Sportkwotas: ‘AfriForum, Solidariteit lewe in die verlede’

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, die minister van sport, het Woensdag teruggekap teen AfriForum en Solidariteit se planne om regstappe te doen teen Mbalula se transformasieplan vir Suid-Afrikaanse sport, deur die organisasies as “agterlike ekstremiste” te beskryf.

Mbalula het in April ʼn herrie veroorsaak toe hy aangekondig het SARU, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA mag voortaan nie gasheer speel vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie, aangesien hulle volgens hom nie hul transformasieteikens bereik het nie.

Die burgerregteorganisasie, AfriForum en die vakbond Solidariteit, het daarna aangekondig hy sal hom tot die arbeidshof wend om Mbalula se transformasieplan teen te staan, aangesien Mbalula se stappe, volgens die twee organisasies, op onbillike arbeidspraktyk neerkom. Solidariteit en AfriForum sal ook klagtes by die Verenigde Nasies (VN), verskeie internasionale sportliggame en die internasionale arbeidsorganisasie (ILO), teen sportkwotas indien.

Mbalula het Woensdag op die twee organisasies se aankondiging gereageer deur te sê AfriForum en Solidariteit se reaksie is nie verbasend nie. “Hierdie dreigement is te wagte van groepe agterlike ekstremiste wat hulself voordoen as verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse volk. Hierdie groepe verteenwoordig nie ons mense of hul belange nie, maar word gedryf deur ʼn begeerte om in die verlede te bly en nie die toekoms wat ons ons voorstel, te aanvaar nie,” het Mbalula gesê.

Hy het gesê enige groepe wat die besluite wat geneem word om sport in Suid-Afrika te transformeer teenstaan, bedreig die toekoms van Suid-Afrika. “Daarom sal die departement van sport en ontspanning veg teen enige uitdaging wat deur AfriForum en Solidariteit gestel word in ʼn poging om ons transformasieplan te vertraag,” het hy gesê.

“Diegene wie se voete in die verlede geanker is, sal nie tevrede wees met hierdie maatreëls nie. Transformasie, gelykheid en regstelling van die verlede, is die kern van ons Grondwet en AfriForum en Solidariteit staan vir die uiterste teenoorgestelde daarvan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Kobus Du Plessis ·

Rasse kwotas is streng teen die Internasionale Rugby Raad (IRR) se reëls. Die logiese stap sal wees om ‘n petisie aan die IRR te stuur waarin hul hierop attent gemaak word. Hierdie petisie sal internasionaal geloods moet word deur groot rugby lande soos Nieu Zeeland, Australië, Frankryk, ens te betrek. Die IRR sal hierop moet reageer en kan selfs SA spanne verbied om internasionaal te kompeteer. Hierdie is ‘n uitvoerbare aksie as dit reg hanteer word. Dit kan ook help om ‘n “Sportmanne teen Rasse Kwotas” groep te stig wat die saak fisies dryf.

Kasper ·

Kobus,ek stem heelhartig saam met jou , maar ek dink daar sal van dadels kom. Onthou dit is nou swart op wit rassisme , en nie andersom nie, dus gaan die wereld net skouers optrek en anderpad kyk. Ons blankes verdeien dit mos volgens die buiteland.

Kobus Du Plessis ·

Rasse kwotas is streng teen die IRR se reëls. Die logiese stap sal wees om ‘n petisie aan die IRR te stuur waarin hul hierop attent gemaak word. Hierdie petisie sal internasionaal geloods moet word deur groot rugby lande soos Nieu Zeeland, Australië, Frankryk, ens te betrek. Die IRR sal hierop moet reageer en kan selfs SA spanne verbied om internasionaal te kompeteer. Hierdie is ‘n uitvoerbare aksie as dit reg hanteer word. Dit kan ook help om ‘n “Sportmanne teen Rasse Kwotas” groep te stig wat die saak fisies dryf.

Ben Prinsloo ·

Mbalula ek gaan jou wys ek is nie agterlik nie en jy het my sopas ooreed om n swart span te steun, die span met die varingtjie op hulle bors. Die span is so goed met transformasie dat hulle word tot genoem die All Blacks. Ek gaan jou verder so tevrede stel Mbalula dat ek vir jou wil sê ek het nou die WIT vlag gehys teen jou springbokspan.

Poplap ·

Ben, dink jy regtig dat hy sleg sal voel indien jy nou die AB’s steun?

