Spoegkobra pik seun (5) op kleinhoewe

Die Du Plessis-gesin. Foto: Verskaf

“My seuntjie is baie taai, hy huil nie sommer nie. Vandat hy gisteraand gepik is totdat hulle vanoggend op sy voet bloed getrek het, het hy nie een keer gehuil nie, selfs nie eens toe die dokters hom sewe keer in die wond op sy hand ingespuit het nie.”

Só sê Retha du Plessis (33), ma van klein Dawid (5) wat Dinsdagaand in sy bed deur ʼn Mosambiekse spoegkobra op sy hand gepik is terwyl hy geslaap het.

Die Du Plessis-gesin woon op ʼn kleinhoewe in die Bulgerivier-omgewing buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo waar Retha en haar man, Philip (39), betrokke is by The Fold-kinderhuis waar sorg vir 33 kinders verskaf word.

Retha het Woensdag aan Maroela Media gesê hulle het onlangs ʼn lugverkoeler in hul hoofslaapkamer aangebring om verligting teen die tergende hitte te bring.

“Die kinders, Dawid en sy sussie Megan (11), slaap in hul beddens saam met ons in die kamer waar dit lekker koel is. Die kinders het vroeg gaan slaap. Ek het omstreeks 23:00 gaan slaap. Teen 23:30 het ek wakker geword en gehoor Dawid kerm in sy bed. Toe ek my kop draai om te kyk, toe spoeg iets my in die oog. Dit het eers gevoel of iemand my met yswater in die oog spat, daarna het dit begin brand.”

Die Mosambiekse spoegkobra wat Dawid gepik het. foto: Verskaf

Retha het vir Dawid opgetel en gevoel iets is nat. Sy het die hooflig aangeskakel en sien toe die slang. Philip het gesien Dawid se hand bloei. Die slang het hom op sy linkerhand tussen sy middelvinger en ringvinger gepik.

Retha het Dawid en Megan gegryp en buite die kamer na veiligheid geneem, terwyl Philip die slang van kant gemaak het.

“Ons het in die bakkie gespring en na die MediClinic Lephalale gejaag. Terwyl ons gery het, het ek die slangkenner Marius Koekemoer gebel en beskryf hoe die slang lyk. Hy het toe vasgestel dit is ʼn Mosambiekse spoegkobra wat Dawid gepik het en gesê ons moet so gou moontlik by ʼn hospitaal uitkom.”

Die gesin het ná middernag by die hospitaal aangekom waar Koekemoer en dokters gereed gestaan het om Dawid en Retha te help. Retha is vir die gif in haar oog behandel en Dawid is in die waakeenheid opgeneem waar hy teengif ontvang het.

“Hy is tans stabiel en dokters is tevrede. Sy hand is opgeswel en hy is slaperig en moeg, maar praat, eet en drink goed. Ons moet nou minstens vier dae wag vir die gif om uit te werk voor die dokters kan vasstel wat presies die skade en volgende stappe is. Hy sal dan ʼn operasie ondergaan om van die dooie weefsel ontslae te raak. Ons sal dan eers weet hoe diep die wond is en of enige senuwees beskadig is.”

Oor haar besering skerts Retha “dit voel asof iemand my met ʼn vuis in die oog geslaan het”. Sy sê egter haar besering maak nie saak nie, sy is net bekommerd oor haar seun. “Hoewel hy nog nie een keer gehuil het nie, het ék wel.”

  • Marius Benade, ʼn boesemvriend van die gesin, het ʼn beroep op die publiek gedoen om die gesin finansieel by te staan met Dawid se mediese koste aangesien die gesin nie ʼn mediese fonds het nie. Klik hier vir die bankbesonderhede.

Die wond aan Dawid se linkerhand. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Angie ·

Fotos sè Gawin se linker hand maar berig sè seuntjie se naam is David.

Tania Heyns ·

Dagsê Angie

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Elanie ·

Seun se naam by foto is verkeerd en haar man se naam is Philip.

Tania Heyns ·

Dagsê Elanie

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Louisa Delport ·

My skoonma was 6 jaar terug ook deur een gepik in haar bed in Lephalale dit het baie lank gevat om gesond te word baie sterkte ons dink aan julle

Riana ·

Volgens die artikel is die seuntjie se naam Dawid maar by die fototjie is dit Gawin….word gou gesond seun!

