Spoedvraat jaag teen 216 km/h op N4

Argieffoto (Foto: Arek Socha/Pixabay)

Die Gautengse verkeerspolisie het vyf motoriste in hegtenis geneem in verband met uitermatige spoedoortredings op hoofweë in die provinsie.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê die verdagtes is tussen Woensdagaand en Donderdag vroegoggend in hegtenis geneem op die N4 tussen Pretoria en Mpumalanga, die N14 tussen Pretoria en Krugersdorp, die N1 tussen Pretoria en Johannesburg en die R21 tussen Pretoria en die OR Tambo- internasionale lughawe.

“ʼn 44-jarige man het met ʼn BMW 318i teen 216 km/h in ʼn 120 km/h-sone op die N4 gery. Hy is in aanhouding by die Bronkhorstspruit-polisiestasie hangende ʼn aansoek om borgtog.”

Al die ander verdagtes sal na verwagting ook binnekort in verskeie landdroshowe verskyn op aanklag van roekelose of nalatige bestuur met ʼn alternatiewe aanklag van oortreding van die voorgeskrewe maksimum spoed van 120 km/h. “Die spoedvrate het meer as 160 km/h gery.”

Maremane sê uitermatige spoedoortredings is ʼn algemene oorsaak van noodlottige padongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Riaan

Maar die kaders se ANC lywagte met 10 blou ligte mag teen 250 km/h mense van die pad af ry.

Hennie J

Maklike prooi. Vang liewer rowers en moordenaars maar askies, dit klink na werk!

Dana

Klink soos iemand wat ek ken.

Thelsa

Konsentreer ook asb op onpadwaardige E20 doodskiste wat verkeersreëls verontagsaam en lewensgevaarlik op die paaie is.

Gompie

N4 Tussen Pretoria en Mpumalanga so tussen Pretoria en Nelspruit? Watter dorp nader aan Pretoria.
maw ek was in ‘n ongeluk op die N tussen Pretoria en Kaapstad gewees.