Sportverbod: ‘Ons het nog baie werk om te doen’ sê SARU

Jurie Roux. Foto: http://whoswho.co.za/

Jurie Roux. Foto: http://whoswho.co.za/

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU) het Maandag gesê hy verstaan en ondersteun Fikile Mbalula, die minister van sport, se siening dat die kwessie van transformasie in sport dringend aandag moet geniet.

Jurie Roux, uitvoerende hoof van SARU, het in ʼn verklaring gesê rugby het oor die afgelope twee of drie jaar ʼn groot hersiening ondergaan in die manier wat sake gedoen word en hoe SARU homself meet. “Ons het definitief baie vordering gemaak, maar daar is geen twyfel dat ons nog baie werk het om te doen en vinniger kan beweeg nie,” het Roux gesê.

“Transformasie is van groot strategiese belang vir SA Rugby om mededingend te bly en te oorleef in die sportlandskap in ons land. Ons barometer vir 2015 toon dat ons ons teikens in 11 uit 13 dimensies bereik het, soos ons met die regering ooreengekom het. Ons het baie vordering op en van die veld gemaak en oor die volgende paar maande sal ons toewyding aan transformasie nog duideliker word,” het hy gesê.

Mbalula het vroeër Maandag aangekondig SARU, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA mag voortaan nie gasheer speel vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie, aangesien hulle volgens hom nie hul transformasieteikens bereik het nie. Die aankondiging volg op die onlangse uitslae van die derde Eminent Persons Group (EPG) se 2014/2015 verslag oor transformasie in sport.

Roux het gesê hy is oortuig dat die verbod met die volgende verslag van EPG in November gelig sal word.

Hy het beklemtoon die verbod is nie van toepassing op bestaande toernooie, soos die Vodacom Superrugby-reeks, Castle Lager Rugbykampioenskap of die HSBC Kaapstad Sewes-reeks nie. Hy het bygevoeg SARU sal met die minister vergader oor hul hoop om die 2023 Rugby-wêreldbeker aan te bied, aangesien die bodproses reeds volgende maand begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Gary ·

Ruggraatlose en patetiese reaksie Jurie. Groei ‘n paar. Ek het geen verdere belangstelling in SA Rugby of Krieket nie. Klomp verloorders, nes SA sokker.

Loon ·

Ek stem saam, sal net wil weet waarvoor kruip die doplose slak gat?

Hendrik ·

Dit is wat die libirale afrikaners doen. Kyk hoe vernietig hulle selfs in die werksituasie die hardwerkende wit mense se loopbane deur orals ons uit te skuif om aan die BEE, kwotas en regstellende aksie syfers te voldoen. Hulle poste is natuurlik onaangeraak en hulle het vet bonusse en aftreepakette wat aangebied word in ruil om ons uit die werksplek uit te werk. Gin wonder al die groter Springbokke gaan speel oorsee. Hulle kry waarskynlik ook geld om dit te doen sodat daar meer plek vir transformasie is in die superspanne. Siek storie van S.A. Ek voel dat die wereldsport S.A. moet boikot omdat die land internationale sportreels oortree.

Willie ·

Dit is dan nou ook sommer die ideale tyd om Rugby se embleem van Springbok na Protea te verander.
Geen “kwota” span sal ooit volwaardige Springbokke kan wees nie, want hulle sal gekies wees omdat hulle kleur “reg” is.
RIP SPringbok….we will remember you…..

Paul ·

Die Springbok kan nou maar vrygelaat word om in vrede te gaan om sy selfrespek te kan herwin en die span kan die Nguni’s genoem word. Ons toeskouers kan wedstryde waarin ander spanne speel gaan kyk maar boikot die Nguni wedstryde tot gesonde verstand miskien eendag weer opgemerk word by die bestuur van rugby en hulle nul op ‘n kontrak minister en president.

Andrea van Vuren ·

Om van te ween. Hoekom gaan kyk hulle nie na die sokker ook nie? Wat goed (of sleg) is vir die een geld dit ook vir die ander!

Andre ·

Gedienstige slafues van die anc puppet masters. ‘n Skande vir wáre demokrasie.

Ras ·

Sover ek weet bly jy mededingend deur die beste te kies en nie na kleur te kyk nie. SA sport gaan tot niet gaan. Kan ons enige sportsman kwalik neem wat sy heil oorspeel gaan soek?

