Sprake van strenger inperking ‘onaanvaarbaar’

russell-lamberti

Russell Lamberti. (Foto: Reint Dykema)

Die organisasie Business for Ending Lockdown meen sprake dat ’n strenger vlak van inperking weer ingestel kan word, is onaanvaarbaar.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het vroeër sy kommer uitgespreek oor “die toename in nuwe Covid-19-gevalle oor die afgelope paar weke”. Mkhize het gesê die tempo van nuwe gevalle en sterftes beïnvloed die aanbevelings wat sy departement aan die nasionale bevelsraad, vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus, maak.

Die inperking het ’n vernietigende uitwerking op die lewens en lewensbestaan van miljoene Suid-Afrikaners gehad en het dit steeds. Reisbeperkings is so streng dat dit meestal ʼn afskrikmiddel is, wat die toerisme- en gasvryheidsbedryf ernstige skade berokken,” sê Russell Lamberti, lid van Business for Ending Lockdown se adviespaneel.

“Baie ander sektore moet nog terugkeer na normale handelsvlakke. Strenger beperkings sal stadig-genesende sektore laat terugkeer na finansiële verknorsing en gedwonge afleggings.”

Lamberti het verwys na die Suid-Afrikaanse organisasie Pandemic Data & Analytics, beter bekend as Panda, wat versoek het dat alle inperkingsmaatreëls reg oor die wêreld opgehef moet word. Volgens Panda is inperkings nie net ondoeltreffend nie, maar doen dit meer skade as goed en lei dit tot erger gesondheidsgevolge.

“Ongelukkig word baie van die regering se denke gelei deur onvanpaste internasionale beleid, veral in Europa, waar verskeie lande of streke ‘n tweede streng inperking instel om die verspreiding van Covid-19 te beperk.”

Nick Hudson en Ian McGorian van Panda het egter opgemerk dat die sogenaamde “tweede golf” in Europa eerder ’n toename in bevestigde gevalle is as gevolg van baie meer toetse wat gedoen word. Waar die amptelike Covid-19-sterftes toeneem, is dit gewoonlik net ’n fraksie van die vlaag sterftes wat van Maart tot Mei plaasgevind het, en kan dit hoofsaaklik verklaar word deur seisoenale faktore namate Europa die wintermaande ingaan.

Lamberti het daarop gewys dat Covid-19-sterftes in Suid-Afrika in Julie ’n piek bereik het en sedertdien daal. “Meer bevestigde gevalle weens meer toetse het nie tot meer daaglikse sterftes gelei nie, en namate die somermaande warmer word, sal hierdie belowende tendens waarskynlik voortduur.”

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Volgens Panda se navorsers wys die Wes-Kaapse Covid-19-data dat daar nie ’n oplewing in die townships is waar hoë vlakke van gemeenskapsimmuniteit bestaan nie, terwyl ’n streng inperking nou bloot die gemeenskapsimmuniteit vir gebiede waar dit nog nie bereik is nie, kan uitstel en beduidende ekonomiese spanning kan veroorsaak.

Business for Ending Lockdown is ook bekommerd dat nog ’n strenger inperking enigsins oorweeg word gegewe “uiterse onbevoegdheid van die regering en wanbestuur” tydens die eerste streng inperking. “Die regering het ’n bewese rekord van irrasionale, skadelike regulasies.”

Volgens Lamberti is daar geen rede om die inperkingsregulasies te verskerp nie. “Dit doen meer skade as goed, verhoog vernietigende en korrupte staatsoptrede en lei tot onsekerheid en ’n verlies aan inkomste vir ondernemings.”

Business for Ending Lockdown het ’n beroep op die minister van gesondheid gedoen om verantwoordelik op te tree om nog ’n humanitêre ramp te vermy. “Die minister moet aan die president aanbeveel om alle inperkingsregulasies onmiddellik te beëindig, die ramptoestand op te hef en mense en organisasies toe te laat om hul unieke risiko’s te bestuur deur alle Covid-19-regulasies in nie-verpligte aanbevelings te omskep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Dries ·

Hulle gaan BAIE sukkel om nog ‘n lockdown te implementeer hier is SA. As die ANC hulle tog maar net self gedra het tydens die eerste een. Maar nee, roof en plunder dat die biesies bewe.

Persheks Adri ·

Ek stem Dries hulle is só honger vir geld asof hulle nie genoeg het nie!

Kokerboom ·

U rasionele denke en redelike stem maak GEEN indruk op die minister en sy kommunistiese Command Council. Ekonomie is ‘n westerse konsep vir hulle

Mieke ·

O aarde!! As die ANC hierdie lees -“ Dit doen meer skade as goed, verhoog vernietigende en korrupte staatsoptrede en lei tot onsekerheid en ’n verlies aan inkomste vir ondernemings”, gaan hulle beslis nie gehoor gee en nóg ‘n verhoging van veiligheidsvlak instel!!

