Sport op vlak 3: Só gaan dit werk

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Wedstryde vir kontaksportsoorte sal na verwagting eers tydens vlak 1 van die afsonderingstydperk toegelaat word.

Dit het Saterdag aan die lig gekom tydens ʼn mediakonferensie waar Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, meer inligting gegee het oor die invloed van vlak 3 op sport, kuns en kultuur. Die land skuif Maandag oor na vlak 3 van die afsonderingstydperk.

Daar is tydens die mediakonferensie op sport gefokus aangesien mense wat professionele sport beoefen ingevolge die regulasies vir vlak 3 mag voortgaan daarmee mits sosiale afstand behou word en geen toeskouers teenwoordig is nie. Mthethwa het bevestig deelnemers aan nie-kontaksport sowel as kontaksport mag weer oefen.

Sportterreine is egter nie oop vir die publiek nie. Sportwedstryde word weer toegelaat, maar slegs vir nie-kontaksportsoorte en sonder enige toeskouers. Slegs die deelnemers, wedstrydbeamptes, joernaliste, mediese beamptes en televisiespanne mag teenwoordig wees. Van die nie-kontaksportsoorte wat wedstryde sal mag aanbied, sluit tennis, atletiek, skaak en krieket in.

Volgens die minister is sy departement deurlopend met sportfederasies en -liggame in verbinding. Gimnasiums, sportterreine en swembaddens bly gesluit behalwe vir professionele atlete om te oefen en professionele nie-kontaksportwedstryde.

Alle sportliggame moet binne 14 dae na die publikasie van die regulasies die minister skriftelik in kennis stel van hul gedetailleerde plan vir die hervatting van aktiwiteite. Daar moet ook operasionele riglyne verskaf word, wat insluit ’n waarborg in die vorm van beëdigde verklarings wat verband hou met die toetsing van alle amptenare.

Daar was ook vrae oor sportsoorte soos branderplankry en gholf. Vusumusi Mkhize, direkteur-generaal van die departement, het in die verband uitgebrei oor bespiegelings dat die koronavirus moontlik in water kan oorleef. Hy het egter benadruk dat branderplankry en swem as nie-kontaksport geklassifiseer behoort te word en dit behoort dus ook vir swemmers en branderplankryers te geld.

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Rakende gholf het Mkhize gesê gholfbane kan ook slegs heropen vir professionele mense om te oefen en deel te neem soos die geval is met ander nie-kontaksportsoorte. Mkhize het dit egter duidelik gemaak dat al die regulasies slegs van toepassing is op professionele atlete wat ʼn bestaan maak uit sport en dus betaal word om daaraan deel te neem. Deelname aan sport vir ontspanningsdoeleindes word dus nog nie toegelaat nie.

Sportaktiwiteite in brandpuntgebiede bly egter verbode. Masserings, fisioterapie (behalwe vir beseerde spelers), ysbaddens en saunas is ook verbode. Alle stadions, sportvelde en ander sportfasiliteite moet voor die tyd behoorlik ontsmet en skoongemaak word voordat aktiwiteite hervat kan word. Fasiliteite moet daarna ook gereeld ontsmet word en daar moet aan sosiale distansiëring en ander beheermaatreëls voldoen word.

Alle kuns-, kultuur- en erfenisbyeenkomste word steeds verbied, met die uitsondering van godsdiensbyeenkomste waar daar nie meer as 50 mense mag wees nie.

Nagklubs, kasino’s, plekke wat akkommodasie verskaf, private en openbare wildreservate, kroeë, museums, strande, openbare parke, teaters en bioskope bly ook gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willemien

Ons mag honderde gelyk in checkers wees, maar nie in groepe van 4 gholf speel nie? Dit sal buitendien goed wees as die mense toegelaat word om ander aktiwiteite te beoefen, sodat hulle nie so in die kruideniers winkels heeldag drom nie.

sterk soos n beer

hoekom bly strande en parke gesluit? hoe kan mens korona opdoen as mens alleen op die strand en alleen in die park is?

Leon

Dit blyk dat elke department n vorige een wil oortref met die breindooie en drakoniese, irrasionele regulasies! Wat n grapspul. Was dit nie so ernstig nie kon mens sekerlik daaroor lag. Pateties om die minste te se.

Willem

Wat is fout met wildtuine en reservate. Is hul bang ek loop tussen olifante in

marius

Atletiek ? Gaan hulle met hoepels en kruisbande hardloop om nie sosiale distansie te breek nie ? Hoe ontsmet jy ‘n golfbaan of atletiek veld ? Waneer gaan hierdie mense ophou twak praat ?