Spogskool skors 4 seuns ná ouderdom-skok

rugbypale

Argieffoto

In ’n omsendbrief aan belanghebbendes het ʼn spogskool in KwaZulu-Natal om verskoning gevra vir die feit dat twee ouer seuns in hul sportspanne van 2018 en 2019 gespeel het.

Noël Ingle, hoof van die Glenwood Preparatory School, het gesê dit is met die hulp van Glenwood High School bevestig dat daar onwetend twee ouer seuns in die sportspanne gespeel het. “Ek vra opreg om verskoning aan al ons spelers, ouers, beamptes en teenstanders,” het Ingle geskryf.

Die betrokke twee leerlinge was ook deel van die Haaie se o. 13-Cravenweekspan wat as die nie-amptelike wenners van die 2019‑ nasionale week uit die stryd getree het. Een van die spelers het boonop ’n driekuns van drieë in die finale wedstryd gedruk.

“Die leerlinge het in 2018 by ons aangesluit en ons van vervalste dokumente voorsien.”

Die skrywe wat deur Glenwood Prep gesirkuleer is. Foto: Facebook.

Volgens Ingle het die twee leerlinge dokumente van jonger seuns gebruik. Die saak word ook deur die provinsiale rugby-unie ondersoek.

SARugbymag.co.za het berig dat beendigtheidstoetse bevind het dat die seuns 15 jaar oud was toe hulle as gr. 6-leerlinge by die skool aangesluit het.

Intussen het Glenwood High gesê die twee seuns, wat nou 17 jaar oud en in gr. 8 is, is saam met nóg twee seuns met onmiddellike inwerkingtreding geskors. Al vier die gr. 8-leerlinge het glo hul dokumente vervals en oor hul ouderdom gejok het om deel van Glenwood High School te word.

“Die seuns is onmiddellik versoek om die skool te verlaat. Hul welstand bly egter ’n prioriteit vir ons” het die skool in ʼn verklaring gesê.

  • Volgens die gesaghebbende School of Rugby, was Glenwood High School die 16de beste rugbyskool in die land. Terwyl ander ranglyste vir Glenwood Preparatory se o.13’s as die vyfde beste laerskoolspan in die land bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael

Ek kan dink wie dit is maar weens die minimum feite kan ek net spekuleer maar dit is n skande om te verneuk en iemand uit die span te hou wat daar hoort.

koos10

Mag hulle en hulle ouers nooit ooit weer eers na ‘n rugbywedstryd gaan kyk nie!!!!
So skelm het ek lanklaas beleef. Hulle vertrap ALLES waarvoor sportsoorte staan!!

koos10

O ja, ek het op 17 matriek geskryf, en die twee is gr.8. Hulle lewens is al in elk geval op ‘n spiraal koers oppad af!

Jims

Al het die seuns dalk die dokumente sonder die ouers se wete vervals, moes dit tog vir die ouers duidelik gewees het dat dit nie korrek kan wees dat hulle vir die onder dertiens kan speel terwyl hul reeds 15 jaar oud is nie. Die ouers het dus deels skuld hieraan en kan nie skotvry hiermee wegkom nie.
Nou sit die skool en veral die skoolhoof met rooi gesigte!

koos

Regeringsmateriaal…..