Spoedvraat vas ná hy 210 km/h jaag

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn 31-jarige man is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat hy glo teen 210 km/h in ʼn Mercedes Benz E350 op ʼn gedeelte van die hoofweg tussen Pretoria en Johannesburg gejaag het.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die man is Saterdag op die R21-snelweg naby Olifantsfontein deur die verkeerspolisie se hoëspoedeenheid aangekeer.

“Die man het beweer hy werk vir Mercedes Benz en dat hy vinnig gery het om betyds te wees vir ʼn troue,” het Morwane gesê.

Die man is dadelik in hegtenis geneem en na die Olifantsfontein-polisiestasie geneem waar hy van roekelose bestuur en spoedoortreding aangekla is. Hy is later op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy moet binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Saartjie ·

Sulke padbuffels neem pad reels nie ernstig op nie…. Hulle moet toegesluit word…. Onskuldige padgebruikers word in te veel ongelukke beseer……. Hy het nie die reg om n motor te he nie…. Hy is onverantwoordelik??

Ellisras ·

Los die ou dat by trou. Dit is groot genoeg straf. Een van die dae vang hul hom teen 210 wat hy wegjaag van die huwelik.

Anoniem ·

Ek dink nie dit was SY troue nie. Hy was op pad na ‘n troue toe.

Nadia ·

@ANONIEM… ek is seker elisras het dit as ‘n grap gevat. party dae is hier dan erenstige mense hierop. elisras… dit goed gese leke gelag. @wouter hehehehe dit net so snaaks

Wouter ·

Hy kan bly wees hulle het hom gevang op daai spoed as hy 4de rat gehaak het was dit veel vinniger. Dalk wou hy sy groot liefde keer om met verkeerde ou te trou.

Ekke ·

Wat ‘n flou verskoning! Sal hom leer om die slegte gewoonte van laat wees af te leer. Begin vroeër! Laat kom is ‘n siekte.

kas ·

Polisieman stop oom wat 300 km per uur ry met syBMW.Oom hoekom jaag oom so.Boetman jare terug het my vrou met ‘n polisieman weggeloop en ek was bang dit is hy wat haar terug bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.