Sporthoë in sop oor spoed

Argieffoto

ʼn Welbekende in sportkringe is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo 175 km/h op die N4-snelweg buite Nelspruit gejaag het.

Moeti Mmusi, ʼn woordvoerder van die Mpumalanga- departement vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die man, ʼn sokkerpromotor vir Mamelodi Sundowns in Pretoria, is ná sy inhegtenisneming op borgtog van R500 vrygelaat op voorwaarde dat hy Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn, waarna sy naam eers genoem mag word.

Hy het glo 175 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gesê hy is bekommerd oor die 68-jarige promotor se optrede.

“Hy het na bewering in sy Mercedes Benz AMG die spoedgrens oortree. Die optrede is onaanvaarbaar as ʼn mens in ag neem hoeveel sokkerspelers oor die afgelope jaar op die land se paaie gesterf het,” het Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, Sondag gesê.

Zwane het namens die RTMC die verkeersbeamptes geloof wat die wet afgedwing het sonder om die promotor enige gunste te bewys.

Die man moet Maandag in die Nelspruit-landdroshof versyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Piet Pompies ·

Hoe is dit moontlik dat hy gedurende die naweek borg gekry het. Gewoonlik word ‘n oortreder toegsluit tot hy voor ‘n regter verskyn…

Tersia ·

En net R500 Borg???? Genade sluit toe en gooi die sleutel weg

Tersia ·

En net R500 Borg???? Was dit nou een van ons gewone mense het ons nou nog in die selle gesit !!!!!!

Johann ·

Hoop hys betyds vir sy verhoor? In sy AMG MERC! Lekker kultuur van nuwe elite wat doen dink en sê volgens hulle nuutgevonde finansiële aansien…als behalwe disadvantaged, laaaaaankal meer taking advantage.

Vermeende ·

Hoekom is dit nuus, ek meen maar net, burgermeesters en laer amptes word teen hoer snelhede begelei na amptelik vergaderings deur die verkeersdepartement.
Tog snaaks, wanneer n burger wette oortee dan is dit nuus maar wanneer dit n anc hoe is dan is dit aanvaarbaar.

jaco ·

Daars net 3 redes vir R500 borg oor ‘n naweek: regte velkleur, regte velkleur en regte velkleur.

Jan ·

1) Vir sekere klas geringer oortredings kan mens sogenaamde polisieborg by die polisiestasie kry.

2) Borg is nie ‘n straf nie, dit het bloot ten doel om ‘n persoon se opdaag en verskyning voor die hof, sekerder te maak.

3) Die risiko vir ontvlugting is heelwat laer by bekendes en hoë lui. Hulle is makliker herkenbaar en het gewoonlik vaste adresse, eiendom ens. Persoonlik dink ek ‘n waarskuwing sonder ‘n bedrag gekoppel, sal ook vanpas wees.

Lag maar net ·

Die enigste intelligente stukkie kommentaar op hierdie stuk.

Chris Ws ·

Soek solank ander werk sodat jy nie hoef te jaag nie.Ek is nie besorg oor jou nie Spoedvraat maar oor ander onskuldige mense wie se lewens JY in gevaar stel met jou jagery.Wat dink jy gaan gebeur sou jy ‘n voorband bars op daai spoed?Vra maar net.

Elize Louw ·

Niks maar niks gaan met die perd gebeur nie, as dit ek of jy was was dit nag vir ons.

Braam ·

Dalk is dit ‘n spelfout …… moet dalk R 500 bribe wees

Domvraag ·

Wat het die promotor se jaag te doen met die dood van sokkerspelers? Beteken dit dat die promotor daarvoor verantwoordelik is?
Sou n minister jaag dan is hy die oorsaak dat almal wat vir hom gestem het, jaag. Belaglik

marous ·

Gee vir hom en die sokker spelers elk ‘n dikwiel fiets en ‘n sand pad

Hendrik ·

Sporthoe, ek ken hom nie. Dit is duidelik ek beweeg in ander kringe , wetgehoorsame kringe.

Willie ·

Steve is ook bekend, syne 10 000, die sporthoe 500, dink dis maar wit op swart?

marthie botha ·

omdat hy n bekende in sportkringe is word sy naam weerhou, lekker né borg is cheap of was die res vd borg in iemand se sak en publiseer sy naam hy is nie verhewe bo ander nie

Riette ·

Wats dit deesdae dat niemand se name genoem word meer nie.
Was dit ek of jy was ons name in hoofletters uitgesaai, want dink nou Pietie, as jy so vinnig ry gaan hulle mos se jy was onder die invloed en kon sóveel katte,soveel honde en kids doodgery, en wat van die ongelukke wat jy kon veroorwaak het??
So, ek dink dié tipe oortreder behoort met “intent om moord te pleeg” aangekla word!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.