Spoedvraat teen 222 km/h op pad na Bloem

Argieffoto (Foto; qimono/Pixabay)

ʼn 30-jarige man is Dinsdagoggend in hegtenis geneem toe hy teen 222 km/h op die N1 in die rigting van Bloemfontein gery het.

Die man het in ʼn silwerkleurige Mercedes Benz GLE AMG gery en het aan Gautengse verkeersbeamptes gesê hy moet vinnig in Bloemfontein kom.

“Die man is dadelik in hegtenis geneem en na Vanderbijlpark-polisiestasie geneem waar hy formeel van roekelose of nalatige bestuur aangekla is met ʼn alternatiewe aanklag dat hy die algemene spoedbeperking oorskry het,” het Ofentse Morwane, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, in ʼn verklaring gesê.

Die man sal na verwagting Woensdag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

“Die gedrag van motoriste is nie op ʼn bevredigende vlak nie en padveiligheidsopleiding moet verskerp. Noodlottige ongelukke kan hoofsaaklik aan spoed, roekelose of nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol toegeskryf word,” het Morwane bygevoeg.

Hy het gesê verkeersowerhede sal in die vervolg meer sigbaar wees in Gauteng om verkeersoortredings te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Oom Kaspaas ·

As hy vlieg, moet hy 1) sy “image” in Gauteng los, en 2) dan het hy een minder storie om sy pêlle mee te vermaak…!

Ellisras ·

Ek glo steeds nie dat spoed so gevaarlik is nie. In die verkeerde hande ja. Net soos ‘n jagmes in die verkeerde hande gevaarlik is, en nuttig in regte hande.

Frans C ·

Nog nooit twee stilstaande voorwerpe in ‘n botsing met mekaar gesien nie.
222 km/u is krimineel gevaarlik.Die beste leerskool vir my was ‘n besoek aan ‘scrapyards’
op soek na ‘n paketrak vir ‘n city golf.

Die aantal nuwe vinnige motors wat ek gesien het was onrusbarend.Die jongman wat teen meer as 300 km/u sy BMW in jaagtog afskryf het en sy bene verloor het,wonder
seker nou wat hom besiel het.

Chris Ws ·

Kry ‘n pap wiel op 100km/h en een op 200km/h dan sal jy duidelik sien dat hoe hoer jou spoed hoe GROTER word die gevaar vir jou as persoon.
Ek hoop hulle konfiskeer sy voertuig en gee hom ‘n R100,000 + boete.Gaan kyk gerus in enige hospitaal hoe onskuldige mense se lewens heeltemal omgekeer word deur iemand anders wat gedink het hy is baie slim agter die stuur en niks vir ander padgebruikers omgee nie.

Yankee ·

n Jagmes is gevaarlik in die hande van n onvolwasse dwaas!! Jy wat teen daardie spoed n voertuig bestuur, is n onvolwasse dwaas!!

Hendrik ·

Ag strooi man! Niemand wat in ‘n ongeluk kom het ooit dit met opset gedoen nie. Almal het dit nie verwag nie. Dis ‘n feit dat spoed en dronk bestuur die grootste oorsake van ongelukke is.

Tiger ·

Sluit die man toe sonder die keuse van ‘n boete.’n Jaar agter tralies sal hom genoeg kans gee om te dink wat hy gedoen het.Skenk sy voertuig vir ‘n wettige liefdadigheids organisasie.Hy verdien om met ‘n taxi te ry.

Oop oge ·

1. As daar n spoedbeperking is wat die aard van die paaie regverdig.
2. As die padongeluk statistiek voor die hand liggend is.
3. As die aantal sterftes asgevolg van spoed (skuldig en onskuldig), feite is.

Waarom word voertuie wat meer as 160 kpu kan haal, bemark?
Daar behoort n wet te wees wat slegs voertuie wat die pad toestande regverdig in die mark toe te laat. Die res behoort onwettig te wees.
Daar bestaan geen logiese rede om image en rykdom bo veiligheid en doel te stel nie.