JC ·

Hy glo net wat hy self se. Gelykheid en die regstel van onbillike praktyke van die verlede is dalk kernbeginsels van die Grondwet, maar nie transformasie nie. (soos dit in elk geval ook nou gedoen word deur die regering)
Die verwesenliking van ‘n staat waar gelykheid seevier, met geleenthede en gelykberegting (kies op meriete) vir almal om hulself te bewys, nieteenstaande ras, geslagtelikheid ens; en die uitbou van die beginsel van eenheid deur diversiteit-is onder andere van die kernbeginsels van die Grondwet. Nou is die staat weereens besig met onbillike praktyke aangesien rassekwotas ONBILLIK DISKRIMINEER op grond van ras, en neerkom op ongemagtigde staatsinmenging in sport WAT VERBIED WORD DEUR VERSKEIE INTERNASIONALE SPORTLIGGAME! Hoe duidelik moet mens jou nou eintlik hieroor uitspreek totdat daar geluister word weet nugter alleen! Daarom maar weer Howe toe, die beskermhere van ons grondwet en grondwetlike regte!
Maar bg. duidelike en ooglopende diskriminasie sal nie ingesien word deur die maghebbers nie, slegs ‘n self-ontwikkelde rasse ideologie wat neerkom op rassisme!

Dup du Plessis ·

Gee aan die regering die beheerde spansporte, hou geld weg van hierdie federasies en laat hulle toe om hul eie kele af te sny…..laat dit soos ons sokker word, verwyder ook asb die springbok van rugby en gee dit ‘n ander naam…….die staat kan nie die publiek dwing om na iets te gaan kyk waarna jy nie wil nie……vir seuns wat dit regtig as beroep wil doen is daar ‘n hele wereld daar buite wat wag en teen baie beter vergoeding…….

Thanks ·

Fikile beledig is besig om swart mense indirek te beledig. Dit gaan lankal nie meer oor swart of wit nie maar oor wen of verloor. Hy is die ou wat in die verlede vas klou. Of wil hy net stemme werf?

Pietman ·

Kobus, stem heelhartig saam. Maroela, bring hierdie skrywe onder bg 2 organisasies se aandag asb. Al wat n mens hierdie kapokkie se tjank aftrap, is om op n weldeurdagte, waterdigte manier, die korrekte kanale te gebruik. Slaan hulle met die reg, en dan hoor jy hom ook nie weer n ‘grap’ probeer in Afrikaans maak nie. (Hy dink mos as hy kan vloek, lag die Boere!)

Tiger ·

Kan iemand my se wat kom maak die IERE hier?Hulle moet nie toegelaat word om hul vliegtuig te verlaat na hy hier geland het nie!Hy moet net daar en dan terug gestuur word .Dan sal die rugby wereld se ogies begin oopgaan(dalk!)

Meneer ·

Die toekoms waarna hulle verlang (wie die “hulle” ook al mag insluit?) bestaan alreeds. Ek was self nog nie daar nie, net baie gehoor van die land. Seker ‘n uur of twee se reis per vliegtuig in ‘n Noordelike rigting. Sjoe! Onthou ek nou! Hulle (wie ook al dit mag insluit?) was óók nog nie daar nie!

Knikkebollen ·

Die Minister se woorde bewys weereens dat ons nuwe bedeling in der waarheid ‘n verwesenliking van die konsep van die Diktatuur van die Proletariaat is.

Johann ·

Ja minister. Jy speel eerste en tweede en derde span in jou eie verbeeldings wereld van sport(s). Meer belaglik kán ‘n mens nie!!!!!!!

HEVW ·

Solidariteit en Afri Forum, ignoreer die rassis en gaan voort.

Lance ·

Presies wat ek verwag het …onttrek en laat hom op sy eie voort pleotter en doen jou eie ding sover moontlik …natuurlik kom alles nou weer na vore …soos die verlede rasisme en en en …tog so voorspelbaar …gaap

Gideon ·

Wie leef in die verlede, Minister jy moet jou oë oopmaak en sien dat jy erg diskrimineer teen alle witmense en jy veroorsaak dat ‘n goeie swart speler gesien word as net ‘n speler wat daar is omdat sy kleur reg is!!

Theo ·

ek het na die praatjie oor die radio geluister, waar die omroeper met die adjunk minister van sport n onderhoud voer, n afrikaner, en sy woorde was hy sal met dirk praat, hy ken hom goed. sy woorde was om sy gemaklike lewe te red, soos die berig in die soldariteit tydskrif, gerig aan linkse wit mense, sulke mense beskryf. Wonderlike berig.

magda ·

Ja, hy is ‘n regte kapokkie!!! As jy dom is, is jy dom!!!! AfriForum gaan asb voort, ek steun jul 100%

John ·

‘Agterlike ekstremiste’? Wat sou die minister homself en sy trawante noem? Rassistiese bullebakke? Kyk net hoe geslaagd is die sokkerspan. Sowaar iets navolgenswaardig.