Vaalpiet ·

Gáán maar muurbal beoefen sit teen muur en speel met ‘n bal

louis ·

Ons spelers moet maar pak en gly want binne kort sal jul elk geval nie meer gekies word vir enoge span as jy nie swart is nie. Gaan speel elders en verdien daar groter en beter agting. Hiersal jy ñêrens kom al is jy die heel beste. Die ghoeroes wat rugby beheer is n klomp slap slakke wat niks beteken en mooi by die regering leer.

Andrea van Vuren ·

Dis presies wat Rassie Erasmus gedoen het! Hoop hul waardeer hom meer daar oorkant.

Werner ·

Jammer politiek meng met alles in, hoeveel ander kleuriges moet nou in die spanne wees? Afrikaners speel rugby en ons meng nie in met sokker nie, hoekom kan hulle nie net spelers op meriete kies nie? Ek is ‘n groot rugby liefhebber maar begin al hoe meer minder belang stel. Gaan alles oor kleur of oor afrikaans? Dankie minister van sport dat u alles suur maak!

Pienkes du Plessis ·

Het jy ook na die minister se lakei geluister, die Oosthuyzen-kêrel? Ons moet glo ons “huiswerk’ gaan doen sodat ons na behore kan transformeer.

Henk ·

Dalk tyd dat die mat onder die heer Mbalula se pote uitgeruk word en dat die IRB weer sanksies teen SA instel ?

Carmen Martens ·

Uitstekende idee. Dan is ons presies terug na waar ons 30 jaar terug was. Dis nou vir jou progressie. Dink dis ook dalk tyd dat ons dan nou maar rugby (en die ander genoemde sportsoorte) boikot – niemand gaan kyk nie, niemand kry geld nie. Fantasties.

Andrea van Vuren ·

Ek ruik ‘n rot. Daar is waarskynlik iewers geld onder die tafel deur gestoot. Stem jy saam Jurie?

Henry ·

Vir wat dit werd is Jurie…
Watse werk julle ou spulletjie manteldraers nog wil verrig, sal julle sonder die samewerking, bydraes en ondersteuning van my en my huis doen.
My pelle en ek het reeds vir ‘n jaar of drie nie meer ons seisoen kaartjies hernu of enige SARU rugby wedstryd bygewoon nie.
Tot tyd en wyl julle ou lotjie by SARU voortgaan om die korrupte ANC regime ter wille te wees, sal ons ook voortgaan om julle te boikot waar en wanneer ons dit kan doen.
O, ek weet dat dit uiteindelik nie van veel belang of betekenis vir julle en jul meesters is en aan wie julle so onbeskaamd onderdanig is nie.
Maar ou Jurie kepoerie…
Ons voel soveel beter omdat ons kan voortgaan om onsself in die spieël te betrag, sonder om rooi van skaamte te word.
Hoekom? Want ons is nie bereid om ons integriteit vir ‘n paar sikkels silwer in te boet nie.
Is maar hoe dit is.

Rita ·

Wat nog? Die stadions is al klaar so leeg. As jy kyk na skole sport. Niemand neem meer deel nie. En ek neem die kinders glad nie kwalik nie. Gaan aan Mnr die Minister. Daar gaan niks oorbly nie.

Dirk Kroonstad ·

Moenie worry Henk. Sanksies is nie ver weg weens selfde rede as tevore naamlik keuse op ras en nie meriete. Gaan ons nog ń Pinoccio sien. Dit was soms komies. MAAR as jy stemme verloor en bang is dan maak benoude katte benoude spronge. Dan sê jy maklik ander mense doen dinge terwyl jy miskien besig is met iets wat daarna lyk. As jy dinge op rasgrondslag wil doen dan sê jy vinnig ander is rassisties. Of dit waar is of nie. Dis weetligafleier wat jou beskerm

Anton ·

Dit is nou finaal, klaar met SA sport. Ek sal kliphard skree vir ‘n gekleurde rugbyspan as hulle op meriete gekies word. Rugby, krieket se voorland is selfde pad as ons wonderlike sokkerspan, 80 ste of so in wêreld. Dankie maar totsiens SA sport

Koos ·

Vanwaar gehasie? Jy sal nooit anc tevrede stel. As hulle jou klaar gebruik het, word jyself ook getransformeer!