Logies ·

Maak nogal sin. Hoekom word daar nie outomatiese gewere verkoop nie. Want dis onwettig.
As vinnige karre onwettig/nie verkoop mag word nie of selfs beperk word tot ‘n redelike spoed sal daar sekerlik baie minder van hulle verkoop.

Of wat van GPS trackers op alle karre. Dan kry jy net jou spoed rekening aan die einde van die maand

Pastoor ·

Wees nou eerlik. Om teen daardie spoed te ry in gevaarlik. Jou konsentrasie is van die beste
Die motor kan dit doen. Ek het ook al self daardie spoed gery. Baie jare geled tussen Pmbg en die Shell ultra city. Ons was 5 karre wat so gejaag het. Daai level bestuur maak dat jy ernstig konsentreer. Jammer man. Spoed bly lekker

Poot ·

@Pastoor
Stem volkome saam met jou. Spoed is LEKKERRRR. Dit gesê, daars idiote op die snelweë wat 120km/h ry wat ‘n groter gevaar is as hierdie ou waarskynlik.

Hendrik UAE ·

Liewer+ 200km /h in ‘n motor wat daarvoor ontwerp is met n bestuurder wat die nodige opleiding het as 100 km/h saam oorvol taxis of dronk bestuurders. Hou sommer voetgangers ook weg van nasionale paaie.

Wiid Bannister ·

Hul wys vinnig vinger na mense wat vinnig ry, maar kan nie ‘n taxi bestuurder wat geen padreel kan handaf en wat verantwoordelik is vir talle mense se lewens, arresteer vir roekelose of nalatige bestuur nie.

My vraag is… Hoekom word spoed gebruik om hierdie wette en klagtes toe te dien, maar nie wanneer hul werking en sienbaar toegepas word nie?

jakes ·

Die oortreder het vooraf geweet hy oortree en moet die swaarste straf opgele word. N boete is nie genoegsame straf nie want as hy so n duur motor besit het hy waarskynlik baie geld. Bestuurders wat te stadig ry is net so n gevaar op die pad as spoedvrate. Dit maak nie saak hoe goed jy kan bestuur nie, eksterne faktore waaroor jy geen beheer het kan binne sekondes jou lewe en ander padgebruikers se einde beteken.

Marina ·

Wel, ongelukkig is hierdie nie net in Gauteng nie. Ry tussen Vaalwater en Lephalale dan praat ons weer, selfs in die dorp is spoed nou die mode … en natuurlik ook om nie te stop by stopstrate of rooi vereersligte nie.

Kraai Hartzenberg ·

Die ou was baie onverskillig. hy kon groot tragedies veroorsaak het. Kyk as die duiwel jou jaag, gaan jy tog gevang word. In dieselfde asem wil ek ook net sê hy is nie die enigste jaagduiwel nie. Dit gebeur daagliks, ons weet net nie van dit nie. Moenie die jaagduiwels op die R21 en ander roetes vergeet nie. Jy word sommer yskoud as jy sien n kar kom op jou afgestorm van agter af. Geen flikkerlike of waarsku-ligte aan nie. Benoude boude….. ek sê

Db ·

Wonder net watter voertuig het die verkeersmense gery om hierdie een te vang. Hoe vining het hulle weggetrek en gery om hom in te haal? Seker bietjie “low flying” gedoen

juba ·

Arme man word nou so gekruisig, hy mos net die “bribe” gevat het.

Stripes ·

Ek glo daaraan dat as ek teen 260+ verongeluk is my kanse beter om opslag dood te wees as wat ek vir dae of selfs weke na die ongeluk in die hospitaal lê en oefen om dood te gaan. Dit is nie die ou wat vinnig ry wat die probleem is nie, dis die wat stadig ry en in ‘n trans is wat nie kyk nie of wat nie aankomende verkeer se spoed kan skat nie. ‘n Ander probleem is waar die bestuurder die vermoëns van hom/haarself en die van die voertuig oorskat. Kyk eerder strenger na die gebruik van selfone en die oorverdowende musiek terwyl bestuur word en diegene wat nie stop by stopstrate of rooi robots nie. Hulle is ‘n groter gevaar op die pad.

