‘Sportverbod strydig met internasionale regulasies’

rugby-springbok-logo-groot

Argieffoto.

AfriForum het Maandag gesê die verbod wat deur Fikile Mbalula, Suid-Afrika se minister van sport, op SA Rugby, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA geplaas is, is strydig met internasionale sportregulasies.

Mbalula het vroeër die dag aangekondig die vier hoof-sportfederasies mag voortaan nie gasheer speel vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie, aangesien hulle volgens hom nie hul transformasieteikens bereik het nie. Die aankondiging volg op die onlangse uitslae van die derde Eminent Persons Group se 2014/2015 verslag oor transformasie in sport.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê internasionale sportregulasies verbied enige vorm van politieke inmenging in sport uitdruklik. Kriel het gesê die organisasie sal sy regspan versoek om stappe te ondersoek om klagtes in dié verband by internasionale sportliggame in te dien.

“Die minister se verbod is niks anders as afpersing om sportliggame te dwing om die regering se rasse-ideologie van transformasie af te dwing. Die grootste hindernis tot toegang tot sportgeleenthede vir alle Suid-Afrikaners lê beslis by die regering,” het hy gesê.

Kriel het ook gesê dit is die regering se verantwoordelikheid om sportfasiliteite te verskaf en ’n onderwysstelsel wat goed werk te vestig om kinders aan sport bloot te stel. Mbalula het vroeër Maandag gesê hoewel die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) sy transformasieteikens gehaal het, hy teleurgesteld is in die swak vordering om sokker ook na voormalige model C en privaatskole uit te rol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Jordaan ·

Die regering steur hom nie eers aan die Internasionale Strafhof nie, waarom sal hulle hul steur aan sportfederasies?

Apie ·

Hahahahaha!! Sokker getransformeerd????? Word wakker my ou!!! Hahahaha

Marcel ·

Die sokker is mos so mooi getransformeer, kyk net hoe goed doen hulle internasionaal…..Dink hulle is soos 300ste in die wêreld of iets.

Andre ·

Dit sal tot gevolg hê dat ons sportlui groener weivelde in die buiteland gaan soek.
Ons gewilde sportsoorte sal dieselde pad as die sokkerspan loop en daar sal vir ons geen sport wees om te kyk Saterdae nie.
Hulle sal alles vernietig.

Gerrit Pienaar ·

Eers was ons land onder sankies oor apartheid. Nou sit ons onself sommer daar onder. Wat n JOKE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Klaas ·

Mbalula het op sy kop geval. Na die verkiesing sing hy weer n ander deuntjie.

JAN BRITZ ·

Die man ly aan verbale diaree. Het jy hom al ooit iets goeds hoor sê? As hy sy mond oopmaak kook die strooi uit.

Buite stande ·

Kan die minister nie ook ‘n verbod plaas op die borgskappen van wit besighede wat nog alytyd die sport geborg het nie? Die staat het mos genoeg fondse!

Dirk Kroonstad ·

Gevaarlike verkiesingspropagande. Netnou reageer buiteland negatief met ….sanksies? Vraag is.. wat gaan buiteland sê oor ras ondertone in Minister se woorde

Malva ·

Plan. Geen wit sportlui beskikbaar vir SA spanne maak net seker spanne wat deelneem is regstellende deelnemers. Sot! So beledig hy nie wit spelers wat span kry op meriete.

Riaan ·

En so sal ons dit maar net aanvaar, asb mense ,kom ons wys hulle wat dit beteken om n verbod op Rugby en Krieket te plaas, laat die stadions leeg loop, hulle sal gou agterkom waar hulle brood en botter vandaan kom. Ek wil net graag weet sou die kwota 50% wees beteken dit dat swart mense 50% van die paveljoene ook gaan vol maak.Het daai ou dit al ooit probeer uitwerk hoekom gaan blanke mense nie na ons swart sokker spanne se games toe nie.

WillePiet ·

Ek hou van jou redenasie Riaan. Dan moet die toeskouers ook 50% swart wees! Dis ons wittes wat die sport ondersteun. Nie swartes nie.

lag net ·

Mbalule is net soos Zuma praat baie rasistiese snert maar doen niks positief nie totaal net ingestel om wit persone te irriteer maar gelukkig het ons Afriforum en Solidariteit om hulle in die bek te ruk sou hulle hul magte oorskry.

Deon ·

En so word die vlam van rassisme net verder en verder aangeblaas……

Marius ·

Ek dink die agbare minister hoop dat beskaafde mense onbeskaafde rassistiese uitlatings sal maak, anders het hy nie ‘n strategie vir die verkiesing nie. Die probleem is net dat dit nog steeds nie gaan help om hom bekwaam te maak nie. Niks gaan help nie.

jacobus ·

Ons stig nou n All White-All Black ondersteunersgroep en skryf SA sport af. Laat in julle duisende vir Dstv weet ons gaan ons subskripsie beeindig. ANC sal oornag n ander deuntjie sing. Sport moet nou net nie aan die afpersing toegee nie.

