Skoor tik Eskom oor die vingers

Medupi-kragstasie Foto: Eskom

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het ingrypende veranderinge by Eskom aanbeveel in sy konsepverslag oor die kragvoorsiener se probleme. Spesifieke aanbevelings is gedoen oor verbeteringe by die nuwe kragsentrales Medupi naby Lephalale (Ellisras) en Kusile in Mpumalanga.

Die komitee se finale verslag sal teen volgende Dinsdag gereed wees, het mnr. Mkhuleko Hlengwa, IVP-LP en komiteevoorsitter, gesê.

Aanbevelings aan Eskom sluit:

  • Kontrakte moet behoorlik bestuur word sodat daar nie tydperke ontstaan waarin dienste onderbreek word nie.
  • Behoorlike dokumentbestuur moet toegepas word, sodat daar ’n papierspoor kan wees van alle transaksies.
  • Alle lede van die Eskom-raad asook alle verskaffers moet behoorlik nagegaan word om die nodige vaardigheidsvlakke te verseker.
  • Belangeverklarings moet voorts grondig afgedwing word om te verseker dat werknemers nie met die maatskappy handel dryf nie.
  • Diegene wat aan wangedrag skuldig is, moet vervolg word, ook waar hulle nie meer vir Eskom werk nie, en koste en verliese moet sover moontlik van hulle verhaal word.
  • Alle kontrakte moet aan oop tenderprosedures onderwerp word en steenkoolkwaliteit moet voortdurend en streng nagegaan word.
  • Kontrakteurs moet vervolg word indien hul werk benede standaard is en die finale voltooiingsdatums van 2020 vir Medupi en 2023 vir Kusile mag nie verder verleng word nie.

Kusile-kragstasie Foto: Khulu Pasiwe (Eskom), Twitter

Skoor het ook ʼn aantal probleme by Medupi identifiseer. Vyf van die ses eenhede is tans in werking, maar daar is ontwerpfoute en sowel die soldeerwerk as die plasing van die stoomketels is opvallend swak gedoen. Ongekwalifiseerde werkers is gebruik om die aanleg te bou en die standaard van steenkool wat gedurende die vorige boekjaar gebruik is, was dikwels swak.

Die eenhede skop gereeld uit en moet dan weer aangeskakel word, wat nie goed is vir hul behoud nie. Die meule en die hitte-absorpsie van stoom by die aanleg is ook ’n groot probleem.

Wat Kusile betref is die projek agter skedule. Nog net drie van die ses eenhede werk en projekbestuurders hou nie lank by Kusile nie.

Swak beplanning beteken meer as 400 vragmotors ry elke dag by die aanleg in en uit, en weens mislukte onderhandelinge met die eienaars van ’n aanliggende steenkoolveld moet die steenkool van ver af aangery word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ig ·

Geen wonder alles val uitmekaar nie, die pype moes gesweis word en nie gesoldeer nie

Pietman ·

Ontstellend dat SKOOR se aanbevelings standaard praktyk vir goeie korporatiewe bestuur is – hoe is ESKOM dan bestuur?

Johann cb ·

Daar word kort-kort aanbevelings gemaak, maar niks realiseer nie! Dieselfde is die geval met die Zondo – Kommissie!

Kerslig ·

Die verbruikers betaal nie , dan wil ESKOM hul krag afsny, maar dan besluit die hof dit is onwettig om die krag af te sny! Nou sien ander dorpe en gemeenskappe wat gebeur en doen presies dieselfde! Red nou n volk met sulke logika!

Willem ·

Ek wonder hoeveel het dit gekos om die komitee aan te stel, aan die werk spring en dan met daai aanbevelings vorendag te kom wat al van dag een geïmplimenteer moes gewees het. Dis dan die minimum vereiste in elk geval. Weer eens geld in die water gegooi.

Lou ·

Vra die manne wat op die projekte gewerk het wat regtig daar aangegaan het dan sal julle verstaan hoekom die Kragstasies hopeloos laat en teen meer as 10 keer die koste gebou is en waarskynlik nooit teen hulle volle ontwerp kapasiteit sal krag voorsien nie. Dit is twee reuse, bitterlike DUUR monumente wat die ANC se onbevoegtheid en wanbestuur ten toon stel. In this case the ANC does not have a good story to tell.

Potties ·

Hulle moes al die ou vakmanne gebruik het dan was die stasies gesort.

Rubber ·

Sluit Kusile, kry hernubare energie. Jaag die onbevoegde weg. Sluit die diewe toe. Privatiseer. Maar nee hulle bly ‘n oud afgeleefde Sowet model navolg. Sal nooit reg kom nie want dan moet die diefstal en korrupsie ophou.

Getik ·

Dis net ‘n getikkery oor die vingertjies maar verder ploeter alles soos normaalweg voort.

Riaan ·

En WIE gaan die AANBEVELINGS ( wat tien teen een van die internet verkry is?) implementeer???
Dieselfde korrup kaboedel wat uit die gebrek van die AANBEVELINGS baat gevind het? Hoe naief!

ja nee ·

dit is n direkte erkenning van AAANNNCCC dat hulle geen idee het om n besigheid reg te bestuur nie.dit geld vir al die ondernemings en besighede onder hulle beheer(geen beheer)

Jantru ·

Watter verandwoordelike persoon of persone gaan hierdie beginsels by ESCOM toe pas en bestuur?? Waar het ons gesien dat ENIGE van die ANC se kaders daar toe in staat is om enige iets te bestuur?? Hulle is net goed om beeswagters te wees!!

riaan ·

Nie eers beeswagters nie want dit is ‘n verantwoordelike werk om beeste op te pas!

Ore ·

……..en dan Skoor,dan keur julle in elk geval tariefverhogings goed.Eerste aksie van Eskom is om salaris verhogings aan top bestuur toe te ken.Ek is seker graad 7 leerlinge sal dieselfde aanbevelings indien nie beter kan maak

Pieter ·

Wat kla almal so dit is ons eie skuld ons blankes moes tien jaar terug al standpunt in geneem het en gese het genoeg is nou genoeg as daar niu eending is wat ons nie kan doen nie dan is dit saam staan so hou op kla en al wat afriforum wil doen is hof toe hardloop ons het nou n plan nodig nie oor tien jaar nie ek gaan my lede geld stop

Basjan ·

Fantasties SKOOR! Julle het Eskom oor die vingers getik! En verder gaan daar NIKS gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.