Sportminister is “Nar van die Week” – VF+

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Die Vryheidsfront Plus het hul stem dik gemaak saam met die vakbond Solidariteit en burgerregte-organisasie AfriForum oor Fikile Mbalula, minister van sport, se voorneme dat nasionale sportspanne binnekort ʼn kwota van 60% swart spelers moet bevat.

“Die kwota-uitsprake en dreigemente van Mbalula is so ver verwyder van die werklikheid van die professionele sportwêreld en so gevaarlik afbrekend vir nasiebou dat dit hom ongetwyfeld die week se toekenning van ‘Nar van die Week’ besorg,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport, in ‘n verklaring gesê.

Mbalula se uitlatings die afgelope naweek dat die land se nasionale sportspanne eersdaags 60% swart spelers sal moet bevat en dat hulle internasionale deelname ontsê sal word indien dié ‘transformasieteikens’ nie bereik word nie, het skokgolwe in sportkringe veroorsaak.

Volgens Alberts wys die uitbarsting van openbare verontwaardiging oor Mbalula se uitsprake duidelik dat die minister in ‘n bynes gekrap het.

“Die arrogansie en onkunde wat uit die voorstelle blyk, is verstommend. Waar sport sedert die eerste Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1996 tot en met die laaste Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika gebruik is om nasiebou te bevorder, word dit nou gebruik om verdeling en rassewrywing te veroorsaak. Die arrogansie van Mbalula om die wêreld te dreig dat ons spanne nie teen hulle gaan deelneem nie, slaan die asem weg,” het hy bygevoeg.

Alberts het sy kommer uitgespreek oor die impak wat Mbalula se uitlatings op borgskappe en die ondersteuning van sportsoorte soos rugby en krieket as die spanne sal hê. “Dit gaan nie net sportmanne se loopbane en lewens vernietig nie, dit gaan sport in Suid-Afrika vernietig.”

Lees ook:
Mbalula se raskwotas vir sportspanne is onwettig
Klagtes teen SA sportliggame wat voor regering se kwotadruk swig
Nuuskommentaar: Gaan SA weer sportisolasie tegemoet weens kwotas?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marianne strydom ·

Wat van die sokker. Gaan hulle ook n kwota wit spelers kry. Of tel sokker nie as n nasoinale sport nie

Rudi ·

Het jy al vir Bafana gesien speel? Nee wat, hulle is g’n ‘n nasionale span nie!!

Hennie ·

Mbalula is ‘n idioot wat rasisities is!!!…..O wee, hy is van ‘n anderster kleur en mag nie so genoem word nie….&^%$#$%^

david ras ·

Mbalula is eintlik mampara van die maand—korrreksie, van die jaar ! Nog ‘n korreksie:een van ‘n hele rits Mamparas .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.