Tania Heyns ·

Dagsê Riana

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Koos1 ·

Stadig bren.
Eersten wil ek net die gesin sterkte toewens. Ek hoop die herstel is gou en volkome.
bren, slange het, soos alle diere, ook ‘n rol te speel in die natuur. Hulle is deur God geskape en Hy het hulle gebruik ook vir Sy Plan ( Moses en Farao, Die Israeliete in die woesteyn met die slang op die paal, ens.) Moenie die slange as satans uitkryt nie, asb. Slange sal net mense byt as hulle bedreig voel, want ons is nie prooi vir hulle nie en dit vat baie energie van die slang om die gif wat gebruik is weer te vervaardig. Verstaan my reg, ek en slange braai ook nie saam nie, maar vandat ek meer oor hulle geleer het verstaan ek ook beter.
Sterkte aan die Du Plessis gesin weereens. ‘n Paar jaar terug is kennise van my se dogter ook daar in julle wêreld deur ‘n slang gebyt, en sy is vandag blakend gesond!

Elizma ·

Nie Christo nie – dis Philip.
Mense, help asb hierdie gesin- hulle is sulke goeie mense en dierbare vriende van ons. Dis ‘n vreeslike hartseer ding!!

Tania Heyns ·

Dagsê Elizma

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Anne

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Familielid

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Andrè du Plessis ·

Almal worry oor die name meer as oor die mense… rerig. Sterkte aan julle

Marelise Aldeia ·

Kan die storie na Child Medi Organisation gestuur word op facebook nie? Hulle help altyd kindertjies in nood

Tommie ·

Hier bo is bank besonderhede so hoekom by child medi plaas .

AI ·

Asb mense.. LEES net die boonste kommentaar.!!! almal sien die tik fout raak.. Bekommer julle eerder oor die seun se welstand. Genade!!! Sterkte aan Ouers en die pragtige seun. Hoop hy word sommer gou beter.

Daan Erasmus ·

Mense help asb. Hierdie mense doen fantastiese werk by The Fold kinderhuis. En vir min geld. Help asb

oumense ·

snaaks , hoe almal se kom mense help hulle ….hoop jy wat se gee so mooi soos jy vra…
in vandag se tyd wie sit sonder n hospital plan of medies???
en jy hoefie nou helfde van jou salaris te betaal nie jy g=kry oulike goedkoop hospital planne..
ou bul jy is n klein fightertjie…mag jy vining gesond word…

Jong mense ·

@oumense, jy weet duidelik nie wat dit is om werklik so min te verdien (onthou, hul het ook 2 kinders om te versorg én help seker heel dikwels uit hul eie tekort ook nog die ander kinders.) nie. As mens nie R100 ekstra ‘n maand het nie, dan het jy dit doodeenvoudig nie! Kry ek mos nou ‘n idee: wat van jy neem vir hulle so ‘n Hospitaalplan uit, asb. Dink net hoe dit hul sal seën. (Aangesien jy nou verwys het na “hoop jy wat sê gee so mooi soos jy vra”?!). Hoop jy wat sê gee so mooi soos wat jy vra…. Dankie.

Elizma ·

Julle weet nie wat hierdie mense se omstandighede is nie – so moenie kom klippe gooi oor “wie sit sonder ‘n mediese plan of hospitaal plan in vandag se tyd nie”. Hulle werk by ‘n Christen Kinderhuis vir min geld om God se werk te doen hier tussen ons mense op aarde. Hulle gaan deur ‘n baie moeilike tyd en dis glad nie lekker om Dawid, ‘n plaas seun deur en deur, so in die bed te sien nie! Niemand van ons sal weet wat in sy mamma & pappa se koppe aangaan en hoe hulle voel nie. Dit is absoluut wonderlik om te sien hoe ons mense saam staan vir hierdie gesin! Hulle sal hierdeur kom – sterker as ooit! Hulle is almal fighters!

HFC ·

Het jy al gesien hou oulik betaal hierdie “oulike goedkoop hospitaal planne” uit waarvan jy praat?

Spikkels ·

@Jong mense stem saam dit nou goeie voorstel aan Oumense om vir hul daai goedkoop Medies/Hospitaalplan uit te neem en dit ook betaal.

Gerda ·

Bren ek Stem 100 persent saam met jou…Die BYBEL se hy sal jou aan die haaksteen byt en jy sal sy kop vermorsel…!!!SATAN!!!!

Marna ·

Die goedkoopste hospitaal plan werk byna R3000 vir twee volwassenes uit, dit is sonder kinders. As mens nie dit ekstra het nie, hoe moet mens maak?

Anoniem ·

Almal gaan so tikere oor die vlippen name wat verkeerd is en hulle wat nie medies het nie? Julle mis die hele plot hier.
Wat van ons fokus waaroor die hele berig regtig gaan, die arme seuntjie wat gebyt is en die ouers wat dalk net n bietjie hulp soek van ander mense?
Al help jy net Bid dat hulle gou gesond sal word en nie enige permanente skade het nie?
Is dit teveel gevra?

hoe dan nou ·

ek het dan nog altyd gedink kinders tot en met 6 jaar kry gratis mediese behandeling? Mandela het dit mos nog ingestel of is dit nie meer van toepassing nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.