Sportminister se dreigemente oor BLM-kniebuiging ‘ongrondwetlik’

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: VF Plus)

Die minister van sport, Nathi Mthethwa, se dreigemente teen sportlui wat nie die knie voor die Black Lives Matter (BLM)-ideologie wil buig nie, is ongrondwetlik en verkeerd.

Só het die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, tydens die debat oor BLM in die parlement gesê. “Suid-Afrika se Grondwet maak voorsiening vir vryheid van assosiasie en indien die minister dink hy kan deelnemers aan sport of enigiemand anders verplig om voor BLM te buig, onderwerp hy hulle aan Marxisme.”

Mthethwa het die Suid-Afrikaanse spelers in die Gallagher Premiership se besluit om nie die knie vir die Black Lives Matter-beweging te buig nie, bevraagteken. Hy was ook met Saru se president, Mark Alexander, in verbinding hieroor. “Ons wil graag weet wat aangaan en wat SA Rugby se houding hieroor is,” het Mthethwa gesê.

Groenewald is egter van mening dat BLM niks anders is nie as ʼn Marxistiese beweging en dat dit enige Suid-Afrikaner se grondwetlike reg is om te weier om te kniel voor ʼn onaanvaarbare ideologie. “Die VF Plus doen ʼn beroep op elke persoon wat nie die knie wil buig nie, om sterk standpunt hieroor in te neem en hulle te beroep op die Grondwet.

“Die stigters van BLM is ʼn selferkende, radikale neo-Marxistiese beweging wat uit eie erkenning daarop uit is om Westerse waardes te vernietig en wat ʼn openlike anti-wit-veldtog voer.”

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die dood van George Floyd in Amerika laat die vraag ontstaan waarom dieselfde ophef nie gemaak word van die dood van Collins Khosa wat in Suid-Afrika deur swart soldate doodgeslaan is nie, meen Groenewald.

“Oor Khosa se dood was daar geen oproer of onluste nie. Was dit straks omdat dit swart-op-swart-geweld was? Die VF Plus is gekant teen enige vorm van polisie-brutaliteit of rassisme. Dit sluit enige wetgewing of instelling in wat ras as vertrekpunt gebruik.”

Groenewald het gesê die VF Plus sal voor niemand kniel ter bevordering van enige beweging nie, maar sal net kniel voor God en voor geen ander mens of om geen ander rede nie.

Die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut), het nie Vrydagaand die knie voor hul wedstryd teen Harlequins gebuig nie.

Die spelers het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby against Racism” daarop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

DieKriek ·

Hoe is BLM relevant in Suid Afrika? Dis n beweging geskep deur n minderheidsgroep in die VSA. Suid Afrika het n swart meerderheidsregering met baie wette teen minderheidsgroepe. As mens die oorhand het en jy het nog steeds n kruk nodig, is jy pateties verby.

katerinadiekat ·

Presies. Ek dink die meerderheid in hierdie land sal net tevrede wees wanneer elke sielsalige blanke pennieloos op straat sit. Maar dan sal hul natuurlik onder mekaar begin blameer en baklei. Want as jy nie die vaagste begrip van die konsep “persoonlike verantwoordelikheid” het nie, plus n onblusbare minderwaardigheidskompleks – Dan dryf jou psige jou genadeloos om altyd Iemand te vind om te blameer vir jou persepsie van slagofferskap.

Sobymykoolkop ·

Waarop die aangestelde kader van sport Suid Afrika voorberei is dat, wanneer rugby hervat alle SA spanne SAL buig voor mammon, die springbok kaptein heel eerste. Dalk, net dalk sal die orige rugby ondersteuners ook finaal die lig sien en rugby soos die res van ons, vaarwel toeroep

Marius ·

Jy sien Nathi , mense gaan nie net spring omdat julle (anc) so se nie . Daar is baie mense met sterk waardes en normes . “All lives matter” !!! Dit is my reg om te besluit vir wat ek wil knie of nie . God is die enigste rede vir my en gelukkig baie ander mense ook . Kry n lewe , dit is gratis .

agnes ·

Ons stem absoluut saam met VF plus en kom in opstand teen die BLM se kniebuiging voor die duiwel. Ook ons Sal net vir onse GOD die kniebuig. Verseker en ten alle koste

Kosie ·

Dankie Pieter, hoop jy vat die rassistiese mthethwa vas hy is nie eers versonderstel om n minister te wees met sy rassistiese uitlatings nie, net n bewys dat die anc net vir swart staan maar die wittes se belasting geld is goed.

Harry ·

Tussen hierdie man en Floyd Shivambu is daar net een sin………it takes one to know one.

Sobymykoolkop ·

Wat die aangestelde kader in effek vir Rugby suid afrika gesê is dat, wanneer rugby hervat, die rugby spelers dit SAL doen.

Porseleintjie ·

Dis nou die tyd dat die kaf van die koring geskei sal word. Vriendskap met die wêreld ( kniel voor blm) is vyandskap met God. Kniel voor God is vyandskap met die wêreld.
Wat gaan die mens beheer? Vrees vir God of vrees vir die mens?

