Spoedvraat vas ná sneltog met Jaguar

ʼn Jaguar F-TYPE. Foto ter illustrasie

ʼn Man is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hy ver oor die spoedgrens op die N4-snelweg in Mpumalanga gejaag het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het gesê die man is 07:30 naby Alkmaar, wes van Nelspruit, gevang terwyl hy glo 231 km/h met ʼn Jaguar F-TYPE gejaag het.

“Hy is na die Nelspruit-polisiestasie geneem waar hy aangehou gaan word totdat hy in die hof moet verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur,” het Mabuza gesê.

LUR Pat Ngomane het die twee verkeerspolisiebeamptes geloof vir hul goeie werk wat tot die man se inhegtenisneming gelei het. Hy het gesê dat “bestuurders met doodswense” van die land se paaie verwyder moet word aangesien hulle ook die lewe van ander padgebruikers in gevaar stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

A ·

Wow! En hy is in hegtenis geneem. En die verkeersbeamptes is nie omgekoop nie. Miskien is daar tog ‘n sprankie hoop.

KP ·

Verskoon my? Wat het dit met enige iets te doen? Het presies hierdie selfde vraag aan my ma gevra, oor waarom sy altyd wil weet watse ras dit is indien enige iets gebeur, tragies of goed. Needless to say, sy het ook haar gai gewip. Rassistiese kommentaar en houdings is afbrekend teenoor wat sommige van ons probeer bereik, en daardie een woord kommentaartjie wys rassisme, liewe Jaco

wirrim ·

Heh-heh-heh! Dis reg Jaco, wil ek ook weet! Hierdie donker diamante het baie beskikbare kapitaal en kan hierdie luukses bekostig. Maar het nie die kundigheid om dit waarderend toe te pas nie.

Hendrik ·

Nonsens KP. Dis die vraag wat baie mense geding het en ek ook. Jaco was net dapper genoeg om dit te vra. Die ander vraag is wat wil julle sommiges bereik? Dit is nie rassistiese vraag nie, net ‘n vraag?

Nico Uys ·

Waarom sit al die verkeersbeamptes langs die pad spoed kameras, daar staan party keer tot vier verkeers voertuie bymekaar, het meer verkeersbeamptes op die paaie nodig. Die beamptes moet ophou met omkoop geld, dan sal dit ook baie beter gaan.

Hendrik ·

Goed om lank te neem om te stop. Se halwe kilometer. Dan moet hulle al die pad na jou stap en hulle kry dan so bietjie oefening ook in.

E.K. - ek sê net! ·

Stuur kar na ‘n chop shop dan kan hy nooit weer jaag nie

Blits ·

baie dankie dat hulle sulke jaag duiwels vas vat, dit is roekeloos verby

De Villiers ·

‘n Stywe boete sal die regte ding wees, maar so ‘n bestuurder se lisensie moet ook vir minstens 10 jaar teruggetrek word waarna hy van voor af die hele proses moet deurmaak wat ‘n 18-jarige moet doen om ‘n bestuurslisensie te bekom, en dit slaag, voordat hy weer agter ‘n stuurwiel kan inklim.

Grens ·

As ek so mooi vuurwa besit het, sou hulle my seker ook vang!!

Leon ·

‘n boete kan die ding doen, maar kyk bietjie na Australië.
– Maksimum boete $2500 (R25000-00) asook
– Verpligte opskorting van lisensie:- Tussen 12 maande en drie jaar.
met ‘n moontlike tronkstraf van tot 2 jaar daarby.
Ek dink dit is ‘n boete!!

Flip ·

Leon. Ek stem heelhartig met jou saam. Kyk gerus ook hoe laag die sterftesyfers in Australië is. Dis verbasend laag. My ondervinding na verskeie besoeke daar het ek opgemerk dat die mense daar baie meer geduldige bestuursvernuf aan die dag lê.

Aussie ·

Die hooste spoed wat hier gery mag word is 110 op die High ways. Naby skole tot voor skool 40 in woonbuurte 50. So 2 jaar terug was die sterftes op Western Australia (Perth) omgewing se paaie 9 vir die jaar en dit was te hoog volgens die government.