Buitstander ·

Julle het dit verkeerd verstaan! Hulle wil net nog mineder werksgeleenthheid vir hul mense hê en is totaal nie teen sport gekant nie.

Justa ·

Mense kom by. n Boer is al weer aangeval. Daar is net tien kommentare op die berig. maar as dit oor sport gaan is “almal up in arms” Ons moet ons prioriteite regkry en vinnig ook.

Veritas ·

Dagsê Justa. So belangrik as dit vir ons mag wees, glo ek nie die plaasmoorde is hoog op die prioriteitslyste van die internasionale gemeenskappe nie. Ek glo dat sport daarenteen , vir meeste lande, van belang is. Hoe siek dit ook mag klink, glo ek daar is heelwat meer invloedryke mense wat op hoogte is met gebeure in die internasionale sportwêreld, as wat daar mense is wat omgee vir die lewens van ‘n paar boere. So oneties as wat dit ook mag klink, het sport meer internasionale blootstelling en nuus daaroor gaan ongelukkig ‘n groter impak op opinies van mense maak.

Theo ·

ek kry die indruk dat fikile mbalula dieselfde ik het as mal-ema. Soldariteit/afriforum moet maar weer internasionaal gaan en weer wys die anc se rasse kwota wat weer wys op ras voorkeur. ai die anc lei aan n identiteits probleem.

johann cb ·

Dan is ons nou weer terug in die apartheidsera! Die hele land se ekonomie gaan nou meer terugslae ondervind. Die ministers moet ook maar die “punch” vat.
Verduidelik net vir my: op watter wyse het Safa sy teiken bereik? Ek verstaan nie…

Danie ·

Die heersende beginsel is dat dit oor verteenwoordiging gaan en genesis oor meriete nie, dus is sokker ten volle getransformeer aangesien die span as geheel pateties is maar niemand kan vingerwys dat die beste beskikbare spelers nie gekies word nie. Dus totaal getransformeer!!

Lukas ·

Wat van swem wat die meeste medaljes huis toe bring. Daar sal hy nie inmeng nie.

Ouman ·

Die knaap is regtig nie die skerpste potlood in die pakkie nie. Geen wonder dat die Guptas hom aangestel het nie. Ons moet maar met ons voete stem en weg bly van alle sportbyeenkomste en dit sal die borge ook twee keer laat dink. Sokker het so getransformeer dat hulle nou paloekas is wat deur niemand as waardige opponente beskou word nie. Ons moes bedrog pleeg om die Werelbeker aan te bied want anders sou Bafana nooit ooit aan enige wereldbeker kon deelneem nie want op meriete is hulle nerens nie. Meriete is in elk geval lankal by die deur uit in die verdomde land.

Janneman ·

Wel gedaan Afriforum! Na 22 jaar het dit nog nie deurgedring dat party mense net nie aangele is vir rugby, atletiek, krieket, netbal, sokker!, politiek, harde werk, skep, opbou, slaggate/waterpype herstel……… Iewers op n punt gaan ons moet n sterker standpunt in neem en alle rugby wedstryde boiket en belasting weerhou. As die mense nie n salaris kry en kos het om hulle kinders te voer nie sal hulle nog so arrogant wees met hulle rassistiese idiologiee?

willem pretorius ·

Die olimpiese kommitee moet genader word en ‘n klag daar gelê word, volgens wat ek verstaan maar ek sal seker maak mag ‘n regeering glad nie inmeng by die keuse van sport manne / vroue nie en jou beste sportmanne moet die land verteenwoordig. SA kan uit die Olimpiese spele en alle ander internasionale sport verban word. Hoe voel al die gekleurde sport sterre selfs die wat regtig verdien on in ‘ n span te wees om as ‘n kwota gesien te word deur hul regeering? Sal graag hul opinies wil hoor.

Done ·

Afriforum, spandeer julle energie aan dinge wat regtig saakmaak en hou op om God sport te help dien.

Poplap ·

Ek wou iets anders vir jou gesê het ou Done, maar toe onthou ek dat elke ou die reg het om sy standpunt te stel. Al is dit hoe onvanpas in wie ookal se oë.

willem pretorius ·

Meeste rugby stadions behoort aan die spanne , waarom skop hulle nie Mbalula onder sy …. en privatiseer kry buitelandse borge , soos die Leeus bewys het ons kan doen en laat die regeering hul eie spanne/sport organiseer ons sal so beter doen en ondersteuners sal terugkeer na Suid Afrikaanse spanne. Baie mense ondersteun eerder buitelandse spanne en sport as SA sport weens die politieke inmengery.

