Sportterrein van R15 m. ‘manifestasie van ANC se munisipale verrotting’

Jane Cowley (middel) en Helen Zille tydens ‘n besoek aan die sportterein. (Foto: DA)

Die armoedige en substandaard sportterrein wat munisipale amptenare in Lesseyton aan gemeenskapslede oorhandig het, is ʼn belediging vir die mense wat daar woon en dit is verwerp met die minagting wat dit verdien.

Só het Jane Cowley, DA-LPW en leier van die Enoch Mgijima-kiesafdeling, gesê nadat sy en Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, Donderdag die sportterrein naby Queenstown in die Oos-Kaap besoek het.

Die Enoch Mgijima- plaaslike munisipaliteit het onder skerp kritiek deurgeloop nadat hy Maandag foto’s van die splinternuwe Lesseyton-sportterrein gedeel het. Dié terrein het glo R15 miljoen gekos om op te rig. Die munisipaliteit het ná hewige kritiek die foto’s verwyder.

Die munisipaliteit het egter kort daarna in nog ʼn Facebook-plasing teruggekap en verduidelik wat die omvang van die projek behels het, waaronder die oprig van ʼn 780 m lange palissade-omheining, asook die aanlê van ʼn rugby- en sokkerveld, ʼn atletiekveld, ablusiegeriewe en kleedkamers, ʼn rioolstelsel en ʼn staalpawiljoen.

Volgens Cowley het die DA al verskeie kere ʼn beroep gedoen vir ʼn forensiese ondersoek na die bestuur en prysstruktuur van munisipale infrastruktuurprojekte wat onrealisties hoog is, altyd vertragings ondervind en ook die gebruik van substandaard materiaal en vakmanskap uitgelig.

“Die sogenaamde sportterrein is weinig meer as steierwerk, ʼn droë en harde veld, en rugbypale wat platgeval het. Die kleedkamers het ook geen lopende water nie en kan dus nie gebruik word nie.”

Die begroting vir die omstrede projek was glo aanvanklik R22,7 miljoen waarna dit tot R15 miljoen verminder is.

“Die DA het professionele kundiges in die bedryf genader wat die koste van die bestaande struktuur in berekening gebring het. Volgens hulle is ʼn baie ruim skatting van die werk en die bestaande strukture, met inagneming van die substandaard materiaal wat gebruik is, sowat R4,85 miljoen.”

’n Skermskoot van die eerste plasing wat die Enoch Mgijima- plaaslike munisipaliteit van die Lesseyton-sportstadion op Facebook gemaak het.

Cowley het gesê die DA sal aandring op ʼn volledige forensiese oudit rakende die projek en dat die party aan Xolile Nqatha, Oos-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, sal skryf om vas te stel watter maatreëls daar is om partybeamptes, administrateurs en diensverskaffers wat saamspan om munisipale koffers te melk, strafregtelik aan te kla vir selfverryking.

Nqatha, wat vroeër ʼn volledige verslag oor die aangeleentheid van die munisipaliteit versoek het, het ook Donderdag die sportterrein besoek. “Ek is nie ʼn tegniese kenner nie, maar na gelang van wat ek gesien en gelees het, sal ek sê daar is geen waarde vir geld hier nie,” het hy ná afloop van die besoek aan die media gesê.

“Daar moet verantwoording gedoen word oor die kwessie of behoorlike prosesse gevolg is by die aanstelling van die diensverskaffer en wat werklik gebeur het. Ons sal voortgaan met ons ondersoek en verseker dat daar gevolge is vir diegene wat hiervoor verantwoordelik is.”

Nqatha het gesê dit is duidelik dat daar ʼn vermorsing van belastingbetalersgeld was met die oprigting van die sportterrein.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jack ·

Nee wat.Wat kan ons se ? Die skuldiges is seker lankal al weg en het al vergeet van die lekker bonus wat hulle hier gekry het.

Baardman ·

Nou vra ek weer: Was die DA dan nie ook op die raad toe die beplanning en oprigting plaasgevind het nie. Waarom wag tot die geld vermors is en dan agterna kundiges inbring om ‘n kosteberekening te doen. NEE DA, dit werk nie so nie. Dit maak julle MEDEPLIGTIG !!!

C-Monster ·

Baardman, het jy al in ‘n munisipale vergadering gesit waar die oorgrote meerderheid ANC lede is? Die blote feit dat daar “reëls” is en dat die DA teenwoordig is, beteken NIKS!!
Die gemors steur hulle doodewoon nie aan reëls nie.
Hulle steur hulle net nie aan enige vorm van integriteit nie en stoomroller enige vorm van weerstand. Ek sal nie verbaas wees as plaaslike DA lede met die dood gedreig is as hulle enige iets sê nie.

Baardman ·

Swak verskoning, hulle kan die provinsiale leiers inlig oor die situasie of die saak in die pers of op sosiale media openbaar. Maar om net te aanvaar is nie n opsie.

