‘Spoorlyndiewe’ op heterdaad betrap

Kapt. Thabo Mosia, bevelvoerder van die Warden-polisiestasie, Thumby Govender, hoofondersoekbeampte van Transnet en Lehlohonolo Mokoena, senior beskermingsbeampte van Transnet by die gesteelde spoorlynstukke. Foto: SAPD

Kapt. Thabo Mosia, bevelvoerder van die Warden-polisiestasie, Thumby Govender, hoofondersoekbeampte van Transnet en Lehlohonolo Mokoena, senior beskermingsbeampte van Transnet by die gesteelde spoorlynstukke. Foto: SAPD

Elf verdagtes is Woensdag op ʼn plaas naby Warden in die Vrystaat in hegtenis geneem, nadat hulle betrap is waar hulle glo treinspoorlyne op die plaas gesteel het.

Lt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê dit was die derde keer wat die plaas in minder as ʼn maand deur spoorlyndiewe geteiken is. Vroeër vandeesweek is spoorlyn ter waarde van R179 000 op die plaas gesteel en in Maart het diewe stukke van die spoorlyn ter waarde van R620 000 weggedra.

“Die diefstal verhoed die vervoer van waardevolle vragte en was ʼn bekommernis vir beide die polisie en Transnet. Daarom het die polisie vanoggend ʼn oog gehou op die Letuka-plaas en so die diewe vasgetrek,” het Mohobeleli gesê.

Hy het gesê die diewe was besig om die spoorlyne op te sny en op ʼn voertuig te laai, toe polisie by die toneel opgedaag het. Sewe van die verdagtes is van Zimbabwe en Mosambiek en almal is tussen die ouderdomme van 24 en 41. Die polisie het ook beslag gelê op derduisende rande se toerusting wat die verdagtes gebruik het om die spoorlyn mee op te sny.

Die verdagtes sal binnekort in die Warden-landdroshof verskyn op aanklag van diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Andre ·

En dan word mense vervolg omdat hul onwettige inmigrante uit buurstate vervolg en deporteer. Die toerusting wat dié spul kriminele gebruik is natuurlik ook gesteel.

Loon ·

Tipies, klaar hul eie land rot en kaal besteel nou kom SA volgende aan die beurt.

Irene ·

Ja dis buitelanders wat in ons land in stroom en kom moor en roof wat doen regering niks nie hul is seker met a doel hier????

Dee ·

Natuurlik is hulle met ‘n doel hier. Die doel is om te stem. Seker kry hulle almal stemreg al is hulle van waar en al is hulle in ‘n tronk, hulle stem en hou die anc in stand.

m ·

Klink nie of die treinspoor baie gebruik word as die goed so lekker kan aangaan nie. Niemand het soos gewoonlik niks gesien nie. Daar is seker niks meer oor in Zimbabwe en Mosambiek nie nou kom neuk hulle ons spore op……

naam ·

Nee, kyk hoe geroes is die loopkant van die spore. Daar ry selde indien ooit treine daar.

vollie ·

So plunder Afrika noord van ons oop grense ons land saam met die Zuptas. Rede vir ons 0.6% groei skatting?

Boerin ·

Dis hoekom die ekonomie groei!!!! Al die geld wat gebruik word om weer als op te bou wat geplunder word. Land is so in sy kanon, dis net die misdaad wat nog werkskepping bevorder!

y ·

0.6 % groei??? Ek wonder of daar enige groei gaan wys met die gemors wat hier aangaan. Kan ons dit ooit nog ‘n ekonomie noem?

