Sportster in hof ná jaagtog

Happy Jele by die hof (5 September 2017) Foto: Lindi Masinga

Happy Jele, ʼn sokkerspeler vir Orlando Pirates, het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose bestuur en dat hy vinniger as die voorgeskrewe 120 km/h gery het.

Die saak is tot 19 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Sy borgtog is verleng.

Jele is Maandag deur die Sandton-polisiestasie vrygelaat op statutêre borgtog van R1 000 nadat hy teen 223 km/h op die M1-snelweg in Sandton gery het.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het vroeër aan die hof gesê Jele moet nie enige spesiale behandeling kry nie. “Ek versoek ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming,” het hy gesê.

Kagiso Setati, vir Jele, het gesê sy kliënt was in die oggend in die hof, maar hy moes iets gaan doen het en sou om 12:00 terugkeer. “Ek het met hom gepraat en hy het gesê hy is besig om te oefen,” het Setati verduidelik.

Toe Jele by die hof aangekom het, het die landdros hom berispe en gesê: “Besef jy die ongerief wat jy vir die hof veroorsaak het?”

Setati het aan die hof gesê Jele het geen vorige skuldigbevindings nie.

Simon Zwane, woordvoerder vir die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het buite die hof gesê Jele se optrede is deel van die oorsaak van talle padsterftes in die land. “Jong mense kyk op na hoëprofielpersone soos hy, en ons steun op hulle om ʼn voorbeeld te stel sodat mense hulself behoorlik op die pad kan gedra. ʼn Verskoning is nie genoeg nie, en hy moet die gevolge van sy optrede dra.”

Zwane het gesê as hy skuldig bevind word, kan dit daartoe lei dat Jele se rybewys opgeskort word of hy kan ʼn boete opgelê word.

Jele het Maandag ʼn verskoning uitgereik vir sy “roekeloosheid” en gesê hy aanvaar volle aanspreeklikheid vir sy optrede. Hy het aan die publiek, die klub en sy ondersteuners om verskoning gevra en gesê hy besef hy het talle persone teleurgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Laat dit vir hom ‘n les wees. Volgende keer mag hy dalk nie so gelukkig wees !

Tiger ·

‘n Tik op die hand en ‘n bevel “moet dit nie weer doen nie gehoor” en siedaar – einde van die storie.Bewys my verkeerd Maroela Media!

lion ·

uhm…. hoekom moet maroela media jou verkeerd bewys as hulle n aanlyn koerant is en die hof Jele moet straf vir sy oortreding? duhhhh.

Adam ·

Tiger, ek is bevrees jy is verkeerd en jy sal op MM lees dat die knaap ‘n lywige boete gaan kry. Daar is deesdae min genade vir mense wat die spoedgrens so ver oorskry.

Gert ·

Wat van R 20 oop Borg. Hy lag daai boetes af. Sokker klub betaal. Hoekom me die hof beslag op jul voertuie nie. Het hy lisensie. Haha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.