Spoedvraat ry 241 km/h in Gauteng

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem wat teen 241 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het, het die departement vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng gesê.

Die Gautengse verkeerspolisie se hoëspoedeenheid het die 31-jarige man Woensdagoggend naby Bossemanskraal-wisselaar voorgekeer tydens ʼn spesiale operasie.

“Die man het in ʼn BMW 330i op die N4-snelweg, oos van Pretoria, gery – op pad na Middelburg,” het die departement gesê. “Hy het aangevoer hy moet werk toe jaag. Hy werk by een van die Barloworld-maatskappye.”

Die man is formeel aangekla van roekelose bestuur met ʼn alternatiewe klagte dat hy die spoedgrens oorskry het.

Die man sal binnekort in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn.

Sizakele Nkosi-Malobane, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die voorval veroordeel. “Ek is besorg oor die getal roekelose of nalatige bestuurders wat ons daagliks op die paaie ervaar. Meeste noodlottige ongelukke is ʼn gevolg van hierdie gedrag. Statistiek dui daarop dat meeste ongelukke veroorsaak word deur mense wat te vinnig ry,” het Nkosi-Malobane gesê.

“Hierdie nuwe neiging – om só vinnig te ry – is baie skrikwekkend. Ek veroordeel dit ten sterkste. Enigiemand wat hieraan skuldig bevind word, moet swaar gestraf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Willa ·

Gooi kole Boeta, daai Bmw is veiliger op daai spoed as enige taxi op ons paaie. Daai skulpaaie op die pad , ooooo, hulle is gevaarlik. Sterkte aan jou. Stel n drywer aan dan kan jou punte niks oorkom

Johan ·

Willa, ek is bly iemand soos jy het die kennis om dit te sê! Anders as die ou tannies met hul Atossies wat teen 100km/h voortkruie met bande wat “under-inflated” is – hul is baie gevaarliker as ‘n BMW / verrigtingsmotor teen 240km/h!!!

En as iemand wonder waarom ek die banddruk-aspek noem, dis omrede 90% van bande wat bars (met gevolg van beheer verloor) nie op die regte druk was nie. (gewoonlik te laag) So, hoe gereeld gaan jul jul karre se banddruk na?

Ek hoop die regter is die BMW-bestuurder genadig!

Herman Uys ·

Wat is so verkeerd aan spoed met so ń voertuig wat daarvoor gebou is.
Hoekom word ń voertuig wat op N1 of N4 ry met ń 2ton sleepwa wat 4ton gelaai is afgetrek, daar word gesels (onderhandel) en daardie oorlaaide voertuig ry dan net weer verder. Moet so ń voertuig nie geskut word en of na ń weegbrug vergesel word om geweeg te word nie.
Praat jy met taxi eienaars sê hulle regguit dat die omkoopgeld ingewerk is by die vervoerprys wat hul vra om na buurlande te gaan met die oorlaaide voertuie

Rooiman ·

Dit is verkeerd, want dit is teen die wet. Net soos moord, steel, verkrag, ens.

André ·

Kyk na die voorbeeld: Die ou wat reg ry wil baan verander, hy kyk in sy spieël, sien niks. Die pad maak dalk ‘n draai. Hy beweeg oor en skielik sien hy die jaagduiwel in sy spieël. Hy ruk terug om terug te gaan na sy oorspronklike baan. Die jaagduiwel verander baan om om hom te ry en weet nie die ander ou probeer uit sy pad kom nie en ry dan in hom vas. Daar is nie genoeg tyd om ‘n verandering te maak op hoë spoed as almal helfte van jou spoed ry nie.
Sulke mense is onverskillig en het geen respek vir ander mense se lewens om hom nie.