Gert J ·

Hierdie spoedvraat se AMG is duidelik te vinnig vir hom. Boete gaa nie n straf wees nie. Vat sy AMG weg en gee dan noeg n boete van R122,000 vir die spoed oor die perk. Skort ook sy lisensie op en laat hom oor doen oor 6 maande.

Poot ·

Almal wat hierdie ou so “kruisig” het julle het seker nog NOOIT enige spoedgrens oorskry nie. Selfs nie eers die 60km/h in die stad nie. 80 in die stad is net so gevaarlik soos 200 op ‘n snelweg. Soek eers die balk……..

Niel ·

‘n kar wat teen 70km/h aanslenter op die snelweg is ‘n baie gevaarlike ding. ons land het ‘n autobahn nodig waar daar geen spoedbeperking is. Maar wel ‘n autobahn waar mense moet bewys dat hulle kwalifiseer om daar te mag ry. Ek het nog nooit vinniger as 160km/h gery, en ook nie altyd nie. meeste van ons almal – die wat klippe gooi nou, het sekerlik al 130km/h gery tot 140km/h… erken dit ouens, en moet nie van julle balke vergeet nie ;-)

AMG - VROU ·

Ek’s ‘n vrou met ‘n v8 AMG roadster. Mens het nie so ‘n motor vir stadig ry nie. As iemand wat hier kommentaar lewer nog ALTYD by ALLE spoedgrense op alle paaie gehou het, dan kan julle iemand “judge “. Ek bestuur nie onder die invloed nie en as iemand wat ook gereeld die snelweg moet gebruik voel ek dat mense wat teen 80km/h kruip meer gevaarlik is, om nie eers van taxi’s en dronk voetgangers te praat nie!
Ons kan baie leer uit Duitsland se Autobahn. Daar’s geen spoedbeperkings nie en vergelyk maar gerus hul statistiek met SA s’n. Ons moet dalk eerder IK toetse laat aflê voor ons rybewyse uitdeel en verkeerdelik iemand oordeel. Dom bestuurders maak die meeste ongelukke want hulle kan nie eers teen ‘n slakkepas ‘n belangrike besluit maak nie.

Andre ·

Einde laas jaar ry ons rustig op dieselfde pad en toe kom die bloulig konvooi verby ons teen een helse se spoed en deur die spoedlokval sonder enige reaksie. Dit bleik dat bloulig motors nie ‘n gevaar vir ander motoriste is nie.

christa ·

Ellisras ek is geneig om met jou saam te stem dat spoed nie so gevaarlik is nie maar nie daardie spoed nie. As iets voor jou inhardloop is jy dood of as sekere mense wat n motor net in die pad kan hou maar niks weet van bestuur weet nie, is jou bokveld toe. Sulke bestuurders het gewoonlik die motors by ryk ouers gekry want as hulle vir dit gewerk het sou hulle beter geweet het.

christa ·

goed as jaagduiwels vas gevat word maar stel ook n minimum spoedgrens vir die kruipendes wat geen duit weet van bestuur nie en die verkeer ophou.

chrisjan ·

christa daar IS ‘n minimum spoedgrens – 60km/h OP SNELWEE.Vir nationale paaie is daar niks.Jy mag ry so stadig as wat jy lus het.Jy mag net nie VINNIGER as die spoedgrens ry nie volgens wet.

Oop oge ·

Dis duidelik dat daar twee groepe argumente rondom die verbreking van wette is.
Die een groep is rebels en word gelei deur hulle begeertes… en die ander het respek vir hulle naaste en so ook vir God.
Die wet bly die wet, ongeag of jy nou van spoed hou aldan nie. Die paaie behoort aan almal en alle wette word deur God bepaal via die mens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.