Theresa ·

Mmm. Dis met melankolie dat mens eerste wêreldlande se wette en die uitvoering van daardie wette vergelyk met ‘n bietjie “doller” as kop-af tipe probeer iets regkry plek in die son. Hier is dit wie wat als kan verkeerd doen in die kortste tyd moontlik wat tel – of so voel dit deesdae in elk geval. Streng wetgewing EN DIE TOEPASSING daarvan, sal skoon sypaadjies, almal netjies in ‘n ry afwagtend vir ‘n rybeurt en ‘n groen robot, ens. ens. hê. helaas…

Koos1 ·

Leon en Flip. Dit is oorsee. Daar het hulle burgers respek vir die landswette en die polisie, want hulle land het nie alle magte vir kriminele gegee in die vorm van menseregte nie.
Hier by ons……. ag kom ons los dit maar!

Heinrich ·

As hy praat van “bestuurders met doodswense van die paaie afhaal” sal ek graag wil weet wat hulle gaan doen omtrent die verdomde minibus taxis wat weekliks tientalle mense die ewigheid inhelp. Ek sou bitter graag bietjie statistiek wou sien oor hoeveel hoeveel mense afsterf a.g.v. spoedvrate en daarteenoor hoeveel mense afsterwe a.g.v. minibus taxis.
Ek kry ook die gevoel dat daar ‘n baie eensydige wetstoepassing is; alhoewel daar gereeld beriggewing is oor ‘n spoedvraat of drie wat oor ‘n naweek weer vasgetrek is, sien ek dit maar net as ‘n fondsinsamelingsoefening terwyl die taxis baie meer doelbewus maak soos hulle smaak op die paaie en ek bitter min lees van stappe wat teen hulle geneem word.

Frans C ·

Solank motorvervaardigers voertuie bly vervaardig wat tot sulke snelhede instaat is,sal daar mense wees wat die wet gaan oortree. Lees gerus motorvoertuigtydskrifte, soos Car en kyk hoe baie klem op werkverrigtig gelê word.

Ook dra advertensie by tot die saak. Ek dink dit is moeilik om wetsgehoorsaam voort te kruier teen die wettige spoedgrens as jy agter die stuurwiel van ‘ voertuig sit wat dit lag-lag kan verbysteek.

Miskien moet motorvervaardigers meer konsentreer op veiligheid en minder klem lê op werkverrigting. Solank die spoedgrens is wat dit is, moet jy maar hoes as jy te vinnig ry.

Christo ·

Dis nou leke spoed…! Hkm karre maak wt so vin8 kan ry huh???? Haal di klomp taxis vani pad AF. Di regering kan liefs vi ons ‘n special pad mak vi ons spoedvrate. Ek hou van spoed. Dankie?

Basson ·

Geen fout met spoed in regte omstandighede.
Spoedboetes is maklike geld, eerder as om bv onpadwaardige voertuie sonder ligte wat teen 20 km/h ry van pad te haal.

jakes ·

Goed so…haal die spoedvrate van die paaie af,sowel as diegene wat teen 40 km/h aankruip.

Jarike ·

Miskien moet hul die voertuie wat nie gemaak is vir hoë snelhede agterna sit en in hegtenis neem. Hierdie tipe voertuie soos Jaguar en Lamborghini is spesifiek gemaak vir hoë snelhede. So my redenasie is ‘n Jaguar/Ferrari wat 200km ry het ‘n minder kans om wees meganiese foute in ‘n ongeluk te kom as ‘n bakkie bv 200km ry of ‘n ”warm” gemaak klein karretjie…

Paplepel ·

Roekeloos ry en hoë snelheid het minder te doen met die motor se vermoëns as die bestuurder s’n. Dis die werkverrigting tussen sy ore wat tel.

