‘Spook-hospitaal’ gaan ‘selfde kos om te herbou’

Die Kempton Park-hospitaal. Foto: Emile Van Niekerk‎/Facebook

Die Gautengse departement van infrastruktuurontwikkeling meen dit gaan amper dieselfde kos om die Kempton Park-hospitaal oor te bou as wat dit gaan kos om dit op te gradeer.

Dit het onlangs aan die lig gekom dat R127 miljoen begroot is om die gebou te sloop. Die hospitaal staan sedert 1997 leeg en meer as R6 miljoen is tot einde verlede jaar bestee aan veiligheidsdienste by die hospitaal. Die hospitaal is bekend as ʼn speelgrond vir vandale en sogenaamde spookjagters.

Theo Nkonki, woordvoerder van die provinsiale departement van infrastruktuurontwikkeling, het gesê die moontlikheid om die hospitaal op te gradeer en weer oop te stel is ondersoek. Volgens hom sou dit R1,1 miljard kos om dit te doen terwyl dit sowat R1,3 miljard sal kos om ʼn nuwe hospitaal te bou. Dit sluit egter nie die koste van die sloping in nie.

Nkonki het gesê daar sal ʼn omgewingsimpakstudie gedoen word voordat die hospitaal gesloop word. Die departement beplan om die hospitaal in Januarie te begin sloop.

Refiloe Nt’sekhe, DA-LPW, het die R127 miljoen wat begroot is om die hospitaal te sloop as ʼn “absolute vermorsing van belastingbetalers se geld” beskryf.

Die Kempton Park-hospitaal. Foto: Sabrina Panaino‎/Facebook

“Die geld kon eerder gebruik geword het om die gesondheidsorgstelsel op te gradeer.” Nt’sekhe het gesê dit is in onaanvaarbaar dat daar toegelaat is dat die hospitaal agteruitgaan terwyl omliggende inwoners wat van staatshospitale afhanklik is gedwing word om die Tembisa-hospitaal te gebruik.

“Die hospitaal is gesluit omdat dit onderbenut is. Dit het sedertdien die prooi van vandale geword en meeste van die toerusting in die hospitaal is gesteel,” het Nt’sekhe gesê.

Nt’sekhe het gesê sy gaan opvolgvrae in die Gautengse wetgewer rig om vas te stel wat presies die nuwe planne vir die hospitaal is. Volgens haar is die Tembisa-hospitaal erg oorbevolk en is die nood vir nog ʼn hospitaal in die omgewing groot.

“Ons sal die sloopproses streng monitor sowel as die koste daaraan verbonde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Die rede vir sluit ·

Ek dink die rede waarom die hospitaal so geheimsinnig net verlaat is is nie oor spoke en beslis nie oor onderbenutting nie. Ek dink superbugs soos weerstandbiedende staph aurius het hulself in die teater en hospitaalgange gevestig en die hospitaal kon nie daarvan ontslae raak nie.

CHANTELLE CONNOWAY ·

hoe is dit moontlik dat n hospitaal onbenut is, daar is n groot tekort aan n behoorlike hospitaal in die omgewing en ek bly in dieselfde straat as die hospitaal, dit is n vermorsing van geld en hoekom moet ons net heeltyd opdok, die hospitaal is onnodig gesluit, hoe kan dit soveel kos om te sloop, als is net so gelos, hoekom nie als wat in die hospitaal was skenk nie, nou moet als wegggegooi word, daar word geen waarde geheg nie als word net gemors en ek dink dit is n skande om die minste te se,

Gebruik hierdie Hospitaal weer as 'n Hospitaal ·

Hoekom het die owerhede hierdie hospital so wanbestuur dat dit in algehele verval geraak het?? Dit lyk vir my op die foto tog na ‘n groot moderne hospital (of eens op ‘n tyd miskien). Het die dokters en verpleegsters wat daar gewerk het net een oggend almal besluit om tuis te bly en is al die pasiente uitgeplaas sodat die hospitaal kan verval en beroof word??? Ag nee dit is ‘n geweldige vermosing van geld en ander noodsaaklike hulpbronne. Hoekom restoureer hulle nie eerder die hospital en gebruik hom weer nie?

Gustav ·

Ek praat onder korreksie, daar was drie van hierdie hospitale gebou(dieselfde bou planne) een in Pretoria Wes en die ander een in Carletonville. Hulle word nog gebruik, so wat het dié een so verniel!!

Amelia ·

Slag ini gras. Iewers is n tender wat nie kan wag vir DIE sloping nie. Ek meen gaan verkoop alle staal in die hospitaal. Vensterrame en as daar dalk nog goed te oes is. Hou dai spasie dop.

Basjan ·

Amelia, ek stem 100% saam met jou. Daai deel dat daar ‘n tender is wat nie kan wag vir die sloping nie.

Hospitaal (2) ·

Maar voordat hulle die hospitaal weer gebruik – vrolik asseblief tog net die plek ‘n bietjie op met blomtuine en bankies buite en so, en nie daardie kil neerdrukkende en creepy grys wat lyk asof iemand vir ‘n mense vanuit alle rigtings terugstaar nie! Die pasiente , dokters en vepleegsters en besoekers vir die pasiënte moet darem welkom voel. Miskien moet hulle daardie klein grillerige venstertjies ook bietjie vegroot om die son mildelik in te laat vir die arme pasiënte .

se net ·

Dit klink soos n nuwe Nkandla. Ek het nog nooit gehoor van enige plek waar daar nie nog hospitale benodig word nie. Die bevolking het n aanwas soos min, maar nee die hospitaal word nie gebruik nie.

