Spoedvraat vas ná hy met Lamborghini jaag

Argieffoto

ʼn Man is vroeg Maandagoggend in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hy 250 km/h op die N1 met ʼn Lamborghini gery het.

Die voorval het omstreeks 01:00 op die N1-hoofweg tussen Sableweg en Plattekloof plaasgevind.

Volgens ʼn verklaring van die Stad Kaapstad is die man aangekla van roekelose en nalatige bestuur.

Volgens die owerhede is ʼn ekstra aanklag van dwarsboming van die gereg bygevoeg aangesien die voertuig nie nommerplate of ander identifikasietekens gehad het nie.

“Dié voorval is nog ʼn voorbeeld van die absolute minagting wat sommige padgebruikers vir die wet het,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê.

“Ek weet nie hoe enigiemand kan dink om teen so ʼn hoë spoed te bestuur is aanvaarbaar nie. Ons word gewoonlik toegegooi onder klagtes van die gedrag van publiekevervoerbestuurders, maar die feit is dat die gedrag van verskeie kategorieë van padgebruikers niks minder as gruwelik is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zoro ·

Maak n voorbeeld van hom, hy dobbel met onskuldige lewens – Dit is lagwekkend en drakonies om n klagte van dwarsboming van die gerêg by te voeg vir geen nommerplate . J P julle behoort van beter te weet , wetstoepasing en emosie loop nie saam nie.

Cherokee ·

Zoro, maar jy praat mos kaf! Hy het sy nommerplate afgehaal voordat hy op ‘n publieke pad gaan jaag het, met die doel om die wet te dwarsboom in ‘n poging om nie vasgetrek te word nie.

Jannie ·

Hierdie persoon het beslis nie die voertuig gekoop om 120 kilometer per uur op die snelweg te ry nie.
Plaas ń verbod op die verkoop van sportmotors- oeps sorry die regering gaan belastinggeld verloor.

WitBlits ·

Aggenee laat die persoon met ‘n waarskuwing vry en stel voor dat die Lamborghini terug gegee word want ‘n BMW teen ‘n kwart van die prys kan vinniger as 300 kmpu ry!

marous ·

Boete gaan niks help nie. Lisensie moet weggeneem word en diens by die staatslykshuis .

Vermeende ·

Daai kar is apsoluut veilig teen daai spoed en onder beheer, dit is waarvoor hulle gebou word, die regte gevaar is hierdie warm gemaakte tjorre wat daai spoed probeer ry met bande wat nie eers geskik is vir R120 km/uur nie.
Die dam word nou onder die eend uitgeruk omdat die ou geld het.
Maar ongelukkig is wet wet en hy het oortree.

Knapie ·

As hy wil jaag, kan hy dit op n resiesbaan gaan doen. Daar is ander voertuie en bestuurders, op daai einste publieke pad waar hy vasgetrek is, wat nie daai spoed kan hanteer nie.

Colleen ·

Maak n voorbeeld. Maar wat van die ander wettelose taxi drywers wat mense raak of doodry. Hulle kom weg met moord. Hulle staan op om alle pad reels te oortree. Die Golden Arrow busdrywes dieselfde. Almal is waansinnig.

Pierre ·

Wat is veiliger, motor wat gebou is om daai spoed te ry of ‘n onpadwaardige en oorlaaide taxi/bakkie teen 120km/h?

Mv ·

Ek dink eerlikwaar is nie een van die 2 veilig op publieke paaie nie, niemand is bo die wet nie.

Petrus Nel ·

Vind verskeie kommentare lagwekkend. Teen daardie spoed stel dit ander motoriste in gevaar want almal se reaksie tyd in die nuwe SA is nie goed. Wonder maar net hoe motorfiets ryers wegkom met geen nommerplate of jy kan dit nie lees.

James ·

Sorry for the English. Why dont they set engines to only reach a certain speed before they are sold.How was the person trapped, as our traffic police department only work till 17h00 with 1 hour lunch break.

JSG ·

James, couldn’t agree more with you. Very easy to do that to a vehicle. Especially trucks. Limit the speed to max 80 or whatever it pasted on the back of it. Ban any sportcars that are capable of speeds môre than 200. The Netherlands are doing it, why can’t we?

bgj van der westhuizen ·

die meeste nuwe vragmoters ongeweer van af 1980het computer box op die engine en dit word gestel om se maar 80km te ry en gestel om verby te gaan tot met n 100km per maar daar is mense wat die stelling uit haal ek is seker die meeste nuwe moters kom ook uit met n computer box op die engine hulle kan dit ook stel paar jaar trug wil hulle al die taxi laat oor gaan het na nuwe taxi met engines wat kan gestel word maar hulle was gekant teen dit en jp smith en sy verkeers manne vang ook net mense in die ou wit gebied waar hulle geld maak maar niks word gedeon op die R300 waar so baie ongelike voor kom nie hy het altyd baie te se doen eerder julle werk verkeersbeamptes en hou op brek deur een man te vang wat van die ander

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.