Ellisras ·

Ek stem saam. Die voertuig kan die spoed hanteer. Dit lyk of die bestuurder ook die spoed kan hanteer. Daar is sekere ou Ooms (en ek is dalk een l) wat gevaarliker is op 60 as die jong man op 260

Boeta ·

En wat van julle bloulig brigade van hulle het nie eers ń bestuurs lisensie

KFN ·

Manne ek stem saam dat daardie voertuie veilig is op hoë spoed maar, dan het jy steeds ‘n bestuurder agter die wiel nodig wat weet wat hy/sy doen, anders is dit niks minder as ‘n moord wapen nie.

Peter ·

Motorfietse jaag altyd by my verby. Maak nie saak hoe vinnig ek ry.
Word hulle dan nooit gevang.Is dit miskien omdat hulle geen of onwwettige nommerplate het?

Peter ·

Motorfietse jaag altyd by my verby.
Word hulle dan nooit gevang.Is dit miskien omdat hulle geen of onwwettige nommerplate het?

Domvraag ·

Meeste ongelukke word veroorsaak deur motors wat ry. Sou hulle stilstaan dan sal daar geen ongelukke wees nie. Spoed is maar een faktor en in die meeste gevalle is spoed nie die oorsaak van die ongeluk nie, maar eerder onveilige voertuie, swak remme en oorlaai.
Hoekom is taxis wat die meeste noodlottige ongelukke veroorsaak kwytgeskeld van die dra van veiligheidsgordels?? Ry ek met my bussie moet almal veiligheidsgordels aansit. Nou wonder ek hoekom? Is part passasiers se lewens minder werd of is hierdie boetes net n geldmaak storie?

dries ·

So indien n huis se diefwering so “swak” is,is dit geregverdig om daar in te breek! Two wrongs, dont make one right…
Die punt is dat di wet oortree word en het niks te maak met skilpad taxi’s nie. Ek sou graag jul kommentaar wou hoor indien iets verkeerd geloop het, en die spoedvraat jou kind, vrou of vriend doodgery het…
Die perd sal n boete van R1500 kry (mits 1e oortreding) wat die helfte van sy tenk brandstof is – HOE BELAGLIK. Maak die boete R1500 per km wat die perk oorskry word!

Mevrou ·

Ek weet van iemand wat laas week in die hof vir spoed van 170km in n 120km zone. Die minimum boete op sy spoed oortreding was R15 000 of 6 maande tronkstraf. So hierdie ou gaan nie R1500 boete kry nie.

Mevrou ·

Ek weet van iemand wat laas week in die hof was vir spoed van 170km in n 120km zone. Die minimum boete op sy spoed oortreding was R15 000 of 6 maande tronkstraf. So hierdie ou gaan nie R1500 boete kry nie.

dries ·

So indien n huis se diefwering ‘swak’ is, is dit geregverdig om daar in te breek?
Two wrongs dont make one right!
Dit gaan hier oor die oortreding van n wet en het niks met skilpad taxis en of n voertuig se potensieele prestasie te doen nie. Ek sou graag julle komentaar wou hoor indien iets wel fout gegaan het, en in di proses jou man,vrou, kind of vriend deur di knaap dood gery is…
Indien n 1e oortreder, gaan di perd n boete van R1500 kry – di helfte van n tenk brandstof – hoe belaglik!
Maak di boete R1500 vir elk km wat di perk oorskrei word!

Eish ·

Sluit hom toe. Dis belaglik om teen die spoed op n openbare pad te ry, maak nie saak vir wie jy werk nie.

dries ·

So indien n huis se diefwering “swak” is,is dit geregverdig om daar in te breek…
Two wrongs dont make one right!
Feit is di wet word oortree en het niks te maak met skilpad taxis of n voertuig se potensieele prestasie ni. Ek sou graag julle “gunstige” kommentaar wou hoor,indien iets wel fout gegaan het, en in di proses jou man vrou kind of vriend deur di spoedvraat dood gery is!
Indien 1e oortreder, sal di perd R1500 boete kry – n half tenk branfstof! HOE BELAGLIK.Maak di boete R1500 vir Elke km wat perk oorskrei word!