Oom Kalahari ·

Sedert politiek vorm aangeneem het op elke gebied, hetsy jou Godsdiens (Kerke), Skole, Universiteite, Sporte, Landbou, ens word dit net swakker en bereik riool status. Pleks van hou by landsbelange om op te bou en te verbeter en die landsburgers en ekonomie te ondersteun word meer skade teweeg gebring op alle vlakke. Gee al die sporte oor aan die cANCer sodat dit 100% een kultuur verteenwoordiging is dan het hul die Transformasie 100% bereik met hul eie borge, Bestuurders op alle vlakke (Swart Vroue en Mans), Afrigters, Skeidsregters ens. Die andere kan private borge en sporte beoefen en op meriete ge-evalueer word en met oorsese vlakke meeding of verteenwoordig. Hierdie Sport optrede van die Minister is ‘n blote onregverdige aanval op sport liggame wat sport manne en vroue vir jare op meriete vlak oplei en groot suksesse in hul loopbane behaal met harde werk, trots, eerlikheid en integriteit, nie met kwota stelsels en onderdrukte blote Transformasie sisteme nie. Politiek moet bly op die vlak van Staatsstelsels vir hul onderskeie funksies.

Vra net ·

Van waneer af is Atletiek n span sport behalwe vir die aflos item? Nou wil hy teen idivedue diskrimineer??

Henry ·

Mooi so Afriforum!
Geweet julle sal die onregte nie ongesiens laat verby gaan nie.
Laat weet indien ons moet help met wat en met hoe min ookal.

Chris Ws ·

Ek sou graag die IRR in Ierland se epos adres wou he.Wil hulle vreeslik graag inlig oor wat in SA se politieke rugby aangaan!Maar hopelik sal Afriforum hulle werk doen en die IRR inlig.

Cjan ·

Hy is so mal soos n Haas. Die sokker is vergete en die res gaan volg. Wat gaan ons dan kan kyk. DSTV gaan ook sy gat sien. SHAME!!

johan ·

Dis waarom Rassie voertsek. En so sal al die goeie rugby, netbal en alle ander sportmanne en vroue padvat buiteland toe. Baie beter geleenthede met geen politieke inmenging nie.
Terloops, hulle steur hulle min tot niks aan die internasionale reels of wat ook al nie. En ja, verkiessing foefies of poefies

Gemsbok ·

Nou ja toe, die ouens wat gedink het sport is belangriker as selfbeskikking besef seker nou dat niks gewaarborg is wanneer jy onder ander se genade moet leef nie.

‘n Volstrekte meerderheid Afrikaners in die Noord-Wes-Kaap wat vir alle praktiese doeleindes oor hulself regeer, is die enigste manier om weg te breek uit die greep van die politieke diere wat deur Zuptastan oor ons aangestel word.

Pieta ·

Gelukkig is daar heelwat ander en beter uitweë as om na die Noord-Wes-Kaap te verhuis.
Om daar te sit en glo dat jy onafhanklik van die res van die RSA is en ewe skielik nie meer deel van ‘n korrupte swart regering se beheer nie, is ongelukkig ‘n pypdroom.

John ·

Ons moet ophou kerm en begin om regstellende aksie in sokker toe te pas. Waar is die wit sokkerspelers. Daag op! Wie wil in galgeel-kakiebosgroen hempies sonder ‘n springbok op die bors voor ‘n lee stadion op die veld draf? Steek die hande op. Toe nou manne, moenie skaam wees nie!

david ras ·

Dis lankal tyd vir die sportmense om self op te staan om getel te word. Ek onthou hier in 1993 toe daar ook so klein diktatortjie genaamd Sam Ramsamy alle sport toere verbied het totdat plaaslike sport na SY wense georganiseer was.
Daar was toe ‘n paar sportmanne onder leiding van Fanie van Zijl wat probeer teenstand bied het—-maar die res het almal stilstuipe gekry …..en die res is geskiedenis.

Sportmense moet net onthou dat toegang tot oorsese sport nie onbeperk is nie. As die plaaslike publiek aanhoudend beledig word deur die ANC se sport transformasie gaan hulle geldelike bystand ook opdroog.—-en die werklike lydende party gaan sportmanne en vroue self wees.
SA se sport gaan val , tensy die sportmense self ‘n slag opstaan en getel word.

Scalla ·

Ou Frikkie, met jou mag en besluit, plaas sommer n verbod ook op die volgende nasionale sportsoorte nl, moord,verkragting,roof,diefstal,korrupsie,onbevoegdheid ens.

