Sportster sterf in Bethlehem-botsing

Richard Henyekane. Foto: Golden Arrows

Richard Henyekane. Foto: Golden Arrows

Die sokkerspeler Richard Henyekane is een van die oorledenes in Dinsdagoggend se botsing naby Bethlehem in die Vrystaat.

Maroela Media het vroeër berig vyf mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor op die N5 gebots het.

Lebohang Maketa, woordvoerder van die Free State Stars-sokkerklub vir wie Henyekane op die veld uitgedraf het, het Dinsdag gesê hy het saam met ʼn man en drie vroue gereis toe die botsing plaasgevind het. “Hulle is op slag dood,” het Maketa gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê albei voertuie was aan die brand toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Henyekane se tweelingbroer, Joseph, is in Desember dood. Joseph was ook ’n sokkerspeler en het vir Black Aces en Golden Arrows gespeel.

“Dit is ʼn hartseer tyd vir die familie wat Joseph vier maande gelede moes begrawe. Dit is ook ʼn groot verlies vir die sokkergemeenskap,” het hy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.