Spoegkobra-pik: ‘God het ons seun genees’

Johan Emmenes in die hospitaal (Foto: Facebook)

Die Emmenes-egpaar van Mokopane in Limpopo sê hul agtjarige seun se “wonderbaarlike genesing” is niks minder as ʼn “wonderwerk” nie. Dít nadat ʼn ses maande lange herstelproses die jong Johan Emmenes van Laerskool Krugerpark in die gesig gestaar het nadat ʼn Mosambiekse spoegkobra hom vroeër vandeesweek by sy ouerhuis gepik het.

Maroela Media het vroeër berig die agtjarige is Donderdag na ʼn private hospitaal in Midstream in Centurion oorgeplaas in ʼn poging om sy arm te red. Hestia Emmenes, Johan se ma, het vertel die spoegkobra het hom gepik terwyl hy op sy bed gelê en slaap het.

Mediese kenners in Tzaneen in Limpopo het gesê die gif het dermate deur Johan se arm versprei dat hy waarskynlik ʼn reeks veloorplantings sal moet ondergaan weens die weefsel wat as gevolg van die gif verrot het. Daar was ook die moontlikheid dat Johan sy arm kon verloor.

Hestia het Vrydag aan Maroela Media gesê die gesin het die afgelope 12 uur “die krag van gebed beleef”.

Volgens haar was Johan geskeduleer om Donderdag net ná 18:00 ʼn drie uur lange operasie aan sy arm te ondergaan. Die egpaar het glo by ʼn restaurant in die hospitaal gaan eet in ʼn poging om hul aandag af te lei van die spanningsvolle drie uur wat voorlê.

“Ons was maar ʼn halfuur in die restaurant, toe kom roep die suster ons. Sy het gesê die dokter wil dadelik met ons praat,” vertel ʼn emosionele Hestia. “Ek het nie vir ʼn enkele oomblik ʼn negatiewe gedagte in my kop gehad nie. Ek het geweet as ons in daardie spreekkamer instap, gaan die dokter vir ons goeie nuus gee.”

Dit wás goeie nuus, sê sy. Die dokter het aan die egpaar bevestig dat hy slegs die dooie weefsel verwyder het waar die slang Johan gepik het. Volgens hom was daar geen teken van verdere dooie weefsel in die arm nie.

“Die dokter het ons net so aangekyk en gesê: ‘Daar is niks nie, behalwe by die bytmerk.’ Ek was verstom, verheug en het tegelykertyd gehuil én gelag. Ek het geweet die Here het ingetree. Ek het onmiddellik besef dit is die krag van gebed waarmee ons hier te doen het. Ek en Marthinus [Johan se pa] het by die hospitaal in Tzaneen met ons eie oë gesien hoeveel van die weefsel in sy arm dood was. Dele van die arm was pikswart waar die slang se gif ingetrek en die weefsel laat doodgaan het. Die dokters het vir ons gesê ons kan ʼn lang herstelproses te wagte wees; hulle het gesê hy gaan ʼn hele reeks veloorplantings moet kry. Nou het die Here ingetree – en niks hiervan is meer nodig nie.”

Johan Emmenes (Foto: Facebook)

Volgens Hestia sal Johan oor die volgende week net elke tweede dag in die teater moet wees om te kyk of die infeksie nie wel versprei of weer opvlam nie. Indien dit nodig sou wees, sal daar verder aan die weefsel geskraap word.

Sy sê mediese personeel in die hospitaal het egter reeds bevestig dat Johan se arm binne die volgende week of twee toegewerk sal kan word. Johan se organe is glo ook nié aangetas nie.

“Johan het selfs vanoggend gelag,” vertel sy. “Hy het sy arm opgelig en sy hand begin beweeg. Dokters meen die slang was waarskynlik lui en dat daar dus nié baie gif met die byt in sy bloedstroom beland het nie, maar ons weet dis nie waar nie. Ons weet daar is nie ʼn wetenskaplike verduideliking hiervoor nie. In Tzaneen het ons daardie dooie weefsel gesien. Ons het geweet watter pad ons saam met hom gaan moet stap in die volgende paar maande.