TRONK ·

Ons het groot tekort aan Gevangenisse. Nou kan dit nie omskep word in n Gevangenis, n inrigting vir gestremdes of vir n plek waar liggestemdes, en verstand gestremdes kan bly nie. Ek glo daar is selfs tipe koshuise waar personeel kan gaan in bly????????? Hoekom kan die staat nie iets wat nie werk nie, omskep in iets wat wel nodig is en sal werk nie. Ek dink die nuwe hospitaal se kostes is sekerlik met al die teater middele en al dai masjiene ingesluit. Onthou die sloping het sekerlik nie meer baie van dai goeters oor nie. En die bogenoemde het ook nie sulke goeters nodig as dit daarvoor gebruik word nie. Of man gee dai plek vir die armes om teen pensioen bedrae te kan gaan bly. Ek is seker as dit die ou regering was, was die beste gebruik met die minste koste aan die hand van die dag.

Loubser ·

Die persoon wat die grond daai tyd geskenk het aan die staat se boedel het vereis dat dit gebruik moet word om n hospitaal te bou. Die boedel het nog nie verjaar nie. So dit mag vir niks anders gebruik word as n hospitaal nie

Nita ·

Kan die gebou nie omskep word in wooneenhede vir bejaardes nie? Of n hostel vir al die mense wat net n kamer kan bekostig nie?

Adam ·

Nita, jou voorstel is presies wat ek wou voorstel. Dit maak sin om sulke geboue te omskep vir behuising van bejaardes of mense uit die laer inkomstegroepe of selfs vir studente-akkomodasie. Ons het onlangs ‘n ou koshuis van die staat probeer koop vir ontwikkeling as ‘n aftreefasiliteit en alhoewel die gebou jare leegstaan en die sekuriteitskoste hoog is, is ons deur die departement meegedeel dat die gebou “nie surplus tot staatsbehoeftes” is nie en dus nie verkoop kon word nie., iets wat absoluut belaglik is.

LR ·

Hierdie is n algemene voorbeeld van infrastruktuur, veral munisipaal, in SA.
Afrika het as n reël dieselfde paadjie geloop na UHURU.

Ver links ·

The ARWYP hospital is sufficient and has brilliant medical staff with excellent service.
The old Kempton park hospital can become a home for street people or single mothers with children where there will be more work opportunities and income generated for the Government. So many people of colour need jobs and this is a great opportunity and challenge.

danie * ·

Daar is n hospitaal wat nou kammers uitverhuur aan die publiek in mainreef primrose. Kan hulle nie liewers die een in kempton vir arm blankes gee nie want ek meen wit man het ook belasting betaal.

Foxi ·

Rig die hospitaal in vir verblyf vir bejaardes. Dit sal hulle hope geld bespaar.

Ver links ·

@ Danie, why always giving for just white people when millions of color and very poor with no accommodation. There should be a petition to the Mayor’s office and Government to help these poor people. They can put them all in this accommodation.
@ Foxi, it can be ok for the elderly, but then for all. Everything should be as per percentage based with 80% black, 08% white, 08% coloured and 05% Indian.

Adam ·

Ver Links, how do you foresee accommodating 101% of the pro rata population in the building. Get the maths right, my friend and we may even see some economic growth.

Loubser ·

Ek kan nie glo daar word so gejok nie…die hospitaal was nie onder benut nie…dit was die enigste staatshospitaal wat n WINS getoon het in Gauteng!!!. Hoekom is dit gesluit? Want die nuwe staat was nie gelukkig daarmee dat mense met taxis aangery word na n hospitaal waar die mense dieselfse dag gehelp word deur n Dr en hulle pille kry terwyl Tembisa op daai oomblik nie aan die mense se behoeftes kon voorsien nie en omdat dit daai tyd in n meerderheid “wit woonbuurt” gelee was (dit was die staat se antwoord in die binnekringe). Ek het groot geword in Kempton park hospitaal, want my ma het tot die einde daar gewerk tot 1998. Ek het elke dag met die mense wat by ongevalle gewag het gepraat en gevra hoekom hulle nie Tembisa toe gaan nie en meeste het gese hulle weet hier kry hulle diens en is hul lewens verseker. Hulle was eerder bereid om met taxis aangery te word as om by Tembisa dood te gaan. Hoekom het die staat nie die R50 miljoen van Olivedale kliniek daai tyd aanvaar nie? Hulle wou dit in n privaat hospitaal omskep. Nee die staat was gretig en wou R80 miljoen he. Net die laaste veiling kon hul nie eers R1 miljoen kry nie.

Linda van Mosselbaai ·

Baie geraamtes klim nou uit die kas.
1 Lys al die Staat se vaste bates
A. Geboue B Grond
2. Word dit benut, deur wie
3 Indien dit nie benut word nie moet daar onmiddellik werk gemaak word dat dit benut word.
4. Gebruik gevangenes om plekke op te knap wat vervalle geraak word. ( as hulle nie kan nie – lei hulle op om dit te doen)

Ek dink dit is tyd dat almal wat so sit en slaap nou wakker word voor 100 jaar verby is.
Die ou mense het nie onnodiglik gese Ledigheid is die duiwel se oorkussing.

Laffie ·

Maak dit weer oop vir die mense om spooke te gaan jag en gee hulle ‘n ingang fooi dan sal hy salf geld maak om weer oop te maak lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.