Henry ·

Hierdie sot verdien geen reaksie nie.
Boikot gewoon alle kwota sport.
Dit is baie makliker as om tyd en ruimte aan die hanswors en sy lakeie in die besture van die onderskeie provinsies te vermors.

Kobus ·

Ek stel voor ons bly weg van stadions af en ondersteun glad nie die sport nie. Ek self was baie erg oor rugby maar die feit dat die politisie inmeng is dit gald nie meer n plesier om te kyk nie. Ons maak grappe van onsself. As ons nis die geld daarin ploeg nie sal hul gou begin stil bly oor kwotas. Sè vir my of hul droewige ondersteuners tugby gaan ondersteun teen die prys wat ons betaal by stadions…

Chris ·

Ja Minister, ek stem saam met Gideon. Jou eenogige siening maak nou dat ek alle swart spelers in die Springbokspan onwillekeurig beskou as “geplante” kwotaspelers, wat net daarin is om die Springbokspan ‘n donker kleur te gee. Eintlik doen jy die swart spelers wat wel hulle plekke in die span met hul spel verdien, ‘n groot onguns. Daar sal nou ‘n stigma aan hul verdienste in die span kleef, As gevolg van jou!

Theo ·

Raak fikele dalk nou al reeds benoud omrede Afriforum hom gaan aanvat???

Janneman ·

Ek voel regtig jammer vir Adrian Stauss in die hele polimiek. Hy is n goeie man wat gaan slapelose nagte he met n liggewig span.
In die proses om Mbalule gerus te stel het Coetzee ysters uit sy span gelaat. Ek voorspel dat ons 3 plekke gaan verloor op die ranglys teen Desember. Ek voorspel ook dat ons dalk nie meer 1ste in Afrika gaan wees teen 2020 nie.
Hofsake is goed Afriforum maar dit vat tyd. Ek stel voor ons moibiliseer nou vir n totale boiket van die Iersde toetse. As daar skielik nie meer geld is om hierdie mense n salaris te betaal nie sal hulle dalk besef dat hulle nie alleenreg oor ons sport het nie. Ek glo as julle in Rapport, internet en ander dagblaaie n boiket roep sal die oorgrote toeskouers dit ondersteun.
Ek hoor graag van julle oor die voorstel.

Vixie ·

Hi Janneman, briljante idee! Hoe kan ons almal mobiliseer om glad nie meer rugby te gaan kyk nie. Ek is nie op Facebook nie, maar dit is dalk ‘n goeie platform? Miskien moet ons daai man van OUTA ook sommer nader om die inisiatief van die grond af te kry

Poplap ·

Die maklikste en doeltreffendste metode om kwotasport en kwotarugby te beveg, is om gewoon nie sulke byeenkomste by te woon nie Is tog makliker as om uit ‘n boom te val en vereis geen oproepe en allerlei veldtogte nie.
Doen dit net.

Baas ·

En hul wat so moan oor apartheid…….is dit nie ook “lewe in verlede nie?”

Johannes Comestor ·

Kom ons herinner Mbalula aan die verlede. Die ANC/UDF het bv vandalisme gepleeg en bomme geplant en geeis dat politiek uit sport gehou moet word. Nou leef Mbalula vir politieke inmenging in sport mits dit wittes benadeel en swartes bevoordeel. Daar is nie iets soos ‘n Suid-Afrikaanse nasie nie. Daar is net ‘n Suid-Afrikaanse bevolking wat uit wettige en onwettige inwoners bestaan. Daardie “ons” waarna Mbalula verwys, is net (of hoofsaaklik) die swartes.

christine ·

Boikot Rugby sooo hart as ons kan. Sien hoe vinnig hulle weghol as daar nie geld is nie gaan ook vir spelers wat daar is net vir geld laat dot om naams wil nou tot einde kom ek is trots om te se ek kyk al n jaar nie rugby nie. Tewens ek kyk glad nie sport nie. Ek pak my gesin in die kar ry na die naaste kekery koop my kinders se melkskommels dink n bier en geniet die pragtige blomme LEKKER MAN BAIE LEKKER kindertjie gelukkig vrou tevrede gaan huis toe braai duurder stukke geniet regtig die hele gesin en op die koop toe meer veilig