Nie Verbaas ·

Dis waar, dit help geensins om na die tyd te kerm nie. Dit bemoeilik net die taak om fondse te herwin. Die tipe van ding moet in die kiem gesmoor word nog voor dit begin. Ek glo egter dat talle amptenare in posisies is waarvoor hulle net doodeenvoudig nie die intellektuele vermoë het nie en ook waar persoonlike finansiële gewin die botoon vier.

Nie Verbaas ·

Thumbs down, dit is ongelukkig die waarheid al sien jy dit nie so nie.

Keelvol ·

Ek stem met jou saam Baardman. Die DA laat oor hulle stoom roller. Kyk na die Phoenix plakkaat debakel. Hoe maklik het hulle toe gegee. Die DA blaf die heeltyd net maar kry niks reg nie.

Misky ·

Mens raak al keelvol vir dieselfde storietjie…… dit word ‘ondersoek’ en dan sê hulle die skuldiges sal verantwoordelik gehou word. En dis die laaste van die storie en jy hoor nooit weer niks nie.

Nie Verbaas ·

Soos ek al gesê het, ANC moet maar liewer bly by konstruksie van hoenderhokke. Die mense het geen standaard en waardes nie en dan probeer hulle dit nog regverdig ook.

Pieter ·

En die belastingbetalers wil ook nie wakker skrik en standpunt in neem hoekom kerm almal so.

Daleen ·

Wat stel JY voor HOE moet die belastingbetalers standpunt inneem Pieter?

Asgat ·

Ek stem saam Daleen, as ons dit waag om nie ons belasting te betaal nie stuur hulle die balju na jou huistoe, of hulle wag tot jou salaris in jou bank inbetaal word dan vat hulle alles sonder enige kennisgewing. Ek wil ook weet HOE ons moet standpunt in neem.

Kokerboom ·

Ekt voorheen gevra en vra weer: Waar is betrokke Minister en LUR’e? Hoekom word ALLE be-oogde uitgawes deur munisipaliteite NIE gemonitor? Dis mos nou al ‘n 27 jarige probleem?

Hondjie ·

Kom ons wees bietjie realisties…dis anc standaard.so niks is vout ni

C-Monster ·

Daardie “atletiekbaan” het my byna blind van van woede gemaak. Daardie oppervlak is SO ongelyk, dis ‘n gesondheidsrisiko!!! Mense sal hulle enkels breek op daardie baan.
Die BELEDIGING vir daardie gemeenskap se intelligensie en menswaardigheid het my net met totale ongeloof en sprakeloosheid gelaat!!
As daardie projekbestuurder en die munisipale bestuur wegkom met hierdie gemors dan WIL die gepeupel nie ‘n beter lewe hê nie . . .

C-Monster ·

Voordat plaaslike gemeenskappe nie opstaan vir hulle regte en die gemors uitstem nie, gaan niks verander nie. Dan verdien hulle wat hulle kry. En dan sal Jan van Riebeeck steeds die blaam kry vir die nuwe rugbypale wat stukkend is, en die swak atletiekbaan wat kinders se enkels gereek het , en die swak gesondheidsdienste wat nie eers Panados kon gee vir die eina nie.

Adelaide ·

So stink die hele regering en vrot munisipaliteite voort!

gpsa ·

In SA werk dit so. As hulle in ‘n skandaal betrokke is, wag maar net vir die volgende een, dan is die skandaal ou nuus en niemand steur hulle verder daaraan nie. Dit van gewoonlik ‘n dag of twee.
Dit lyk my ook dat al die amptenare ‘n kredietkaart het wat direk met belkasing geld gekoppelk is. Hoe gebeur die dinge so gereeld?

Zombie ·

As die amptenare nie te oud is nie, moet hulle vervolg word, probeer ek tong-in-die-kies sê. Baie mense kla mos as senior persone strafregtelik vervolg word. Kan hierdie nie as ń pragtige voorbeeld van gedekolonialiseerde sportgeriewe dien nie?
Op ń meer ernstiger noot, ek twyfel of daar iets van gaan kom. Word kaders nie maar beskerm nie?

Henk ·

Dis pateties verby. Red nou ‘n land met die onbeholpe klomp skaape. Net skandelik.

wessel ·

Volgens munisipale skrywes word verwys na “suspicious”/ “sceptic” tank…..ja wel….

Swerwer ·

Staal is duur hoor! Om nie eens van die mannekrag te praat wat aan die 15 Miljoen rand se sportterein moes help oprig het nie. Oe la la.

Pablo ·

Die mense wat glo dat die openlike korrupsie onder Cyril Ramaphosa gaan einde kry is brein dood.

Herman L ·

Maar hulle beloof die kiesers dat dinge nou anders gaan wees! Hulle het uit hulle foute geleer. Ons sal na die verkiesing weet hoeveel kiesers hulle steeds glo. Of moet ons eerder sê hoeveel kiesers steeds deel wil wees van die plundering van belastinggeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.