E ·

Meeste mense stem maar saam as “zaks” aanloklik is. Geld wat krom is …

Chris Ws ·

Ek stem saam met Henk dat die IRB sanksies teen SA Rugby moet instel – met onmiddelikke effek !Hulle was vinnig om die hele rugby wereld ons te laat boikot in die tagtiger jare en hierdie is weereens net so goeie rede vir ‘n wereldwye boikot aksie teen SA.Die blanke spelers wat kontrakte oorsee aangebied word moet dit gryp want niemand bly vir altyd jonk nie!En om hier vir ‘n verloor span te speel agv “transformasie” is sekerlik nie die moete werd nie.Nou ja ek is in elkgeval klaar met SA rugby in geheel.DSTV se peper duur “premium ” paket is net nie meer die moeite (of geld!) werd nie.

Winston ·

Moenie die arme man so beledig nie. Hy probeer “polities korrek” wees met sy optrede. Soos ons almal. Of sommiges ten minste….die wat die taal spreek van wie se brood hy eet.

Arie ·

Die hele sarfu is n klomp ruglaatlose slapgatte! ek wil nie eers jurietjie se naam noem nie want hy hoort nie daar nie. Rugby is klaar soos ons dit graag wil onthou en dan is ek ook klaar met die nuwe protea span, want dit is volgende en die slappes het seker al reeds toegegee want hulle het rugby oorgegee sonder n woord. Totsiens Bokke sal julle nooit vergeet nie!!!

Ratel ·

Plaasmoord: 9 kommentare. Sportverbod: 119 kommentare. Julle moet julle prioriteite regkry.

Rita ·

Moorde is baie dieper as wat op die oppervlak lyk. Dis tragies rn hartseer. Beskerm jouself en glo.

jacobus ·

Nou gaan Saru eers kruip. Vir wat? Om nog verder te verloor? Om nog swart spelers met n kwota-stigma om die nek die wêreld in te stuur?. Die demografie van rugby in die land is by verre wit/Afrikaans. Vandaar die aanslag teen rugby. Dis teen die Afrikaner gemik. Niks met swart verteenwoordiging te make. Die aanslag het by Afrikaans in universiteite/skole begin. Nou word dit na sport uitgebrei.
SARU moet getransformeer word om die werklike demografie en kultuur van rugby
te weerspieël. Raak ontslae vd kruipers.

DR ·

Veiligheid verlore,, taal verlore,, sport verlore,, volgende… Eiendom verlore Dan Godsdiens verlore..

Danie Acker ·

Hulle sal nie rus voordat hierdie sport soorte ook só getransformeer is, dit ons niks meer wen nie. Ons is reeds goed op pad. Breek af wat nog werk.

Kadot ·

Hoekom nie dieselfde reels toepas op sokker nie of is dit nie Afrikaans nie

Percy Hall ·

Jurie sal moet help in Soweto wat net 2 Rugby velde het.

Liewe Heksie ·

Verraaier nes de klerk gee nou maar als vir hulle want as jy nie gee nie gaan hul inelkgeval vat SLAPGATTE blanke SPRINGBOKKE GAAN SPEEL OORSEE EN JULLE HET MY STEUN want wragtag ons gaan nog lekker SPORTS he met die nuwe geslag klomp drama queens

Pappa Beer ·

Waneer word sokker “getransformeer”? My seun sal maar gholf of n ander induviduele sport leer speel waar hy alleen vir sy sukses verantwoordelik is. Hoe gaan ek die seer in sy oe verwerk as hy die beste rugby of krieket speler is, maar daar word reguit vir hom gese dat hy nie kan span kry nie want hy is te “wit”?

Johann Marx ·

Dis maar swaar as jy moet cover vir jou kunsmatig opgeblaasde salaris en pensioentjie ou Jurie, is dit nie? Jou joppie is die volgende ding wat “getransformeer” gaan word…hahahaha

hans ·

Ingevolge van watter wetgewing mag die minister die sogenaamde verbod uitreik. Daar is mos nie n kriminele oortreding begaan nie. Saru kry mos hul befondsing van borge hoe hoe kan minister verbod plaas want staatsbefondsing is nie betrokke. . Kan nie dink dat n hof die optrede deur minister sal bekragtig nie. Hou op om so politiek korrek te wees nie.

Andrea van Vuren ·

Hans, wat dink jy gaan gebeur as die borge begin onttrek? Wie laaste lag…

Henri ·

Ons het nie so baie werk om te doen nie, nie in enige sport nie. As die ou wat nasionaal wil deelneem sy kant bring sal hy/sy gekies word, maar dit word mos gesien as ” ek moet gekies word op my velkleur al is ek nie opgewasse nie”
Terloops wat van sokker is dit nie ook oop vir “REG STELLENDE AKSIE NIE” OF IS DIT EKSKLUSIEF VIR SWARTES?