Johan ·

Eish, ai, dit is leke soos jy wat my nie hoop gee vir ons land nie… Ek weet vir ‘n feit jy weet nie waarvan jy praat nie, so moenie kommentaar gee oor iets waarvan jy nieks weet nie!

Ek haal jou aan: “maak nie saak vir wie jy werk nie” – jou argument is ondeurdag, dit is waarom ek jou as ‘n leek bestempel!!! Hoe moet die blitspatrollie van die SAPD hul werk doen tydens noodgevalle as hul teen ‘n vertraagde 120km/h moet voortkruie met hul BMW 330’s en Golf GTI’S?

Bokkie ·

Ek stem saam – vinnig ry is baie lekker – maar dit hang af hoe die bestuurslisensie bekom is …??

Theresa ·

Mnr Nkosi-Malobane, jy is moeg vir spoedvrate??? Wat van ALMAL wat moeg is vir hoe die taxidrywers ry? hul bestuur nie. hul ry net. En ry soos hul wil. links verby en druk voor regs in. Regs oor soliede witlyne teen aankomende motors in – want hul wil. EN hul kan – want daar word min aan gedoen. Hul gebruik die taxivoertuig as ‘n soort aanvalsitem en dit op mense. mense langs die pad. mense in die pad en mense wat werklik goed en wettig bestuur. Fokus gerus op hierdie enorme probleem in Suid-Afrika. Duisende rande se boetes kan so vir elke munisipaliteit ingebring word – gee hul nie ‘n Bells, maar gee hul gewigtige boetes. DIs nou ‘n goeie en waardevolle projek as jul dit kan suksesvol hanteer.

Lalla ·

Hoekom het ons spoedbeperkings van 120 km/ph as mense 240 kan ry? Dit maak geen sin nie. Ry daagliks op die N1 in die middelbaan teen 120 en mense kom verby jou gevlieg teen 140/160/180. Hoekom is daar nie spoedkameras wat hulle optel nie? Dit is gevaarlik vir almal op die pad. En gewoonlik is dit onskuldige mense wat sterf, nie die wat vinnig of onverskillig ry nie.

dries ·

Mense, skakel asb julle brein aan.
Teen 240 kph beweeg n voertuig 66 meter per SEKONDE! Byna n driekwart lengte van n rugbyveld…

dries ·

So indien n huis se diefwering “swak” is,is dit geregverdig om daar in te breek…
Two wrongs dont make one right!
Feit is di wet word oortree en het niks te maak met skilpad taxis of n voertuig se potensieele prestasie ni. Ek sou graag julle “gunstige” kommentaar wou hoor,indien iets wel fout gegaan het, en in di proses jou man vrou kind of vriend deur di spoedvraat dood gery is!
Indien 1e oortreder, sal di perd R1500 boete kry – n half tenk branfstof! HOE BELAGLIK.Maak di boete R1500 vir Elke km wat perk oorskrei word!

Callie ·

Net graag wil noem. Dit is gevaarlik op daai spoed maar glo my, hierdie onpadwaardige wrakke wat op 120 km/u zones teen 60 aankarring is heel moontlik grootste oorsaak van ongelukke. Daar is min dinge wat almal so irriteer om in rye agter so voertuig te sit. Praat nie eers van Taxis wat op hoofpaaie in die pad stop om op of af te laai.

Anoniem ·

Jy is reg Callie. Dit is nie soseer die spoed nie, maar die verskil in die spoed van verskillende voertuie. En dan nog in die verkeerde baan ook! Dit is nie meer hou links gaan regs verby nie.

Lientjie ·

Ek kan jou verseker die ou gaan sonder ‘n werk ook wees, want Barloworld duld dit glad nie. Jy mag geen kriminele rekord he en indien jy vir hulle werk en so iets gebeur word jy verhoor en ontslaan, geen waarskuwing nie. Ek het baie van hulle sien gaan het gewerk vir hulle.

