Spoedvraat haal 228 km/h op N1

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 46-jarige man het Sondag teen 228 km/h op die N1-snelweg in Johannesburg gery.

“Die man is op die N1-noord naby die 14e Laan-afrit op sy Suzuki-motorfiets gevang,” het hoofsupt Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. Die man het teen 228 km/h in ʼn 120km/h-sone gery.

“Die man is vier kilometer verder voorgekeer en sy motorfiets het nie ʼn nommerplaat gehad nie,” het Minnaar bygevoeg.

Hy is na die Honeydew-polisiestasie geneem en moes ʼn boete van R1 500 betaal. Hy sal na verwagting op 4 Junie weer in die Roodepoort-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.