Sportnutsvoertuig beland in swembad

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Sportnutsvoertuig het Vrydagoggend in  ʼn inwoner van Rooseveltpark, wes van Johannesburg, se swembad beland ná ʼn botsing met  ʼn ander motor.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing tussen die twee voertuie het by die kruising van Vyfdestraat en Wenningweg gebeur.

“Die sportnutsvoertuig het ná die botsing deur ʼn eiendom se grensmuur gebars en in ʼn swembad tot stilstand gekom,” het hy gesê. “Gelukkig het nie een van die twee bestuurders enige beserings opgedoen nie. Die mense wat op die perseel bly, is ook ongedeerd.”

Dit is die tweede voorval waarop ER24 vandeesweek reageer het waar motors op eienaardige plekke beland het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man van Kwamakhutha in die suide van Durban het Donderdagoggend met ʼn skok wakker geskrik en afgekom op ʼn motor wat deur sy huis se dak geploeg en halfpad in die woonkamer gehang het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het toe aan Maroela Media gesê  ʼn man het omstreeks 08:30 op ʼn pad met ʼn effense helling langs die huis gery toe hy iets getref het wat die motor die lug laat inskiet het. Die motor het deur die huis se dak geval en met die enjinkap na bo in die huis se leefarea tot stilstand gekom.

“Die persoon het glo in die slaapkamer langs die leefarea geslaap toe hy wakker geskrik het van ʼn harde slag,” het Rossouw gesê. “Niemand is in die voorval beseer nie.” Klik hier om foto’s van dié toneel te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

Al meer vlieëniers met motors? Wonder maar oor die soort spoed op land.

Peet Schabort ·

Dan Winston lyk daardie een in die swembad ook meer na ‘n Sports Niksnuts voertuig.
Die kruiwa op die foto lyk nou na ‘n beter belegging . . .

Peet Schabort ·

Met Pieter Wenningweg in beide rigtings ‘n STOP en Vyfdestraat die reg om te ry.
Ja-nee, een STOP-teken té veel is geïgnoreer. En die ander een wat kon ry het seker 60km/h gery . . . ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.