Spoedvraat se kar geskut

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Die 31-jarige man van Richardsbaai wat Dinsdag in hegtenis geneem is nadat hy glo teen 235 km/h op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal met ʼn Golf GTI gejaag het, is vir ʼn wyle sy motor kwyt.

Die man, Busisani Mlondoh, het Woensdag in die Mtunzini-landdroshof verskyn op aanklag van die oorskryding van die spoedgrens op ʼn nasionale snelweg.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die provinsie se padverkeersinspektoraat, het gesê Mlondoh is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 31 Januarie in die hof verskyn. Sy motor is ook geskut.

Maroela Media het Woensdag berig Mlondoh is omstreeks 17:00 deur die Gingindlovu-verkeerspolisie naby Mtunzini, sowat 30 km suid van Richardsbaai, aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Rocky Bell ·

Sluit toe en gooi weg die sleutels. Sy bestuurslisensie moet permanent opgeskort word.

Joe ·

Mooi so ….. net jammer die borg boete is hopeloos te min ….. die verkeers departement moes ook sy lisensie opgeskort het na 10 jaar plus ! Nou word daar gevra hoekom al hierdie noodlottige pad ongelukke …. spoed …. roekeloosheid ….. ” overtake ” …. Sluit die skuldiges summier toe sonder die keuse van ‘n boete & konfiskeer hulle voertuie !!

MM ·

Goed so hulle moet sommer die kar terug gee vir die bank en hom blok by al die banke vir ‘n sekere tydperk vir geen finansiering ook nie.

Chris Ws ·

MM die hof moet sy voertuig verbeurt verklaar en aan ‘n weeshuis skenk wat hom kan uitloot om geld in te samel vir hulle.Die spoedvraat moet die bank bly betaal tot sy huur ooreenkoms verstryk.Boete van R115,000( hy het die spoedgrens met 115km/h oorskry) moet opgele word ook en lisensie permanent weggevat word.

MM ·

Chris Ws – Dis net logies dat hy sy kar vir die volle kontraktyd moet betaal. En ek stem 200% saam met jou dat dit uitgeloot moet word, want die manne met die GTI’s dink hulle is verhewe bo die gereg!

Johan ·

Hy voel duidelik vere vir ander mense. Jammer hof kan n oortreder nie dwing om n slim GPS in sy kar te hou vir 6maande “parool” nie. Dan skrap hul jou lisensie en vat jou kar as jy in dié tyd oor die spoedgrens ry. So raak hy gewoond aan reels gehoorsaam. Nou betaal hy en vergeet en maak net ander mense seer op die pad.

Basson ·

Dis jammer dat geldmaak weereens oor die boeg van ‘n ‘spoedoortreder blah-blah-blah’ gegooi word, en oningeligtes maak dan opm soos bo :(

Jammer ou – jy kan nie eens jou motor se verrigting in vrede geniet! :)

Kobus 4e ·

Basson, ek weet darem nie of jou opmerking baie “ingelig” is nie. Hy wil sy kar se werkverrigting in vrede geniet,??? om 17h00 op die N2.?????? Ek dink dit is baie dom van hom,,, en van jou om hom te verdedig.
Daar is ander plekke of tye, baie meer gepas vir die genietinge van sy kar se werkverrigting. Daar sal hy nie ander mense se lewens en eiendom bedreig nie.
Om lisensies op te skort gaan niks help nie. Hyt reeds gewys hy het geen resepk vir die wet nie, Hoekom sal hy nie sonder ‘n lisensie ry nie?

Johan ·

Bason. Doen vanmiddag n eksperiment. Ry teen 5kph teen die straatlig voor jou huis vas – moenie worrie nie want moderne bumpers behoort dit te hanteer. Doen dit nou weer teen 50kph. Vat wat oor is van jou kar en doen dit nou teen 100. En daarna sal jy nie weer sê spoed maak nie n verskil nie.

Basson ·

Johan, jy le woorde in my mond. Stupid oningeligte voorbeeld.
Kobus, was jy daar? Het jy gesien hoe lyk die pad?

Kobus 4e ·

Nee ek was nie, was jy? 5 uur op n Dinsdag middag klink net vir my of daar meer as net hy op die poad was. Al was daar net 5 ander karre saam hom op die pad is dit 5 te veel om daardie spoed te ry. Jy besef teen daardie spoed beweeg jy teen 60 m per sekonde, ne? En die spoed gaan hom verseker nie dood maak nie, ek stem 100% saam, maar die skielik stop is die probleem.

Juan ·

Kyk ek is alles vir veilig ry en net gister was daar amper n groor ongeluk reg voor my asg van te min spoed…….dis reg te min spoed. Arrogansie dom arrogant etc was die rede hiervoor. Waar vat jy op n blinde draai n persoon verby deur 5km/h vinniger te ry as die voertuig wat jy wil verby vat. Dankie tog vir die ander motoriste se vinnige reaksies….
Daar is baie ander gevaarliker optredes op ons paaie wat tot die sterftes lei en nie spoed alleen nie.

Chris Ws ·

Juan ek het daai ding ook al gesien.Maar hou mooi dop,dis mense wat le in die voertuig en onderdeur die stuurwiel kyk wat sulke snert aanvang want hulle het nie ‘n benul van padreels nie en weet ook nie waartoe hul voertuig instaat is nie.