Oom Koos ·

Daar slaag Fikile in sy doel (weereens). Hy weet ons lief ons sport, nou trek hy net so n bietjie aandag weg vanaf sy Nommer 1 se mannewales.

Rieks ·

Aaaaai tog Jurie, in die kol lig en nou moet jy ook eiers lê! Hulle is so vrot soos jy. Die opmerkings gaan nie maak dat hulle vergeet van die ondersoek en klag teen jou nie~…

Ahooy ·

11 uit 13 dimensies???? Ek dog n rugbyspan het 15 mensies.???

Vicus ·

Ek wonder of Roux (miskien moet hy sommer sy van ook verander- of hoe Mannetjies?) en sy lakeie hoegenaamd weet en dink wat hulle doen. Hulle kweek n kultuur van “ag ek hoef nie goed te wees nie, my kleur sal my help”. Aan die ander kant van die skaal dryf hul alle goeie wit spelers om oorsee te gaan speel. Die aanstelling van die Springbok agterlyn afrigter bevestig ook hierdie absolute belaglikheid wat nou in rugby blykbaar die norm is. Ek voorsien dat daar n tyd gaan kom dat die top rugby spelende lande bloot gaan weier om teen die Springbokke? te speel. Jurie miskien moet jy sommer die naam na die Zambaks laat verander. Neuk alles op terwyl julle nou klaar goed op pad is. Die geploeter in die Superrugby reeks toon al reeds die tipe sukses waarna jul strewe. Die enigste span waarna ek nog kyk – die Lions – word beskuldig dat hul nog nie hul transformasieteikens bereik het nie. Komaan Lions, lig julle voete sodat julle op dieselfde vlak as die Southern Kings kan kom! lol

Lolla ·

Gaan groot, trasformeer dan kan elke speler weet hy is in die span oor sy spesiale vel kleur en nie oor sy God gegewe talent nie. Dit is ‘n groot jammerte want daar is regtig spelers wat hulle plek in die span dubbel en dwars verdien, en hulle sal altyd net bekend staan as kwota spelers, Dankie Saru

Done ·

As afriforum aan hou karring aan sport gaan ek my londersteuning onttrek. Dis reg maroela, sensor my stem.

Done ·

Jammer maroela, my fout, sien nou dit was onder ander artikel, en was nie gesensor nie, ek is net heel gewoond om gesensor te word, jammer! Dit gaan maar net daaroor dat afriforum wonderlike werk het om te doen op hoe prioriteitsareas in plaas van sport, want dis noodsaaklik om reg to fokus nou.

Leon ·

Hoe meer ek hoor van “transformeer”, hoe meer voel ek om te “formeer”!!

Egbert ·

Wat sal nie nig gedoen en gesê word om jou eie belange te beveilig nie!
Die sikofantiese rugby administrateurs het baie werk om te doen.
Julle het ook 45 miljoen potensiële toeskouers om die bestaande vyf miljoen te vervang wat reeds nie meer gaan rugby kyk nie

Pieter le Roux ·

Waar is al die getransformeerders elke Saterdag? Kyk hoe leeg is veral die stadion in Port Elizabeth laas week. Dis nou volgens SARU die bakermat van Swart rugby. As dit so is, skuil die rugby ondersteuners seker in sokker stadions op naweke waar hulle wil wees. Fikile gaan seker Disprin en Elastoplast by rugby ook wil transformeer, want dis Wit en dit werk! Privatiseer ses spanne met groot besigheid soos die IPL krieket en soeel krag teen krag. Kies dan 22 manne van daai liga en ek is seker dat oorsese spanne dan teen so meriete span sal kom speel. Die Springbok is dood! Lank leef die Spingbok! Go Swartwitpense, gaan transformeer sommer die odersteuners ook wat hekgeld en DSTV betaal. Gaan leen weer geld by Kebble en steel belasting geld om Floyd Mayweather se boks te gaan kyk. Jy en Malema was deel van die ANC jeugliga en kyk net hoe slim is hy. Wonder hoe slim is jy?

Jane ·

Ok ek verstaan nie wat van Bafana Bafana gaan daat wit spelers wees of die vrou sokker span waar is al die wit spelers daar, die engels se ” what is good for the goose, is good for the gander”

Johann ·

Jurie jou SSSSSSSlap GGGGGGGggaTTTTTT…Word jy betaal om agteroor te buig vir die ANC eerder as om rugraat te hê namens die rugbyspelers en sportliefhebbers? Skaam jou!!!!!