Persheks Adri ·

Magsmisbruik en korrupsie is al waaroor dit gaan! Ons is nie kinders nie regtig waar. Die ANC is die grootste ramp wat ons kon tref tssssk! Gaan praat met “our people” wat nie die reëls na kom nie, want dis juis hulle wat nie luister nie! Jy gaan seker ons sigarette ook verban ne sodat kopdoek kan geld maak op swart mark! Moet nie ons intelligensie onderskat nie asb ons is slimmer as dit!

Debbie ·

Almal in ons land moet hier teen staan. Ons land kan nie nog ‘n inperking bekostig nie. Waar is ons land se geestelike leiers? Hoekom is hulle so stil oor al die snert wat in ons land aangaan?

Anoniem ·

Hou die geestelike leiers eerder vêr weg wanneer daar oor sake van belang gesels word.

Anel ·

Ek dink ons geestelike leiers is maar versigtig vir die regering. As daar gesê word spring dan vra van hulle nog hoe hoog.

Dirk Mostert ·

Die statistieke en grafieke in “Covid-19 Statisieke” 27 Oktober, wys NIE ‘n toename in nuwe gevalle nie. Waar Dr. Mkhize ‘n toename uitkrap sal net hy weet. Die regering soek ‘n verskoning vir langer en strenger inperking om ander redes as die “pandemie”. Dit nadat ‘n senior beampte van die WGO verklaar het dat ingrendeling ongewens is.

Fritz ·

Ontspan mense. Na die 2de golf, gaan daar nog n 3de en 4de golf ook wees.

Bart-Man ·

Die enigste gevoel van mag wat die regering die laaste 26 jaar gehad het, was met die lockdown. Hulle sal enigiets doen om bietjie belangrik te voel. Maak nie saak wat dit die land regtig kos nie.

Feite ·

NOG n LOCKDOWN en ons Maatskappy gaan finaal deure moet sluit! Genoeg is Genoeg.

Charles ·

nog ‘n streng inperking gaan ons land se doodskoot wees! dans dit neusie verby

Mariana ·

Ons weet almal teen die tyd dat die regering nie luister na raad van buite nie. Te veel daar wat die septer wil swaai en verkeerde besluite neem. Hulle gee nie duit om vir die land en sy mense nie, nie eers “our people”nie. Hulle is almal daar net om hulself te verryk. Dit kan hulle nie skeel of die land totaal vernietig word nie.

Elize ·

Nog ‘n inperking gaan ons werk se deure ook finaal laat sluit. Daar word gevra waar is die geestelike leiers dat hulle so stil is, wel hulle het klaar die knie voor die goeie kalf gebuig en gaan niks doen of sê nie. Gaan lees die boek Joël en daar sal besef word hoekom dit in hierdie land gaan soos dit gaan. Daar wag nog verskriklike tye vir hierdie land en sy mense want hulle het doof en blind geword. Slegs God se genade kan nog red wat daar te redde is

Jacobus ·

Mr Ramaphosa (or whoever is in charge) you and your cadres have squandered the last vestages of goodwill. That power-hungry crowd have plundered, misread and mismanaged every aspect of the pandemic. In stead of soft hande approach you have used KGB/GESTAPO tactics with no noticeable improvement.
You have alienated all taxpayers and the only smiles are those of corrupt looters of Covid funds.
The stats you use are suspect and thus you have only appeased those that dutifully agree with you.. Valuable and scarce resources have been wasted– you had one chance…….. take your boots and knees off our necks

Pim ·

Ons het Saterdagaand bietjie gaan uiteet. Ek en my gesinnetjie was van die min mense wat maskers gedra het! Daar is ‘n sekere gedeelte van die populasie wat glad nie gedink het maskers is nodig nie. Hulle het in die winkelsentrum rond geloop sonder hulle ‘verpligte’ maskers. Hoekom kan almal nie die basiese reels volg nie?

Fluisterwind ·

Want masker dra is ‘n bewys van submissie aan die BENDE wat ons kamstig regeer, hulle wil net vrees inboesem! Dink bietjie logies, toe jy jou happie kos neem was dit deur die masker? Speel die rugby spelers met maskers? En as hulle langs die kantlyn sit? As die rokers wil rook gebeur dit deur die masker? Die maskers is nonsens! Ek verstaan dokters en tandartse wat makers dra, hulle werk ten minste aan oop wonde en verhoed so infeksies, maar gewone mense, kom aan. Ek is nie siek, waarom masker dra?

Jywilwat ·

Kopdoek is verveeld. Sy sal dit geniet om weer in die kollig te wees.

Cecilia ·

Ag nee al wat ons moet doen is jou masker opsit en d vensters oopmaak dan kan almal werk toe gaan (taxis vol kapasiteit)
D Minister wil nou soos in d buiteland maak. SA is mos CopyCats.

Petrus ·

Het iemand anders se ‘rasionele’ denke hulle al ooit verhoed om iets te doen? Dit sal ook nie die keer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.