“Maar dit was nié God se plan nie. Elke liewe gebed en boodskap van bemoediging wat ons ontvang het, is deur God gehoor. Hy het besluit as daardie verbande afkom, sal my kind gesond wees. Ek kan hierdie voorval nie anders beskryf as ʼn wonderwerk nie. Ons gaan nie stilbly hieroor nie, ons gaan dit vir almal vertel sodat mense kan weet watter krag in gebed lê,” sê sy.

Johan sal nog vir minstens twee weke in die hospitaal bly om deurlopend gemonitor te word. Die gesin het onderneem om die publiek op die hoogte te hou van sy vordering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Marie Senekal ·

God is goed. Halleluja God is goed. Dankie Heer. Dankie vir U Hand oor Johan.

Abi ·

Kan mense (en dr’s) asb ophou verskoning soek oordat ons menslike breintjies nie die Grootheid en Almag van God kan verstaan nie? WOW!! How absolitely freaken Awesome! This God we serve, He’s SO AMAZING!

leon ·

Baie baie ware woorde, om op ons Geneser te vertrou!
En daai maanetjie, Johan, jy is ‘n yster! Slang se dinges man…..yster ken nie sy sterkte nie!

Mariana ·

AMEN, Ons dien n wonderlike God. Dankie Here vir U liefde en genade. En dankie dat jy johan genees het. Dankie vir julle geloof as ouers.

Lena Jonk ·

Dankie ons Almagtige, Grote Genadige God dat u die gebede gehoor het wat opgestuur was na U toe, dankie dat U sy ouers ook toegerus het met U Genade. As mense net wil besef hoe Almagtig ons God is en Hom vertrou sal dit baie beter gaan in die wereld. Jy moet nou mooi gesond word pragtige seun en hou altyd aan Jesus vas hoor.

Verstom ·

AMEN!! AMEN!! AMEN!! PRAISE THE LORD, ONS DIEN ‘N AWESOME LEWENDE GOD. HY WORD GENOEM WONDERBARE RAADSMAN, STERKE GOD, EWIGE VADER EN VREDEVORS.

Emsa ·

Mense wil nie meer op God vertrou nie. Daar is nog wonderwerke. God alleen kan dit doen . Dankie Heer vir U wonderwerk in die jong seun se lewe. Ons loof en prys U Naam die Naam bo alle Name.

Nettie ·

Nou maar hoekom doen God dan nie ook wonderwerke vir ons mense wat op die plase so uitgemoor word nie en dan nou glad oorweeg om Australië se uitnodiging om te emigreer, te aanvaar? Ek glo in God, indien enige een gewonder het. Ek dink egter die dokters, verpleegpersoneel en medikasie wat sekerlik toegedien is, verdien ook ‘n bietjie krediet?

God'sgirl ·

Ek nog nooit op sulke goed gecomment nie… maar Nettie… moet asb. Nie vergeet wat God in sy woord vir ons se nie. Hy se in Openbaring duidelik dat al hierdie tekens is van Hom…
Hy is getrou aan sy woord asook regverdig. Hy kan nie lieg nie. Die Here het hierdie duisende jare al terug voorspel… al hierdie goed is ongelukkig wat MOET gebeur… God se so…

christa ·

God is groot. Hy se roep my aan in benoudheid en Ek sal jou help. Sterkte

Johnnie ·

Prys die Here, hoop hulle gaan dit gebruik as getuienis van n wonderbare God wat ons aanbid. Hy se mos in Sy woord Hy het nie net vir ons sondes aan die kruis gesterf nie maar ook vir ons genesing.

Pieter ·

Proverbs 18:21
Death and Life are in the Power of the Tongue, and those who love it will eat the Fruit.