Vrede ·

Maak vrede met die padongelukke, verkeersoortredings. Daar is baie geld daaraan verbonde. Daar is baie instansies wat voordeel trek daaruit.

Chris Ws ·

Vrede jy het nie ‘n benul waarvan jy praat nie!Wag dat iemand in jou vas ry en jy of vroulief of jul albei so beseer word dat dit jare se herstel en rehabiltasie neem om GEDEELTELIK reg te kom.Ek ken dit – my vrou sal nooit weer normaal loop of haar huis self kan skoonmaak soos wat sy vir 40 jaar voor ons ongeluk gedoen het nie.En ja, ‘n ander voertuig het VAN AGTER AF in ons vasgejaag terwyl ek spoed verminder het om regs te draai.Dan se jy mens moet vrede maak met padongelukke?Jy droom!

Voorlaaier ·

Hy was net op di verkeerde tyd op di verkeerde plek!…….Kerels!…..Ons almal is skuldig hieraan!…. Ons almal het al i keer di lepel diep weg getrap om te sien kyk hoe vinnig is jou kar!….. Maar ek stem saam dat di omstandighede veilig moet wees.

Afrikaner Donkie ·

Ek het ook al in my lewe vinnige motors gery want ek hou van spoed en ook al oor die 200km/h gery. Maar ek was darem al op n paar advance driving kursusse ook en doen dit nie op besige paaie daai tyd van die dag nie. Maar nou ry ek n bakkie, want ons moet aanvaar daar is meer pad gebruikers as jare terug, wat met onpadwaardige voertuie ry asook sonder bestuurslisensies. In Duitsland ry almal vinnig op die Autobahn en dit is aanvaarbaar en hulle het minder ongelukke as SA. Speed kills? Nee my vriend, as jy soos n idioot bestuur of nie kan bestuur nie ja. Soos om op sperstrepe verby te vat. Ons het ook lands burgers wat bv met BMW 750, 80km/h ry op n pad wat jy veronderstel is om 120km/h te ry. Ek se beboet mense wat ook te stadig ry want hulle veroorsaak ook ongelukke. Veilig ry en bestuur vir die burgers om jou ook, want jy weet nooit wat hulle gaan doen nie!!!

Johan ·

Voorlaaier en Afrikanerdonkie: Uiteindelik is daar mense wat sin praat, baie dankie!!! Almal wat kommentaar lewer (naas julle) is mos preutse engeltjies wat ALTYD binne die spoedgrens hou met hul Hyundai Atoz’ies en NOOIT op die foon praat nie terwyl hulle na Jurie Els op die CD speler luister… Verder het hulle nog nie die perde, hantering, stabiliteit en puik remme van ‘n GTI, 750i, RS6, AMG of M3 ervaar nie – want as dit die geval was het hul nie sulke ongevraagde, vertraagte kommentaar gelewer nie!

En vir die wat alewig reken dat daar goed soos renbane is om te gaan 235km/h ry, wel weereens is dit weer ‘n onnosele argument. Daar is GEEN manier wat jy 235km/h op ‘n renbaan in Gauteng met ‘n GTI gaan haal nie, want daar is te veel draaie!

Ek stem dat sekere paaie en sekere tye van die dag nie van pas is om te jaag nie, maar ‘n oop, stil snelweg in mooi weer teen 200km/h is ‘n lekker ervaring! (Mits die bestuurder se motor 100% meganies reg is, en die nodige opleiding en ervaring het om dit te doen) En die wat ‘n probleem met spoed het, gaan asseblief die bandruk van jou loopraam se wielle na en luister gerus verder na Jurie se Vat-Vat vol.5…

Ps. Probeer onder 160km/h hou op ‘n snelweg as jy dink daars ‘n risiko vir spietkops of “spoedpolisie” in ongemerkte karre, want dan kry jy slegs ‘n boete!

Kobus 4e ·

Johan ek stem saam met jou, maar wat maak jy as jy op daardie spoed (60m per sekonde) by n vragmotor wil vebygaan, jy is 80 meter agter hom en sy regter voorband bars en swaai reg voor jou in. Jy het net 1.3 sekonde om te reageer en tot op sy spoed te kom, om ‘n botsing te vermy.
jy moet van 215 (wat die maat gery het) af kom tot 80 kmh,, of n voetganger harloop voor jou in… strekte

Piet Pompies ·

Spoed is vir gekrontoleerde toetstande soos ‘n resies baan waar beheer is. Openbare paaie kan stil voorkom totdat daardie plaas trekker teen ‘n slakkepas die hoofpad kruis en die motor wat teen 260km/h ry nie betyds kan stop of uitswaai.
Sluit aan by ‘n motor klub en neem deel aan beheerde renne, dit is vet pret en meer veilig.

Marina ·

Al skort hulle sy lisensie op sy hy nog steeds onwettig op die pad wees. Dit maak my kwaad want “die mense” kan nie dink nie.

j ·

Dis darem n grand kar vir n 35jarige. Lyk my regstellende aksie betaal goed as jy die “regte” velkleur het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.