Persheks Adri ·

Almal van hulle spring op die wa! BLM kan NIE op ons af gedwing word nie. Hy’s ‘n pateet en die feit dat hy sê hy gaan ons jag is regtig onvaspas!!!

Adam Adriaan ·

Mnr die minister, almal weet jy is ‘n kommunis. So moet nie jou jakkalsstreke hier kom uithaal waar dit nie welkom is nie. Bepaal jou by die groot probleme wat jy en jou president en die ANC, het. Julle is besig om van die afgrond te val. Kyk liewers hoe jy julle val gaan keer sodast julle nie ‘n paar bene en arms verloor nie.

Anoniem ·

Stem saam met Sobymykoolkop. Die blankes het deur die jare rugby wedstryde baie goed finansieel ondersteun en die stadions was propvol. Die laaste 26 jaar het die anc alles wat vir ons belangrik is weggeneem (of altans probeer). Sou ons totaal en al van die stadions wegbly, sal die kaptein en sy anc maaitjies besef dat hulle dinge te ver gevat het.

JJ ·

Dit is hoe dit werk. Speel sport en word ondersteun. Speel politiek-sit TV af. Gevolg is tanende kyker getalle en lee paviljoene. BLM sal ‘n goeie span in die veld kan stoot en maar sukkel om iemand te kry om teen te speel. Die wortels van die BLM is vasgeslaan in kommunistiese ideologie en Nathi, die belaglike mannetjie, het waarskynlik nie eens die manifes daarvan gelees nie.

Andre ·

Wat nou besig is om te gebeur is uiters uiters onheilspellend en ‘n groot bedreiging vir demokrasie. Sonder om in detail te gaan oor die agenda wat reeds duidelik wys watter rigting die regering gekies het , kan net nie meer langer gewag word om so gou moontlik van hierdie onpadwaardige bus wat nog net verwoesting gesaai het waar hy gedraai het. Ware statistieke lieg nie so ontleed elke aspek waar die regering betrokke was en dan kan ons bepaal wie se besware wel geldig is en gewig dra

Nell ·

“… en ons sal hulle jag omdat ons die pyn ken wat rassisme veroorsaak.” Dit was ‘n uiters gevaarlike en onverantwoordelike uitlating/dreigement om te maak, Mthethwa en ek hoop Afriforum of wie ook al vat jou behoorlik vas daaroor.

Hercules ·

“i am a Bible believing, cross bearing, born again Christian and follower of Abba Father, Jesus Christ and the Holy Spirit – i will only bow my knee before Jesus Christ and no government minister will tell me otherwise”

tweeling ·

Die mag spel is ooglopend, het dit duidelik met die kopdoek vrou gesien

gatgogga ·

BLB is ‘n rassitiese ideologie.
Enige slagspreuk wat enige spesiale behandeling vir ‘n sekere rassegroep vra, is rassisties.
So eenvoudig soos dit – geen debat nodig nie.
En as Matetwa dit nie kan begryp nie – moenie sleg voel nie minister, jy is nie die enigste ANC kader wat deurmekaar is nie.

gatgogga ·

Ons moet rugby ook transformeer na dieselfde vlak as Bafana sokker.

stargazer ·

Wanneer gaan mathethewa verantwoording gee vir sy rol in Marikana as polisie minister. Black lives don’t matter to him or the ANC

Jakes ·

Voetsek Nathi Mtetwa. Nie jy of enige van jou kaders sal my dwing of na jou belaglike voorstelle te dans nie. BLM is rassisties en dit moet aangespreek word.

Jr ·

Mnr Groenewald u is net ‘n prater en ‘n nie doener. Ek het vir julle gestem. Maar hoo ek weet nie. Solidariteit en Afriforum vat hierdie voorentoe soos net julle kan. VF kry goons asb

Jr ·

Dit is geskrywe in die enigste Wet waarop ek gehoorsaam is – Die Bybel. Evil will become Good and Good will become evil.

JohanR ·

Het julle in die laaste 5 maande enige intelligente ANC minister gesien? Covid-19 het rerig die 30 percenters uitgebring! Hier het nog een voorentoe getree. As ek wil buig buig ek, as ek nie wil buig dan buig ek nie. Kan al sien dat ‘n Suid Afrikaner nie in 2021 vir die Olympiese Speele gekies sal word tensy hulle by die opening die knie buig. Daar sal baie sport manne en vroue wat sal moet kies….God of Mammon?

Althes ·

All lives matter! Hoekom is Black lives matter se lewe meer belangriker as myne of enige ander ras?

Jr ·

Dink hoe val alles in plek. ESPN AFRICA × 2 kanale is terug gebring DSTV toe. Watse sporte is op – bofbal , Amerikaanse voetbal , basketball al die sports wat knie buig. Nou word dit op my geforseer in my eie sitkamer. No ways.

Willem ·

Waar is die optogte vir die wit kind wat deur swart buurman geskiet is

Nic ·

Dit is puik gestel. Dit is tog jou keuse voor watter god jy jou knieg sal buig. Baie geluk aan die wat sterk staan te midde van ander se swakheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.