Oom Walker ·

Scalla, daai sportsoorte is mos al lankal genoegsaam getransformeer.

Schalk ·

Asseblief!!! Hulle respekteer nie eers ons grondwet nie. Ek wens soms almal wil net wakker skrik en die situasie in die land sien vir wat dit is. Dit is rassisme op sy ergste, en die liberale klap hande want alles is tog so mooi. Daar is nie plek in hierdie land vir enige iets wit nie, wens ook net een van die lafaards wil opstaan en dit se.

Cobus ·

Ons is bewus wat Afriforum mee besig is wat verblywend is maar ek is bevrees die oorsese lande, mense, sport liggame ens voel eintlik vere vir ons as blankes………niks wat die minister aangekondig het gister is in die oorsese pers gerapporteer nie……..as die skoen aan die Ander voet was en dit was swartes wat teenoor gediskrimineer is was dit n Ander storie. ………..onthou daar is ook Anders kleuriiges nou in die springbok span en sou alle internasionale byeenkomstes deur die minister gestop word benadee hy sy eie mense ook in die proses.

Cobus ·

Ons is bewus wat Afriforum mee besig is wat verblywend is maar ek is bevrees die oorsese lande, mense, sport liggame ens voel eintlik vere vir ons as blankes………niks wat die minister aangekondig het gister is in die oorsese pers gerapporteer nie……..as die skoen aan die Ander voet was en dit was swartes wat teenoor gediskrimineer is was dit n Ander storie. ………..onthou daar is ook Anders kleuriiges nou in die springbok span en sou alle internasionale byeenkomstes deur die minister gestop word benadee hy sy eie mense ook in die proses.

Neal ·

Indien ons nie wen nie dan wie gaan die sport ondersteun?Daar moet in ag geneem word dat in sekere sportsoorte soos Netbal waar mens meestal moet lank moet wees( uit die aard van die saak) meer wit kinders sal uitblink omdat hulle algemeen langer is(soos voorspelers in rugby meestal groot en wit is).My 12 jarige dogter wou laas jaar weet hoekom sy nie provinsiale klere kry as sy,die spelers en al die toeskouers haar as die beste doel beskou by die proewe nie .Sy weet al sy word op grond van haar kleur gediskrimineer . Hoe kan jy n’ wiskundige demografiek gebruik om n’ sportspan te kies,dit gebeur nerens anders in die wereld nie.Ek gee nie om wat is die kleur van spelers nie solank die beste gekies word en ons wen.Die voordeel van dit alles is kinders wat net op vel kleur gediskrimeer(al kleure )word moet nog harder werk om die span te haal en dit maak hulle nog sterker en dan kan hulle soos Kevin Pietersen ,Irene van Dyk ens. hulle harde werk gebruik en iets in die buiteland van hulself maak.

david ras ·

Dit weliswaar wiskundige demografie, maar—–vir diegene wat dit nie weet nie:

Demografiese verteenwoordiging is ‘n uitvindsel van ‘n seker Mnr Adolf Hitler.
Dit het die lig gesien in die jare 1933 tot 1939 toe Hitler die Joodse Etniese minderheid uit Duitsland wou dwing deur hulle uit alle afdelings van die samelewing te druk–en dan sou hulle volgens Herr Hitler self emigreer—dieselfde as wat die ANC vandag met ons doen dmv
Regstellende Aksie, BEEE ens.
Die Skuilnaam vir die ANC se rassisme is “transformasie”—-en die buitewereld gaan dit nie besef tensy ons dit in hulle gesigte druk nie……
Ongelukkig is die wittes en veral Afrikaners nog steeds in ‘n gemaklikheids sone…….

Mien ·

Ons is met ons rug teen die muur. Ek weet van ‘n gestremde atleet wat Vrydagaand net ‘n Brons toekenning ontvang het vir ‘n hele paar S.A. rekords wat deur haar verbeter is. Die Silwer en Goue wenners se prestasies was maar redelik vaag. Probeer my bes om nie negatief te wees nie, maar ons veg teen ‘n oormag wat net maak soos hulle lekkerkry en ons uitlag en verneder om elke hoek en draai.

Hahahehehiehie tjietjie ·

Die arme drommel het meer as 25 jaar laas atletiek gekyk! Gaan kyk die span en dit is ‘n helse belediging vir Wayde van Niekerk en Akane, Bruintjies en die manne wat elke dag hard oefen en beslis die beste in hul items is. Gebruik tog jou verstand Fakile, al is dit min of gee die pos vir iemand wat tog weet waar al die geld vandaan kom!

Henny Coetzee ·

Marula is jy dronk of wat ?? Askies ek bedoel Mbalula.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.