien ons hoe vinnig doen hy 10 maande.

LoodKurkprop ·

.
.
…maar n wrak wat teen 15 km/h voor jou inry van n grondpad af,terwyl jy self teen 120km/h op n enkelbaan roete ry met ander verkeer agter jou is okay ?…jy ry dan met twee wiele op grond en twee wiele op regterkantste geelstreep om n ongeluk te verhoed…maar jy mag niks sê of wys aan die bestuurder van die onpadwasrdige wrak met die rooi L in die agter ruit nie…
.
.

Ibot ·

R20,000 ok. Tronkstraf nie goed nie. 12 MAANDE COMMUNITY SERVICE meer toepaslik….. ! ! !

Tiger ·

Konfiskeer sy voertuig.Dis ‘n groter afskrik middel as R20,000.Dit moes eers 10 maande tronkstraf EN R20,000 boete gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.