Roelf ·

Dit is ons eie skuld. Ons koop nogsteeds kaartjies vir wedstryde. Kyk nogsteeds ten duurste op DSTV. Ons gaan eet nogsteeds by die Wimpy en ander- alhoewel daar byna geen wit mense meer werk nie. Ons gee nogsteeds huishulpe werk ens.ens.ens. Ons ondersteun die verdrukking en rassisme teen ons eie volk. Ek het geen probleem met enige mens op aarde nie solank ek en my kinders gelyke regte het om te leef as kinders van God . Mens kyk sport vir die genot. Deur kwotas af te dwing sal hulle ander ras groepe ook moet dwing om te gaan kyk of verniet met busse aanry. Gaan nie werk nie. Punt

MJL ·

Ek wonder watter BEE-maatskappy gaan diè getransformeerde spannetjie borg.

alida ·

Net so slapgat en rugsteker soos die minister. Ek dog mens werk/speel vir jou plek ongeag jou kleur. Kies die beste speler en klaar.

Frans C ·

ja ‘m is dit nie dieselfde Jurie wat daarvan beskuldig word dat hy glo R32 miljoen van Stellenbosch se unversiteitsgelde verdoesel het om Matie-rugbyklub te befonds?

Done ·

By party Afrikaanse universiteite is rugby baie belangriker as akademie en dis waarom ons nou in die gemors sit.

Paul ·

Maklik soos dit Support glad nie meer SA sport of staduims nie kyk hoe vinnig sal hulle dan moet plan maak of al die staduims lyk soos die ou Boet Erasmus staduim uit mekaar gebreuk.

#FIKILEMBALULMUSTFALL

Donovan ·

Ek wonder net… wat sal dit aan n landjie soos Maurituis doen as hulle so 1m blanke RSA mense ontvang wat op hulle voete kan dink… ons voer in elk geval ons kos in, dink net hoe ekonomies sterk kan daardie land raak… klein kompak maar ekonomies vatbaar om bo alle omstandighede uit te stuig met n klomp findingryke nuwe burgers… Dubai, Hong Kong ens was ook klein eilande wat hulle met n plan of twee uitgebrei het… as Malta, Island of Man en al hierdie ander taxhavens n ekonomiese meka kan raak kan Maurituis ook… Miskien is daardie land meer openlik vir werk skepping en ekonomiese groei…

Done ·

Dit is n goeie idee. Ons sal inelkgeval meer welkom daar of in amper enige ander land wees as in hierdie diskrimenerende land.

Asjas ·

Ek het juis die naweek op Youtube gekyk oor die 10 armste lande en 10 kleinste lande ens. Een van die eilande is almal werkloos en sorg net vir hulle self. Dit het SOOOOO aantreklik gelyk om soontoe te trek!

Asjas ·

Jurie, stel die voorbeeld en gee jou pos vir ‘n nie-blanke vrou!!

Jacques de Villiers ·

Vat aan rugby en Afrikaners raak skuins beduiweld, want ons beskou rugby mos as volksbesit. Dit ten spyte van die feit dat rugby maar ‘n Britse uitvindsel is.

Ons vergelyk graag ons, meestal wit en Afrikaanse, Springbokspan met, die byna uitsonderlik swart, Bafana Bafana en impliseer daarmee ‘n genetiese superioriteit. Maar ons flous onsself as ons dink dat ons so goed in rugby is omdat daar iets geneties spesiaal aan ons is.

Die feit van die saak is, dat ons ‘n groot vis in ‘n klein dammetjie is. Die dag as die Amerikaners, of selfs Nigeriërs, rugby ernstig begin opneem, mag ons dalk vind dat ons nie so goed is as wat ons dink nie.

Sport is deel van die vermaaklikheidsindustrie, waar dit gaan om kaartjie-verkope, televisieregte en die verkoop van toerusting en ondersteunersdrag. In hierdie konteks is rugby net ‘n produk op soek na ‘n altyd groeiende mark en word transformasie meer as die politieke speelbal waartoe dit so maklik gereduseer word.

Ruik lont ·

Jurie is maar nog een van die navolgers. Kan net ‘n bietlie dink wanneer dit sy sak pas. Suid Afrika loop oor van hulle.

Weet Nie ·

Suid-Afrika gaan ‘n nuwe “movie” uitbring naamlik “Transformers IV”

Pond vleis ·

Jurie Roux, hoop nie jou pond vleis raak te duur nie, afterall moet jy met jou gewete saamleef!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.