Spoedvrate jaag oor ‘laat’-redes

Die Nissan Skyline. Foto: EMPD

Vyf spoedvrate is Maandag deur die Ekurhuleni-metropolisie aan die Oos-Rand aangekeer nadat hulle in digte mis die spoedgrens op ʼn snelweg oorskry het.

Lt. Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die oortreders is tussen 05:00 en 11:00 in albei rigtings van die R24-snelweg naby die Edenvale-afrit deur die hoëspoedeenheid in hegtenis geneem.

“Teen 08:00 het beamptes die 41-jarige bestuurder van ʼn blou Nissan Skyline GTR Sport  van die pad af getrek nadat hy 237 km/h in ʼn 120 km/h-sone gejaag het,” het Mokheseng gesê.

“Daar was drie tieners saam met hom in die motor. Die bestuurder het beweer hulle was laat vir ʼn sokkerwedstryd.”

Mokheseng het gesê die res van die oortreders is gevang waar hulle tussen 166 km/h en 181 km/h gejaag het sonder ʼn geldige rede. “Een van dié bestuurders beweer hy was laat vir ʼn vergadering in Durban.”

Die oortreders is in hegtenis geneem op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en is na die Bedfordview-polisiestasie geneem waar hulle op borgtog van R1 500 vrygelaat is.

Hulle moet binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

wicus ·

WEL VAN DIE SPOEDVRATTE BESTUUR BETER AS BAIE VAN DIE TAXIS

MvN ·

N persoon wat n Skyline ry gaan niks voel om borgtog van R1500 te betaal nie, in vandag se tyd kan jy nie veel daarmee doen nie. Hulle moet die karre vat en sommer oor vat om te gebruik vir polisie doeleindes.

Haibo! ·

Ek kan baie met R1500 doen! Dis my hele maand se krag, petrol en kruideniersware! Hoe duur leef jy dat jy niks met dit kan doen nie??

Eugene ·

Waar was daai Metro gister middag op N1 van Pietersburg af??
Daar sal jy sien wie se karre gevat moet word, net n ent verder voor die sasol toe le die ‘body bags’ die pad vol.
3 keer 1uur lank elk in n tou om getol te word sodat jy kwansuis vinniger kan reis

eisj ·

Waar was jy toe die tolstelsel goed gepraat was Eugene? ons lewe in n demokrasie.ek dink 80% van SA se bevolking is teen tol. so die meerderheid het gepraat. tog….. DIE VERETT£®|IKE STELSEL BLY.

Julia ·

My wederhelf het altyd soos ‘n maniak gejaag en roekeloos bestuur en as hy wel vasgetrek was het hy net gesê hy is ‘n dokter en oppad na ‘n noodgeval. Daar was nooit ‘n mediese noodgeval nie, hy het maar net die verskoning gebruik om weg te kom met alles en het lekker vir hulle gelag as hulle hom laat gaan, gewoonlik met ‘n verskoning AAN HOM. Hy het baie noue ontkomings aan ons en ander motoriste veroorsaak, eenkeer selfs ‘n kind raakgery en baie diere vermink en doodgery op die pad.

Helene ·

Ek sou nie daarmee spog nie Julia. Sou hom lankal aangegee het. Siestog die arme diere!!

Cherokee ·

Julia, laat my toe om verskoning te vra namens die mense wat bloot nie die aanleg het om tussen die lyne te lees nie.

Sputnik ·

Julia, ek hoop nie jy spog nie, maar dat jy eerder kla? Met só ‘n wederhelf aan jou sy, wie wil nog vyande hê? Ek is jammer vir jou.

Elize ·

Ja sputnik el stem saam met jou. Mense wat oor so iets spog en boonop nog sy titel misbruik hoort nie op ‘n pad nie. Ek het ‘n baie beskrywende naam vir sulke mense

Julia ·

Ek spog nie en veroordeel my maar, dis nie julle wat moes hoor dat julle tussen die tone ingespuit sal word waar niemand sal kyk nie en dat hy dan self julle outopsie ook nog sal doen wanneer julle iets durf sê nie. Ek is net ‘n mens en getuie van wat gebeur het nie die verkeerspolisie wat betaal word om mense soos hy te stuit nie.

Phillip ·

Dagsê PetrolKop

Dankie vir jou valkoog. Die berig is gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Paul ·

Eintlik is dit ʼn “GT-R”. Dis ook nie meer ʼn Skyline nie. Sedert 2007 is die GT-R ʼn geheel aparte model van die Skyline-reeks.

Paul ·

So die korrekte naam is “Nissan GT-R”.

Dis nie ʼn Skyline nie.

Gerhard ·

Dit is ‘n Nissan GTR. GTR en Skyline het paaie geskei met die model in die foto.

Johan ·

Net om dit in perspektief te plaas: teen 237km/u beweeg daardie motor teen bykans 66 meter per sekonde-; dit beteken meer as die helfte van ‘n rugbyveld in 1 sekonde!

Johann ·

Ai tog…ook die enigste suksesvolle gebruik van n rugby veld in ons liewe SA!!! IN VERGELYKINGS van sport motors se.spoed???????

Thinus ·

En die kar sal nog steed vinniger stop as taxi’s wat teen “100” voort ploeter. Spoed kan doodmaak maar dit is glad nie wat die meeste mense op ons paaie se dood veroorsaak nie. Dit bring wel die meeste geld in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.