’n Spoorsnyer is Saterdag deur twee leeus in die Marakele-wildtuin naby Thabazimbi in Limpopo verskeur.
Malibongwe Mfila (27) het ten tyde van sy dood as spoorsnyer by Marataba Safari Lodge in die wildtuin gewerk.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê Mfila het vermoedelik in die park rondgery op soek na diere sodat hy hul ligging aan die gidse kon deurgee wat later besoekers op wildbesigtigingsritte sou neem.
Mfila het in ’n stadium stilgehou en uit sy voertuig geklim en is toe deur twee leeuwyfies aangeval en verskeur.
Nog ’n persoon het verbygery, gesien hoe Mfila verskeur word en dadelik die bestuurder van die wildtuin in kennis gestel wat op sy beurt die polisie ontbied het.
Die leeus is aangetref waar hulle steeds besig was om Mfila te verskeur en is van kant gemaak, sê Hlathi.
Rey Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het die voorval as tragies bestempel en sy medelye betuig met Mfila se familie, vriende en kollegas.
’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
Korreksie. Die korrekte naam is Marataba Safari Lodge. Dis ‘n plesier
Vraag – Hoekom die leeus van kant maak? Ek het simpatie met die lewe wat geneem is, maar dit is natuur, en die persoon moes nie uit die motor geklim het nie – ek vind dit tragies dat die diere nou moes “uitgehaal” word, en dit kon verhoed geword het, deur `n tweede persoon dalk saam op die rit gewees het? Jammer – maar dit maak nie sin nie
Nou word die arme leeus weer uitgehaal….watter tragiese verhaal
Té veel nuus gebeure oor die goeie prys van leeu gebeendere
Ai jai jai jai jai