Sprake van korrupsie by staatsdrukker

Die ANC het Saterdag stappe verwelkom wat korrupsie by die staatsdrukker ondersoek.

“Die ANC-werkgroep oor binnelandse sake is ingelig oor ʼn voorlopige ondersoek na bewerings van korrupsie en wanadministrasie by die staatsdrukker, wat die waarnemende uitvoerende hoof Angela Fosi impliseer,” sê Nomfanelo Kota, woordvoerder van die ANC-koukus.

Die saak is vir verdere ondersoek na die staatsdienskommissie verwys. Die portefeuljekomitee het ook die minister van binnelandse sake opdrag gegee om ʼn volledige ondersoek by die staatsdrukker van stapel te stuur na die bestuurstrukture,  insluitend die voorsieningsketting, menslike hulpbronne en die sekerheidstelsel. Die minister van binnelandse sake sal die portefeuljekomitee teen die einde van die maand oor die voorlopige ondersoek inlig.

“Die ANC is tevrede met die stappe wat die minister tot dusver geneem het en glo vas dat die wet en omsigtigheid in hierdie geval toegepas moet word,” sê Kota.

Sy sê die ANC bly daartoe verbind om korrupsie en wanadministrasie in alle vorme te beveg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nie Verbaas ·

“Sy sê die ANC bly daartoe verbind om korrupsie en wanadministrasie in alle vorme te beveg”. Wat n grap.

Anoniem ·

Soos die engelse sê: Dont do what I do. Do as I say. Ongelukkig is dit ‘n bietjie laat vir die ANC om dinge nou te wil stopsit.

Jakes ·

Wie dink Kota glo haar .
Kyk na Dep van water.
Kyk na Sasa
Kyk na SAL
Kyk na Eskom.
Wie die spul nog glo moet regtig idiots wees.

Strandloper ·

Daar moet fout wees iewers…hul het nie die plek af gebrand nie?

Pieter ·

Dit is nou een ding wat die ANC baie goed kan doen. En dan word jy nog beloon ook julle klomp is siek

Fedup ·

I am not surprised at all. The anc got this country on a silver platter and broke everything in a few years. Maybe the little chinese will do better once they own everything.

Deon ·

Is daar enige ander staats instansies wat nog nie van korrupsie beskuldig is nie?

Baardman ·

Toe ek jonger was, was die grasperke by die Uniegebou ook die staatsdrukkery genoem. Wonder nou of daar destyds ook “korrupsie” gepleeg is

Elsa ·

Ek hou van die Laaste paragraaf van die berig.
Die land hou julle dop.

Simon ·

Die artikel weerspieel en beverstig maar net die ANC se korrupte integrireit. MAAR MAROELA MEDIA, waarom is julle bang om die swart hande ipv die wit hande in die artikel te plaas. Sekerlik kan dit net swartes wees want hoeveel blankes werk nog in die staatsdiens veral by die staatsdrukker.

Nico ·

Suid Afrika is onderdeur a.g.v. korrupsie, berog en geldwassery. Die mense is die ANC regering.

JM ·

Bla, bla, bla … praat tot vervelens toe en pas niks in die praktyk toe nie. Regdenkende Suid-Afrikaners is verby moedeloosheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.