Spoedvrate raak kreatief met verskonings

Argieffoto

Ses jaagduiwels wat op Kersdag op die N3 aan die Oos-Rand gevang is, het met vindingryke verskonings vorendag gekom.

Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se hoëspoedeenheid het Dinsdag tussen 05:00 en 10:00 spoedwetstoepassing op die N3-suidwaarts tussen die Geldenhuys-wisselaar en die afrit na die Rande Lughawe uitgevoer, sê Wilfred M. Kgasago, EMPD-woordvoerder.

Ses bestuurders het agter tralies beland nadat hulle gevang is dat hulle op dié gedeelte van die nasionale pad tussen Germiston en Alberton teen snelhede ver bo die toegelate 120 km/h gery het.

Kgasago sê al ses die oortreders is mans tussen die ouderdomme van 26 en 44 wat met sedans en ʼn ligteafleweringsvoertuig teen snelhede van onderskeidelik  195, 176, 175, 171, 168 en 162 km/h per uur gery het.

Hul verskonings het gewissel van dat hulle ʼn nuwe voertuig getoets het tot dat hulle inderhaas op pad was na ʼn begrafnis in ʼn ander provinsie.

Al ses bestuurders is in Germiston se polisiestasie op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur aanhou en later vrygelaat nadat hulle borgtog van R1 000 elk betaal het. Hulle moet binnekort in Germiston se landdroshof voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.