Knappi ·

Ek is verheug oor die wonderlike nuus vir die jong man. Ek wil egter van die ander wat tot dusver hierbo kommentaar gelewer het weet of hulle dink dat God nie so wonderlik was tenoor die ander onlangse gevalle wat wel vingers (of iets) verloor het en of God dan vir hulle kwaad was (soos per Angus Buchan se kommentaar dat God vir die Kaap kwaad is en dit daarom nie reën nie)?

pamela ·

ek kry hoendervleis soos ek die berig lees. God kan ENIGE iets doen en genees.!

chante ·

Dankie aan ons Grote GOD en dankie vir daardie wonderlike ouers wat in wonderwerke en die krag van gebed glo. Ou groot seun…jy gaan jou ouers nog baie trots maak! Gou gesond word

Vossie ·

Dit is fantastiese positiewe nuus vir ‘n slag. Alle eer aan God die Vader

Elma ·

Ons het gevra en God het ons gebede beantwoord……..ons moet altyd ook dankie se as God ons gebede beantwoord. What a mighty God we serve!!!!

P ·

Knappi

God is groot almagtig .. Sy wil is nie ons wil nie ons kan vrae vir geneesing maar is Sy wil of GOD dit wil laat geskiet as n mens bid en dit voel of God jou gevaal het . God het n doel daar mee .Omtou God is in beheer oor ons hy het ons lewens draad in sy hande . Daar om moet ons so leef asof ons more gaan sterf die dood is n halwe tree van ons af .Moenie vir God kwaad wees as dinge nie so uitwerk soos ons mense dit wil he nie

God heers oor ons

Ananda ·

That’s the God we serve!!
Ook al beleef hoe God genees nadat daar oor en oor bevestig is dat daar is niks wat hul kan doen nie. Aan Hom al die eer, so dankbaar saam julle
Gebed het groot krag.
Laat ons ook nie een oomblik ophou bid vir ons land nie.

Gesiggie ·

God is Good all the Time.. prys die Here elke dag vir die Wonderwerk… ek is so bly saam met jul, dit is n pragtigge kind….

Wilma ·

Loof En Prys God Vir Sy Wonderlike Genade. Gaan uit en Verkondig Die Wonderwerk. God Dra Ons . Amen. Baie Dankie Jesus

Knappi se antwoord. ·

Sterkte seunman…
“Knappi “..jou kommentaar gelees …so is ons gedagtes en wil(begrip) nie SY gedagtes of wil(plan) nie. Maar geloof ..hoop..en SY LIEFDE en genade is ónbeskryflik GROOT. LAAT SY WIL Níé ONSE gebeur en eendag sal jy en ons “antwoorde op vrae kry “en (verstaan) Halleluja.

Frances Bezuidenhout ·

God is Almagtig. Met geloof is enige iets moontlik!

Vida ·

God is Almagtig. Ons groot Geneesheer. Ons hou aan Hom vas vir volkome herstel.

Danie Minnaar ·

Prys die Here, die enigste almagtige God vir Sy groot Genade!

Vian ·

Genees deur die bloed van Jesus!! Ons dien n ongelooflike groot en liefdevolle abba Vader. Dankie Jesus dat u krag weereens tevore kom! En watter tipe belydenis is hierdie nie om saam jou te dra nie jongman. God het groot planne met jou. Hallelujah, Amen!!!!!!

Piet Pompies ·

As jy nog nie God se genade ervaar het nie gaan jy waarskynlik sukkel om die meerderheid kommentaar te verstaan. As jy nog nie vir jou kinders gebid het as hulle siek is, verstaan jy ook nie God se genade. Hier is net weereens ‘n bewys dat daar ‘n lewende God is.

Francis koutsouvelis ·

Prys die Here ons moet leer op God se woord en beloftes te staan want God beantw. Gebede as ons vas staan in die geval maklike n kind van 8 is God se koningkryk en daarom het God dadelike beantwoord lees ook Lukas 10 vers 19

Yolandi ·

***God doen Wonders wanneer ons glo***
Sterkte & welldone vir jul geloof!!!

Rikag ·

By die Liewe Vader is niks onmoontlik nie hy voorsien in alles Amen.

Willem ·

Yahweh Rapha die groot geneesheer leef. Prys sy heilige naam!!

Helena ·

Dankie Jesus. Baie dankie dat U hierdeur ook aan ons U grootheid openbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.