Die grafsteen van ʼn 58-jarige man wat verlede jaar dood is, is op ʼn vreemde plek in die middel van ʼn woonbuurt in die noorde van Pretoria gevind.
Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder van die Sinoville-polisie, het aan Maroela Media gesê lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het oor die naweek die spokerige vonds in Keilaan in Sinoville gemaak.
“Die grafsteen het regop in die pad gestaan. Daar was nie sigbare skade aan die steen nie, dus vermoed ons nie dit het uit ʼn bewegende voertuig geval nie,” het Von Benecke gesê.
Von Benecke het gesê dit is nie in dié stadium duidelik hoe die grafsteen daar gekom het, of wie eienaarskap daarvan kan neem nie.
Die naam Joseph Mabusa staan op die grafsteen geskryf met die geboortedatum 04-09-1956 en die sterfdatum 22-04-2014.
Die polisie het die grafsteen verwyder en dit is tans by die Sinoville-polisiestasie.
Enigiemand met inligting oor die grafsteen of wat dit herken, word versoek om kapt. Verster weekdae gedurende kantoorure by 012 543 8815 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
ugh ?? wat gaan nog gebeur …. ek glo nie aan spoke nie dis die werk van stout kinders
Dit lyk of die grafsteen uit ‘n vliegtuig geval het?
Lyk my dit word ook nou al van die dooies gesteel, nie net meer dele van lyke vir muti nie maar sommer grafstene ook – Hul wou seker kombuis kaste maak – deesdae is enige iets moontlik…
Was omtrent n jaar gelede n nuusberig op Sky nuus dat dit gesteel word, oor gepoleer word, nuwe graveerwerk gedoen word en herverkoop word. Volgens die berig word dit ook gbruik vir graniet vir kas oppervlaktes. Hulle het spesifiek berig oor wespark in Jhburg
Die dooies betoog ook..!!