Boesman ·

Niks fout daarmee nie…………. In Duitsland is dit algemeen om so vining te ry. Die groot verskil is dat hulle ordentlike paaie het en tweedens het hulle bestuurders die ervaring en het vir seker ‘n behoorlike bestuurstoets geslaag. Nie soos driekwart van ons bevolking wie se lisensies gekoop is nie en boggerol weet van reels of nog minder van hoe om te bestuur nie !!! Sy moenie net haar gai, soos jy sê, wip nie, sy moet jou liewers ‘n paar warm klappe gee !!!

O ja KP, ras het baie daarmee uit te waai, want as die bestuurder so bietjie donker van kleur was sou hy net tjo-tjo geld betaal het en verder gery het. Pleks jy liewer na jou Ma luister, want sy het baie meer lewenservaring as jy .

Piet Pompies ·

Die N4 roete wat hierna verwys word is die hoof roete tussen Gauteng en Mosambiek, ons gebruik die roete weekliks vir amper 19 jaar en die opvallendste nuwe tendens is spoed oortreding nadat die gedeelte van Schoemanskloof tot Nelspruit tot ‘n twee rigting dubbel baan vergroot is. baie geluk aan die verkeersbeamptes wat die onbekende bestuurder gevang het. Mag dit dien as waarskuwing vir toekomstige oortreders.

Theresa ·

Heinrich – presies wat ek wou sê. As daar enige mense agter stuurwiele (want dit KAN eenvoudig nie klas as goeie bestuurders nie!) sit wat ‘n doodswens vir publiek en almal binne in die voertuig het, is dit nou maar nes jy dit stel.
Waarom bly dit so moeilik om hierdie uittartende, wettelose arrogante klomp publieke vervoerders vas te vat? Wat op aarde kan ‘n goed genoeg rede wees? Ja, die ou met die Jag het lekker gejaag en simple opgetree – roekeloos. Maar taxi en busdrywers het publieke lisensies om publiek veilig van punt a na punt b te vervoer en SLAAG GLAD NIE IN DIE DOEL NIE. Laat my bloed kook.

Koos1 ·

Jip die ou het verkeerd opgetree, punt.
Maar nou die ander kant van die munt. Ek het die afgelope 5 dae seker 4 tot 5 berigte gelees waar BAIE mense dood is in botsings reg van voor, waar een van die voertuie op ‘n blinde hoogte en ‘n sperstreep, ander verby geaan het en die botsing veroorsaak het.
Ek dink die ou is bietjie mal, teen daai spoed gaan jy nie kan stop as iets in jou baan van voor af kom nie!

Francois ·

Interessant om die repliek te lees aangaande die berig. Ja…dit is ‘n oortreding van ‘n wet/regulasie maar dit is nie noodwendig roekeloos nie. Daar is ‘n baie groot verskil tussen vinnig bestuur en roekeloos bestuur.
Indien daar ‘n oop stuk pad is, wat breed genoeg is en geen ander verkeer op het nie en jy ry teen daardie spoed is dit nie roekeloos nie. Ry jy teen daardie spoed op ‘n pad waar daar baie ander motors is dan is dit roekeloos.
Ek het nie noodwendig ‘n probleem met ry teen ‘n hoër spoed nie (binne perke en afhangende van die verkeerstoestande) maar het wel ‘n probleem met mense wat veral op die snelweë ry en nie die padreëls ken nie. Soos mense wat in die vinnige baan ry teen ‘n laer spoed as die verkeersvloei. Dit dwing and bestuurders om in die linkerbaan verby te gaan wat ‘n groter risiko teweeg bring. Dieselfde geld vir mense wat in die middelste baan ry en nie by die spoed van die verkeersvloei hou nie. Dit dwing mense om aan beide kante verby te gaan wat weereens die risiko verhoog.
Daar is vele ander gevalle waar die risiko baie hoër is as om vinnig te ry op ‘n skoon stuk pad.

Maryn ·

Kom ons begin ‘n petisie dat KYALAMI oopgestel word vir hierdie jaagduiwels, sodat ons wetsgehoorsame burgers sonder Prozak en Rescue pille op die pad iewers heen kan ry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.