GJ de C K ·

Seuns en Dogters van die Christendom: Staak alle hoë vlak kompeterende sport (deelname en toeskouing) vir 12 maande! Gebruik daardie tyd om meer op jou knieë voor God te staan, meer aandag aan jou geliefdes te gee, en ekstra tyd om jou medemens en omgewing te dien. Gaan besoek daai boetie, sussa, pa, ma of kind met wie jy in onmin is en maak reg voor dit te laat is. Verwyder die afgode en keer jou rug op die baäls (“celebrities”). Sal God jou dan nie weer oprig en die honde verjaag, jou paaie gelyk maak en jou van voor en agter beskerm nie? Kyk na Jesus: die Outeur en Voleinder van ons geloof – wat het Hy vir jou en my prys gegee! Gedenk (en onthou) ons voorgangers, die wolk van getuies, wat in Sy teenwoordigheid staan om vir ons rekenskap te gee: mag hulle dit met blydskap doen!

Dan kan ons weer sport speel en ondersteun met eer (wen of verloor).

Louis ·

G J de CK ek stem 100% saam met jou . As hierdie woorde net wil omsit in dade. Ek dink as ons almal daad werklik ons tot die HERE wend en bekeer sal dit beter met ons gaan. Ek bid alreeds vir herlewing in die land. Wie bid saam ?

jovelash ·

Met rugby groot geword, sien deesdae net die telling op die nuus.

Ahooy ·

Het in enig geval belangstelling in rugby verloor. ek sien reeds die uitwerking van kwotaspelers.
Fikile moet nou nog net swem en golf ook dwing om te transformeer!!! Dis dan totaal blank!!!??

John ·

Die saak staan so: ‘n Wit speler word as kaptein van ‘n onervare span aangewys. Tweedens sodat die wit paviljoengangers en seisoen-kaartjiehouers ‘n rat voor die oe gedraai kan word, maar eerstens sodat, indien die powere span nie presteer nie, die kaptein die loesings kan vat. Uiteindelik gaan hy in die pad gesteek word en ‘n ‘ware’ kaptein aangewys deur ons edele die minister van sport, veral weens sy groot kennis van rugby en die geskiedenis. Alles wat hierna verkeerd loop sal uiteraard toegedig word aan die wit kaptein, die afwesige wit geld en ondergrawery deur wit onsigbares.

Pam ·

Ai Mbalula, skep vir jou n ander “nasionale span ” en noem hulle sommer iets soos Die Swart Witpense ! Jy krap waar dit regtig nie jeuk nie. Kyk hoe lyk Bafana Bafana ? Hoe goed presteer hulle ? Waar staan hulle op die ranglys ? Op oefenkamp, hoeveel van hulle daag eers n paar na die aanvang van kampe op ? Jy wil mos nou die raskaart omhoog hou !

Theuns ·

Julle het seker die spreekwoord gehoor”Saved by the bell”. Ek kan die selfde se van “Saved by Maroela” Dankie Maroela dat julle my teen myself beskerm! As ek darem daai kort manetjie in die hande kry sal ek………………..!

Rynhardt ·

AFRIFORUM E EN SOLIDAEITEIT, FW DE KLERK EN KIE. HET DESTYDS BY KODESA GEONDERHANDEL VIR DIE IMPLEMENTERING VAN VRYHEIDSMANIFES OP ELKE GEBIED, DAAROM VERSTAAN BAIE MENSE DIT NOG STEEDS NIE.AFRIFORUM EN SOLIDARITEIT DIE HOWE GAAN OOK TRANSFORMEER COLGENS DIE VRYHEIDSMANIFES! DIE REGTER JANSEN GEVAL HET COSATU EN ANC HERRINNER AAN DIE TRANSFORMASIE VAN HOWE! MENERE DIE HOWE GAAN JUL NIE HWLP NIE! SA EN ONS WAS UITVEEKOOP OP N SKINKBORD MET HEERLIKE KOEKIES EN TEE!!

Pietie ·

Hoor gereeld s so n klomp snert van n sg. “minister” wat so duidelik illustreer dat dié spul minder as niks van hulle portefeulje weet nie!. Die maklikste en goedkoopste manier om hierdie arrogante karakter op sy plek te sit is dat ALLE sportborge alle borgskappe vir spanne wat nie SUIWER OP MERIETE gekies is nie, opskort. As alle toeskouers ook alle wedstryde (watter sportsoort ookal) doodeenvoudig boikot as dit n span is wat nie SUIWER OP MERIETE gekies is nie, sal hierdie lagwekkende persoon gou n ander deuntjie sing. As daar sportmanne en vroue is wat hulle sportsoort verder wil voer as n beroep, gaan na n land waar jy jou passie en vermoeëns ten volle sal kan uitleef.

Soccer tjommie ·

So beteken dit dat halfte van Bananas Bananas ook darem wit gaan word…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.