Sportafrigter geskors ná molestering-bewerings

ʼn Sportafrigter van ʼn groot hoërskool in Johannesburg se noordelike voorstede moet weer op 12 Maart in die hof verskyn op aanklagte van molestering.

Die 33-jarige afrigter van Bryanston High School is op 17 Januarie vanjaar in hegtenis geneem vir dade wat hy na bewering van 2017 tot verlede jaar met leerders gepleeg het, het kapt. Granville Meyer, woordvoerder van die Sandtonse polisiestasie, Dinsdagoggend aan Maroela Media bevestig.

Die verdagte is borgtog toegestaan in die landdroshof in Alexandra en moet weer op die tweede Dinsdag in Maart daar voorkom.

Luidens berigte is die man geskors nadat drie meisies aantygings teen hom gemaak het. Hy is daarna in hegtenis geneem nadat ʼn 17-jarige leerder en haar ma ʼn klag van molestering teen hom ingedien het, berig News24.

Die polisie ondersoek ook die saak.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, sê intussen in ʼn verklaring hy is beïndruk deur die “flinke optrede” van die skool se beheerliggaam teen die verdagte, wat betrokke was by sportafrigting en in diens van die beheerliggaam was.

“Die beheerliggaam het die onderwyser (sic) dadelik geskors nadat die klag in Januarie vanjaar onder hul aandag gebring is,” sê Lesufi. “ʼn Ondersoek deur ʼn onafhanklike regsfirma is afgehandel en … sy [dissiplinêre] verhoor word vir 5 en 6 Februarie beplan. Die polisie ondersoek ook die saak.”

Intussen het Gauteng se onderwysdepartement sy psigo-maatskaplike eenheid na die skool gestuur om “die nodige steun en berading aan die betrokke leerders te bied”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stella ·

Kan die manne wat dit doen nie n les leer nie? Daar is nou al hoeveel uitgevang met dieselfde oortreding en hulle gaan nie ongestraf daarvan afkom nie.
Kan dit nie verstaan nie,,wat n siekte!!

Stripes ·

Stella ons leef in ‘n siek wêreld. Met gevalle soos die is dit egter nie altyd so maklik om te ondersoek of te bewys nie. Ek ken nie die agtergrond van die saak nie maar met die nodige bewyse/ooggetuies/ander klaers se getuienis is die kanse goed dat sy tevrede sal wees met die hofuitspraak.

GM ·

Stella, in vandag se tyd kan mens ongelukkig nie net aanvaar dat die persoon skuldig is nie. Ek het al van BAIE gevalle gehoor waar groepies saamgestaan het en gelieg het oor verkragting/molestering om iemand by te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.