Jeanette Visser ·

Lekker land die nuwe SA, almal kan van ander lande af maar net inkom en kom maak net wat hulle wil en hoe hulle wil. Kyk maar gerus hoeveel van die misdade is ander land se burgers en hoeveel is van SA. Ons kan maar net alles gaade slaan want ons land het net nie meer wet en orde nie. Die wette geld net vir sekere mense. Maar goed gedoen daar deur die polisie, goed om te sien nie almal van hulle is korrup nie.

tamboti ·

Dit sou interessant wees om te weet hoe groot is die onwettige en alternatiewe (skelm) sektor in die totale binnelandse ekonomie. Dit sluit diefstal, roof en verkoop van gesteelde goedere, smokkel met onwettige handelsware en dwelms, selfoon bedrog en kaartkloning, internet en kredietkaartbedrog, korrupsie en omkopery, onwettige mynery, spookwerkers en valse ‘social grants’ en nog baie ander – te veel om op te noem. Persentasie gewys waag ek dat dit tussen 40 en 50 % beloop? Wie het al so studie gedoen en hoe vergelyk ons met wereld?
Ons land is so vrot soos sy regering!

Winston ·

Regering? Tamboti hier regeer die misdadigers,bendes en sindikate. Dit gaan onmoontlik wees om n studie te doen. Kyk hoe vergelyk ons met wêreld se ekonomieë.

KP ·

Ja, soos ons almal behalwe die aan bewind weet van hierdie pragtige land van ons gaan een van die dae niks oor wees nie. Ons is eintlik in n -6% agteruitgang.

GES ·

Deporteer die skuim na hulle lande van herkoms. Soos tereg opgemerk is moet hulle seker eers stem maar dit is ook nie ‘n probleem nie. Hulle kan in die tronk stem.

jakes ·

Deporteer? Dit eet my belasting. Een soldaat met goedkoop sambok kan hul aan draf hou tot by hul adresse van herkoms. Sal fiks word, om te werk sy eie land.

NEL ·

Tamboti, Ek bly in Komatipoort en werk elke dag op en oor die grens na Mosambiek.Meneer jy wil nie weet hoeveel Mosambiekers kom hier die grenspos oor sonder paspoorte en dokumente. Hulle ry vragte en vragte goedere wat nie verklaar word nie oor die grens en dan smokkel hulle sigarette , staal, skoene na S.A. Die polisie en die weermag is nie instaat om die hordes te beheer nie. Wil nie eens praat van die voertuie en swaar vragmotors wat van S.A gesmokkel word nie.

Jan maak n plan ·

Nee nee hierdie mense kan nie terug gedeporteer word.nie. Hoe verwag julle moet die regering die stemmery eersdaags weer wen.

Pietman ·

Dank die Vader dat hulle nog nie enige nut vir n teerpad het nie. Al gedink hoe ry ons op grondpad hoofroetes as hulle dit kon oprol en wegdra?

Charles Austin ·

Die president se voorbeeld word gevolg, net op n kleiner skaal.

Andre K ·

100% korrek Charles . Ons mense sal mos betaal as ons uitgevang word en verkoning gemaak het !!

emiel ·

Ek wil net weet aan wie verkwansel hulle die goed. Dis duidelik dat dit n hele netwerk is. Sal nie verbaas wees wie almal betrokke is nie.

tamboti ·

Winston, dis wat ek vrees. Is daar nog onderskeid tussen reg en verkeerd in ons landsbestuur? Ons sien daagliks hoe die reg en geregtigheid met leuens en sloer taktiek gesystap word – of sommer “flat ignored” word. Hoe onbeholpe en korrup die SAP is wat sukkel om te verstaan hoe hul wet en orde moet handhaf.
Is daar nog ‘n greintjie van eerlikheid in ons regering? Of is hul enigste motief om wetsgehoorsame burgers te melk en hulself te verryk? Kan daar nie ook ‘n lek in die regerings finansie inligting wees soortgelyk aan die “Panama” dokumente nie?

Scalla ·

Solank daar n afset vir die skroot is sal dit nie stop nie, skroothandelaars is net so skuldig, smaak my al die ystervarke is al uitgewis in die buurlande en nou word hul uitgenooi om hul onwettige bedrywe hier voort te sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.