Spoedvraat vas teen meer as 200 km/h op motorfiets

(Foto: Verskaf)

ʼn 22-jarige man op ʼn motorfiets is Sondagmiddag in hegtenis geneem wat glo teen ʼn snelheid van 223 km/h op die N1-snelweg naby Centurion in Gauteng gejaag het. Die spoedvraat het na bewering aan die beamptes gesê dat hy Krugersdorp toe jaag op ʼn pretuitstappie.

Sello Maremane, woordvoerder van die verkeerspolisie in Gauteng, sê die man is summier in hegtenis geneem omdat hy die voorgeskrewe spoedgrens van 120 km/h ver oorskry het. Hy is na die polisiestasie in Lyttelton geneem waar hy vir roekelose en nalatige bestuur asook die oorskryding van die algemene spoedgrens aangekla is.

Die verdagte het Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn en is op borgtog van R1 500 vrygelaat.

“Hoë spoed bly een van die grootste risiko’s vir padveiligheid in die provinsie,” het Maremane gesê.

“Die meeste padsterftes is as gevolg van roekelose en nalatige bestuur en die bestuur onder die invloed van alkohol. Die gevaarlike verbysteek van motors, veral wanneer daar aankomende verkeer is, is ook ’n groot risiko.”

Maremane het wetstoepassers versoek om geen steen onaangeroer te laat in die beslissende hantering van diegene wat voortgaan om die padreëls te verontagsaam en sodoende die lewe van padgebruikers in gevaar te stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mike Pretoria ·

Nie waar nie – onverskillige taxi drywers & onpadvaardige voertuie veroorsaak die meeste botsings. Daar is altyd “verkeersbeamptes” met kameras op die snelwee maar nooit te sien op spitstye in die stede wanneer die taxis die meeste oortree nie !!

TruthDealer ·

Ja maar iemand soos die kreatuur op die motorfiets is geensins beter as die taxi’s nie!

Danie ·

Motorfietse is nie die oorsaak van sterftes op paaie wat doen die bosmossels oor vragmotors en taxi busse wat roekeloos bestuur en dood veroorsaak op paaie.If you dont have wings you cant fly.

Cherokee ·

Die oomblik wanneer ‘n kommentator dink om af te sluit met ‘n Engelse sinnetjie verskaf kragtige ondersteuning aan sy stelling, dan is dit maklik om oor die waarde daarvan te besluit.

TruthDealer ·

*Dood veroorsaak het. Maroela asb ons het die wysiging nodig. Ek wou sê wat hy kon veroorsaak, nie wat hy Is nie.

George ·

Sien die kommentaar is eg afrikaner. “ja, maar daar is erger” belaglike mindset. Hy verdien om nooit weer te ry nie.

whatever ·

Stem saam jou.Tot so ‘n persoon verantwoordelik is vir die dood van een van hul geliefdes.

Anonymouse ·

Ek verstaan dit ook nie. Kan ons dan net op een ding konsentreer op ‘n slag? So terwyl daar taxis op die pad is moet ons glad nie kommer uitspreek oor enige ander gevaarlike padgebruikers nie? Ek dink meeste mense het die kapasiteit om oor meer as een probleem kommentaar of kritiek te lewer.

Koen ·

Jy is soooo reg. Mense wys altyd vinger na andere. En dink hulle is so rein soos sneeu. Walglik.

TruthDealer ·

Ek stem saam met jou George. Hy hoort nie op die pad nie. As hy So argeloos en waansinnig motorfiets ry, is hy sekerlik ook nie n veilige bestuurder van ander voertuie nie.

Henker ·

Grootste irritasie hierdie muskiete (lees super bikes). Net n klomp noise polluters wat die hele buurt om hulle grensloos irriteer. Skud die gemors, en sit dit in n crusher.

WitBlits ·

Laat die son bietjie oor almal skyn asb tog…. Moet hulle nou ook alle Bote op die damme “skud” want dit raas as jy jou boek wil lees?

Ons wat intens betrokke is met Motorfiets klubs weet hoeveel hulle doen vir Liefdadigheid, hoeveel geld hulle inbring vir die klein besighedsmense in die Restaurant, Pub en toerisme bedryf as hulle “rides” reel oor naweke…

TruthDealer ·

Nee. Te drakonies. As motorfietsryers veilig ry is dit piekfyn. Mens kan nie in n borrel leef nie. Die wêreld is vol geluide.

Cherokee ·

Absolute stilte is erg! Ek geniet dit veral in die nanag om na geluide in due strate te luister.

Nico ·

Boeties met taxi’s, busse en swaar voertuie mag rysoos hulle wil en niks word gedoen.

SjN ·

Hoekom het hy gestop, hy was nog in vierde rat en besig om spoed op te tel?

Koen ·

Geen respek vir ander padgebruikers en homself nie. Sluit toe en vat sy motorfiets.

Danie ·

As n mens kan hoekom nie dis al plesier wat ons nog in die land het.Gelukkig was hy nie dronk of gerook nie.Geniet die buitelug vryheid wat ander nie doen nie.

TruthDealer ·

En as hy nou op daai spoed in n ongeluk was? As hy beheer verloor het en teen jou kind se kar vasgery het en jou kind is dood daardeur?

Miena ·

Daai bike was nie vinnig genoeg nie. Wonder met watse maak het die man gery.
Beslis nie n Hayabusa gewees nie.
Lekker ry bly maak lekker ry.
Life begins at … 120km/h

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.