Spogmotors vir Zoeloe-koning se vroue

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Die Zoeloe-monargie gaan ses nuwe Mercedes Benz E-klas motors van sowat R5 miljoen aan koning Goodwill Zwelinthini se ses vroue oorhandig, het die Sunday Tribune berig.

Daar is glo ook ʼn sewende luukse Duitse sedan aangekoop wat as ʼn plaasvervanger gehou sal word. Koning Zwelinthini se huishouding word deur die provinsiale regering ondersteun met ʼn jaarlike bydrae van nagenoeg R60 miljoen.

Die Zulu Royal Household Trust wat dié geld bestuur het verlede jaar vir opspraak gesorg toe die toegekende R54,2 miljoen voor die einde van die finansiële jaar bestee is. Daarna het die trust ’n reddingsboei van R5 miljoen in Februarie ontvang. Die kantoor van die KwaZulu-Natalse premier het intussen beheer geneem van die koning se begroting.

Thamsanqa Ngwenya, hoof van kommunikasie in die premier se kantoor, het aan die koerant gesê dat die motors teen ʼn afslagprys aangekoop is. Hy het gesê die aankoop sal verhoed dat daar in die toekoms verkwisting plaasvind aangesien die koning se vroue huurmotors gebruik het voor die aankoop.

Jerome Ngwenya, voormalige voorsitter van die Zulu Royal Household Trust, het gesê die koning se vroue het om verskeie redes besluit om Mercedes Benz-motors te gebruik.

“Die motors betaam die status van die Zoeloe- koninklike familie en veiligheid, duursaamheid, gemak en betroubaarheid is net ’n paar van die redes,” het hy gesê.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leon ·

Ek wonder net……….Of almal bestuurders lisensies het of gebruik hulle aangedtelde bestuurders?

Peet Schabort ·

Op ‘n vraag waarom hy nie van sy ampsmotor en bestuurder gebruik maak by amptelike geleenthede maar eerder self sy VWkewer bestuur was prof. Rautenbach, destydse rektor van Tukkies in die 1960’s, se antwoord: “Julle (dekane) se status hang nog af van julle motors maar in my geval gee ek die motor die status”. Bravo prof.!!!
My moeder het weer gesê: “Wees versigtig wanneer niks iets geword het “.

Jan ·

Die Eerste Minister van die destydse Rhodesia, Ian Smith, het in die sewentigs met sy EIE Peugeot 304 na Pretoria gery vir ‘n besoek met John Vorster. Die groot probleem met meeste van ons blankes is dat hulle nog aan hulle statusse vasklou en dan liewerste hulle volk sal verraai as om hulle status en rykdom prystegee.

Swanna ·

Jan ek stem. Dit is hoe dit gaan op die oomblik in ons land. Hoe blikker en duurder hoe hoër is ons status. Dit sluit wit en swart in. Leon die antwoord op jou vrag is, dit is hoekom die sewende voertuig ook gekoop word. Hy is vir “STANDBY”. Maar nou ja. As jy nog nooit met geld te doen gehad het in jou lewe en skielik kry jy dit verniet dan gebeur sulke dinge, veral omdat jy agterbelewend was.

Albert ·

Hierdie mense se arrogansie en verwaandheid het geen perke nie, ook het hulle geen respek vir die armes en belastingbetalers wie se geld hulle sonder enige skuldgevoel plunder en misbruik nie. Hule dink net aan hulle self.

John ·

Wat is nou lekkerder as om geld te spandeer waarvoor jy nie gewerk het of verdien nie. Daar is ñ lekker spreukwoord wat lui: erfgeld is swerfgeld.

Gert. ·

Komies, dink dat die ou met tiervelle en aapsterte en coke doppies vir versiering uit n nuwe wit motor klim en net na hom die volgend motor met vet vrou met raffels om haar en lang hangende swaaiende boops uit mercedes klim. Lol Waar is ons spotprent tekenaars om dit in beeld vas te le. Buitelanders sal hie comic geniet.

Retha ·

Is dit nie dieselle ou wat net noudi dag verhoging gevra het want sy budget klop nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.