Wit Willem ·

Die ding met oordrewe spoed is dat alhoewel die bestuurder en sy kar dit kwansuis kan hanteer maak dit dinge moeilik vir ander gebruikers. Jy moet nou skielik jou berekeninge doen vir die kêrel se “approach speed” wat helfte korter is op 240 as teen 120. Dus waar jy sê 10 sekondes gehad het om uit sy pad te kom het jy nou net 5. Dinge begin ook knor as die spoed tussen bewegende voertuie wesenlik verskil. Teoreties gesproke, as almal sê presies 160 km/h konstant gery het op ‘n lang stuk pad sal niemand in mekaar vasry nie want die “approach speed” is nul.

Die gaan nie oor taxi’s nie. Ek voel mens kan nie heeltyd na taxi’s wys as iets op paaie verkeerd gaan nie. Taxi’s is ‘n probleem maar dit moet nie as ‘n “joker” gebruik word elke keer as daar probleme op die pad is nie. Ons “gewone” padgebruikers het immers by hulle afgekyk hoe maklik dit is om deur ‘n rooi verkeerslig te seil. Dis nou die norm. Skuus ek gaan so aan.

Lekker webwerf.

tamboti ·

Ek se dit is tyd dat die spoed manne se voertuie gekonfiskeer word, op veiling verkoop word en die geld vir die kinderhuise gegee word!

Janee ·

Ek was onlangs om Kyalami gevat teen hoë spoed, jy moet mal wees om dit te doen op’n openbare pad, gaan ry op ‘n renbaan.

Johan ·

Ek was ook om Kayalami laas naweek, en jou argument is ondeurdag… Mens kan nie 240km/h op Kayalami met selfs ‘n M3 haal nie, want daar is te veel draaie! (Ons was deur ervare renjaer om die baan gevat met vier verskillende verrigtingsmotors, en die vinnigste spoed wat hul kon haal was 210km/h, en dan was dit ook net vir ‘n sekond of twee, want hul moes dan weer rem vir die volgende draai)

Peet Schabort ·

Mag ek nooit ooit so haastig raak. Ek het in my jong dae aan die SCC behoort waar ons gereeld tydrenne gery het op grondpaaie. Net buite Evander het ons ook ‘n ovaal grondbaan gehad waar ons dwars om die draaie gery het. Dis hier waar ek geleer het om ‘n voertuig te hanteer. Elke gebeurtenis het ‘n plek en tyd. Vandag met die petrolprys is 100km/h goed genoeg en sal jy vind dat ‘n hoë spoed nie die moeite werd is tussen A en B.

Rooiman ·

Die wet sê ons mag nie vinniger as 120 km per uur op openbare paaie ry nie, ongeag van hoe vinnig of goed of grênd jou motor is nie. Sluit die padvark toe en gooi die sleutel weg. Hy is n misdadiger net soos enige moordenaar, dief, verkragter en rower. As hy nou n ongeluk veroorsaak waarin iemand se pa/ma/kind dood is, sing almal weer die “doodstraf”-deuntjie, want dan is hy n moordenaar.

Dis die breidood windg@tte met hulle duur motors wat dink hulle besit die pad wat net so n groot gevaar is as die oorlaaide taxis of papperige bande of oorlaaide waentjies.

Maar ja, kan seker nie beter verwag in n land wat nie meer die God, wat hemel en aarde gemaak het, aanbid nie, maar elkeen sy eie vrot mishopie.

Ek en my huis, ons sal die Here dien, wat insluit, die landswette gehoorsaam, soos wat dit n kind van die Here betaam.

G ·

Ja, die kar kan dit dalk hanteer, ja, die bestuurder kan dalk goed bestuur, maar daar is dalk net ‘n slak wat voor hom indraai. Miskien probeer hy uitswaai en tref dan ‘n motor waarin ‘n onskuldige baba/kind sit. Of iemand se ma of pa. Of…. Jy kan nie net vir jouself dink op die pad nie, jy moet vir die res ook dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.