Spogskool-onnie bedank ná verhouding met leerder

Foto: Facebook via Michaelhouse.

ʼn Onderwyser van Michaelhouse, die spog-seunskool in die KwaZulu-Natalse Middellande, het bedank nadat sy verhouding met ʼn minderjarige seun, ʼn leerder aan die skool, aan die lig gekom het.

Michaelhouse is ʼn private kosskool vir seuns en skoolgeld beloop sowat R240 000.

Murray Witherspoon, ʼn woordvoerder van die skool, het aan Maroela Media bevestig ouers het verlede week ʼn omsendbrief oor die voorval ontvang.

Luidens die omsendbrief word die verhouding “deeglik deur die skool ondersoek”.

Volgens Witherspoon het albei partye toegestem tot die verhouding.

Die seun, wat nie geïdentifiseer mag word nie aangesien hy ʼn minderjarige is, is in die sorg van sy ouers gelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wonder ·

Spogskool? Gebeur by enige skool. Die seun soek waarskynlik koestering en afhangende van of onderwyser getroud is al dan nie.

Pierré ·

Dit was dit ‘n instemmende verhouding wat ook wettig is hoewel teen die skool se beleid. Die seun is ‘n senior in die skool en bo 16, daarom is daar geen sprake van enige kriminele klagte nie. Die hele storie is dus ‘n storm in ‘n teekoppie.

EP ·

Nee regtig!! Net soos verhouding tussen dokter en pasient ontoepaslik is, geld dit ook vir verhouding tussen onderwyser en leerling.

Dennis ·

Ouers kan nie oral wees nie, kinders is op enige plek blootgestel, baie daar waar mens dit die minste verwag. Baie jare gelede het ‘n jong smeulende donkerkop hoërskool onderwyseres, as ons in die klas met ‘n taak doenig was, langs van die kinders gaan staan, oor geleun en verneem of mens regkom. So het sy ook by my kom staan, ek kon haar parfuum ruik, dan voel ek hoe sy met haar hand op my skouer rus, nie lank nie vroetel dit teen my nek en daar in my hare. Eers het ek my nie veel gesteur nie, maar na so ‘n paar maal wat dit gebeur het, het ek my hand een dag op hare gesit tot die gevroetel stil raak. Toe sy terug voor in die klas agter die lessenaar plek inneem en na my kyk, kon ek in haar oë sien, dit vroetel was nie so onskuldig nie. Genadiglik het dit nooit weer gebeur nie en ons het nooit daaroor gesels nie.

Speedguard ·

Charlene ek dink jy slaan die spyker so op die kop !!!

Anoniem ·

Onthou net, Juanita du Plessis is ook met een van haar onderwysers wat sy op skool gehad het getroud. Ek is verloof aan ‘n onderwyser en hulle sowel as kinders word aan baie blootgestel. Ek hoor elke aand die verskiklikste goed by hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.