Spoorsnyer deur leeus verskeur

Argieffoto bloot ter illustrasie.

’n Spoorsnyer is Saterdag deur twee leeus in die Marakele-wildtuin naby Thabazimbi in Limpopo verskeur.

Malibongwe Mfila (27) het ten tyde van sy dood as spoorsnyer by Marataba Safari Lodge in die wildtuin gewerk.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê Mfila het vermoedelik in die park rondgery op soek na diere sodat hy hul ligging aan die gidse kon deurgee wat later besoekers op wildbesigtigingsritte sou neem.

Mfila het in ’n stadium stilgehou en uit sy voertuig geklim en is toe deur twee leeuwyfies aangeval en verskeur.

Nog ’n persoon het verbygery, gesien hoe Mfila verskeur word en dadelik die bestuurder van die wildtuin in kennis gestel wat op sy beurt die polisie ontbied het.

Die leeus is aangetref waar hulle steeds besig was om Mfila te verskeur en is van kant gemaak, sê Hlathi.

Rey Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het die voorval as tragies bestempel en sy medelye betuig met Mfila se familie, vriende en kollegas.

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Thelsa ·

Korreksie. Die korrekte naam is Marataba Safari Lodge. Dis ‘n plesier

Megan Swart ·

Dagsê Thelsa
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Mari ·

Vraag – Hoekom die leeus van kant maak? Ek het simpatie met die lewe wat geneem is, maar dit is natuur, en die persoon moes nie uit die motor geklim het nie – ek vind dit tragies dat die diere nou moes “uitgehaal” word, en dit kon verhoed geword het, deur `n tweede persoon dalk saam op die rit gewees het? Jammer – maar dit maak nie sin nie

Vernon ·

Want die mensdom ag homself bo alles en regverdig alles. Stem saam, maak nie sin nie maar nou ja.

Genis ·

Ek stem saam, JY as mens betree hulle jagveld… wees versigtig, kyk, wees n paar persone…

koos10 ·

Mari, ek verstaan wat jy sê, maar leeus wat eenkeer geleer het dat mense maklike prooi is gaan dit weer en weer doen.

Cornel ·

Nou word die arme leeus weer uitgehaal….watter tragiese verhaal

Cornel ·

Té veel nuus gebeure oor die goeie prys van leeu gebeendere

Anel ·

Die berig is baie misleidend. Het hy nou spoor gesy of rind gery en wild gesoek? As hy goed opgelei was, sou hy nie afgeklim het waar die leeus was nie. Dalk was daar kleintjies naby wat hy wou gaan kyk het. Almal wert jy kom nie naby leeukleintjies nie. Ma’s sal hulle verdedig. Ek kan verkeerd wees maar ek dink dalk het hy ‘n bossie gesoek en alle veiligheidsmaatreëls oor boord gegooi. Ons sal nooit wat die regte storie is nie. En dit was verkeerd om die leeus vakant te maak. Dit is hulle omgewing. Ons is oortreders.

Chantel ·

Om WATTER verregaande rede sal hulle leeus in hulle natuurlik HABITAT van kant maak!!! Ek verstaan dit nie glad nie, dalk moet MM vir ons ‘n artikel hieroor doen.

Mickey ·

Innige simpatie aan die onskuldige diere. dus maar net hul instink om aan te val. dus hoekom hulle wilde diere is

Clssf* ·

Is daar enigsins ondersoek ingestel of hierdie leeu wyfies dalk welpies in die omgewing gehad het voordat hulle net geskiet is? Dalk was dit die rede dat hulle die man aangeval het?

Mariska ·

Dit is hartseer dat die leeus van kant gemaak moes word, maar die rede is as ‘n leeu eers mensbloed geproe het sal hy aanhou om mense te soek as kos, want dit is nou ‘n maklike teiken, dit is waar mensvreters vandaan kom. Die spoorsnyer was ‘n maklike prooi gewees en hulle het gedoen wat leeus doen en dit is vang en vreet en hulle sal weer mensvleis gesoek het om te vreet en dit is vir alle leeus, luiperds, jagluiperds, dit is hartseer maar daar was geen ander manier gewees nie.

Casper ·

Mariska dit is jammer jy is so oningelig oor leeus se gedrag.Hulle word slegs mensvreters as hulle nie meer op wild kan jag nie.Daai man was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek en het die reëls van die natuur oortreë.Daai leeus was nie mensvreters nie en sou weer op wild jag gemaak het.

koos10 ·

Casper, ek stem saam met Mariska. As jy vir jou KCF kan gaan koop, hoekom sal jy dan self die hoender wil vang en slag. Gaan lees gerus op oor die leeus van Tsavo in 1898. Hulle het sowat 135 mense gedood.

Mariska ·

Ek weet bietjie van leeus af daarom my response, ou leeus wat deur hul trop uitgegooi word en nie meer kan jag nie ja gaan vir maklike prooi soos beeste, en skape en uiteindelik ook mense, maar as hulle eers mens bloed geproe het maak nie saak hoe jonk die leeu is nie gaan hulle weer vir die maklike prooi want dit is nie moeilik om te vang nie en is stadiger as jou normale wild. Ja die man moes maar beter gekyk het voor hy uit die voertuig geklim het. Ek bly in Botswana op n plaas en ja die leeus kom na die krale vir maklike prooi van beeste tot mense en dan praat ek van jong leeus, nie die swakes nie.

Casper ·

Nou kla en kerm mense oor ‘n kameelperd wat wettiglik gejag word en vleis aan baie mense verskaf.As jy te voet is soos die man en daar is leeus dan is dit nag.Daar is baie minder leeus en renosters in die natuur oor as kameelperde.Selfs in parke word leeus en renosters gestroop nie vir vleis nie maar vir geld.

Marietjie ·

Hoekom die leeus van kant maak as dit in hul habitat was? Die spoorsnyer is dan opgelei en was seker bewus van die gevaar as jy jou voertuig verlaat in ‘n wildernis gebied.

Pieter J ·

Hierdie kon nie ń baie goeie spoorsnyer gewees het as hy sulke onnosel dinge doen nie.

NuusUil ·

Dit is nie die Khalahari nie . As jy wil diere sien maak soos die res van ons klim in jou voertuig en ry deur die Wildtuin . Hy het geweet daar is wilde diere en as n leeu honger is dan is hy honger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.