Sportster jaag weens ‘siek kind’

Argieffoto

ʼn Sportster is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo meer as 220 km/h op ʼn snelweg in Gauteng gejaag het.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het gesê die man, ʼn sokkerspeler vir Orlando Pirates, is op die M1-snelweg naby Sandton gevang waar hy in ʼn 135i BMW teen ʼn gemiddelde spoed van 223 km/h in ʼn 120 km/h-sone gejaag het.

“Toe verkeersbeamptes daarin kon slaag om hom te stop, het hy beweer hy was op pad na sy siek kind toe,” het Nxumalo gesê. “Daar is later vasgestel dat die inligting onwaar is en net ʼn verskoning was.”

Die man is kort daarna in hegtenis geneem en na die Sandton-polisiestasie geneem waar hy formeel van roekelose en nalatige bestuur asook ʼn spoedoortreding aangekla is. Die man moet binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn vir sy borgtogaansoek.

Lees ook: Sportster sê jammer ná jaagtog

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lientjie ·

En dan is dit seker nog ‘n sponser se voertuig waarmee hy so gejaag het!

Johan ·

Skande!!!Lieg nog oor se eie kind se siekte… wat toe nooit bestaan het nie…Vertrou dat sy onskuldige kind nie in die nabye toekoms ernstig siek raak nie…

jaco ·

sy ras is “reg” dat daar niks van die klag teen hom sal kom nie.

Uvonka ·

Hy het gejaag omdat hy wil en kan. Ras en die feit dat hy “ster” is sal defnitief in sy guns tel, dit is mos hoe dit gaan deesade.

Gert ·

Ons het hier in Tzaneen so rooi Mercedes wat so jaag hy skreeu dan vir almal hy is untoucheble ras is reg dan is jy untoucheble.

Vermeende ·

Van 0 tot 120 in 4sek is niks,
Van die lewe tot die donker graf in n oogwink!

JJ ·

Dit is skrikwekkend as jy sien wat mense van ‘lewe’ dink. Ek moes die naweek op hoofroetes in Pretoria en Johannesburg ry met ‘n motorfiets en ek moes gereeld die spoedgrens vêr oorskry net om voor te bly en dan veilig in die linkerbaan in te beweeg. Blykbaar is 170km/h net reg vir ‘n ‘ Baby on board’ voertuig met vrou wat kinders vervoer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.