‘Spoedvraat’ in hof

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn 24-jarige man sal Woensdag in die Scottburgh-landdroshof verskyn vir ʼn beweerde spoedoortreding.

Die motoris is glo op die N2 betrap waar hy teen 224 km/h gery het in sy Golf 6 GTi. Die man is van die Bluff in Durban.

Die motoris is, nadat hy in hegtenis geneem is, vlugtig by die Scottburgh-polisiestasie aangehou, voordat hy op borgtog van R5 000 vrygelaat is, het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, gesê.

Volgens Zwane was spoed en roekelose en nalatige bestuur van die grootste faktore wat tot padsterftes op die land se paaie gelei het tydens die feesseisoen.

“Die Padverkeerbestuurskorporasie versoek ʼn hewige straf vir die jaagduiwel, insluitend dat sy lisensie gekanselleer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

KP ·

Name en shame die mense. Media berig gereeld oor die mense wat teen waansinnige spoed betrap is, maar name word nooit genoem nie. Glo my, hulle spog oor hoe vinnig hulle gery het, en hoeveel keer hulle daarmee weg kom voor hulle betrap is. Ek ervaar daagliks hoe mense gal braak oor hulle voel spedbeperkings is onnodig, net soos al die klomp wat mekaar waarsku oor waar die spoed kameras ens is, en hulle dink niks daarvan. Ongelukkig is dit die grootste deel van die mensdom wat wel toegang tot ‘n stuurwiel het. Die man, en ander pad gebruikers is baie gelukkig ‘n tragedie het nie af gespeel nie. Ons almal weet wat sou oorgebly het van die man, asook wie ookal ongelukkig genoeg sou wees om saam met hom in ‘n botsing betrokke te wees, en dan sal dit so ‘n tragedie wees, die arme jong man wat in die fleur van sy lewe weg geruk is…..

GERDA ·

SMYT HOM IN DIE TRONK EN GOOI DIE SLEUTEL WEG. DIS HULLE WAT DIE DOOD VAN BAIE ONSKULDIGE MENSE VEROORSAAK.

Manie ·

Ek wil nie oortreding van die wet goed praat nie maar die man kon dalk minder van n gevaar gewees het as motoriste wat onder die spoedgrens ry maar niemand op die pad in ag neem.

Scalla ·

Sy van begin defenitief met n N van KZN, gee die persoon gemeenskapdiens as straf soos om lyke in staatshospitaal te was, die motor word verkoop deur die staat en gebruik fondse om potholes te herstel.

Chris ·

Ek woon nie te ver van die N2 af nie. Elke aand hier van 11uur se kant af kan jy hoor hoe enjins brul. My kennis van “supermotors” is redelik beperk maar ek kan hoor wanneer ‘n kar “warm gemaak” is en of dit ‘n turbo aangejaagde model is. Dit gaan aand vir aand so aan. Hier word ook laatnag straat renne gehou. Ek gee nie om of die latte ongelukke maak nie. Wat my vies maak is die latte jaag in onskuldige mense vas.

Piet Pompies ·

Ek het gisteraand ‘n program van BBC gekyk wat gegaan het oor motor ongelukke en oorsake, die een stelling het my nogal opgeval en is baie sinvol.
Indien ‘n padgebruiker 30% (gem) vinnager as ander padgebruikers ry verhoog dit sy kans met 60% om ‘n ongeluk maak.
So as daar 5 oorlaaide voertuie op die N4 naby mekaar aansukkel op pad Mosambiek toe teen 60km/h is dit onveiling om 120km/h wat die wettige spoed is, te handhaaf.
As jy weer teen 130km/h ry op die N1 tussem Bloem en Colesberg ry met byna geen voertuie op die pad, ry jy veilig.
Dit maak sin!

Ian ·

Dit help nie daar word net tydens “vakansiedae” opgeskerp om verkeersoortreders vas te vat nie. Dit moet die hele jaar gedoen word. Mense raak net eenvoudig gewoond om te oortree en soos padvarke te bestuur, want hulle word mos “nooit” gevang nie, want daar is ” NOOIT” wetstoepassing nie!

Frederik ·

Borgtog van R5,000 identifiseer die spoedvraat as ‘n blanke.

Chris Ws ·

Sy voertuig moet verbeurt verklaar word en sy bestuurs lisensie gekanseller word.Hy kan maar per bus of taxi oor die weg kom.

Koos1 ·

Het gister op die N14 gery vanaf Ventersdorp na Pretoria.
Kry ‘n kombi met ‘n sleepwa op die pad (Let Wel, Nasionale Hoofweg!), en die sleepwa het nie ‘n band op sy linker wiel nie. Die sot sleep hom op die “rim”, en daar gaan hy. Ek soek vanaf Ventersdorp tot in Pretoria vir ‘n verkeersbeampte, en kry nie eers 1 wat hierdie sot van die pad kan verwyder nie!
Maar dis mos makliker om kameras is asblikke weg te steek en so lekker geld in te samel!

chris.l ·

Wie dink jy cherokee hy het oortree behalwe as die bank hom toestemming gegee om
te jaag wat ek sterk betwyfel want hy gaan net nog n blits motor weer aanskaf en
onwettig verder jaag ek het geen simpatie vir hom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.