“Spring, spring!” skree skare voor selfmoord

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

ʼn Jong man is dood nadat hy glo van ʼn gebou in die Johannesburgse middestad gespring het.

Volgens die Emer-G-Med-ambulansdienste het die voorval laat Donderdagmiddag by die Victory Chapel-gebou op die hoek van Bree- en Simmondstraat plaasgevind. Paramedici het gepoog om die man by te bring, maar hy het aan sy beserings beswyk.

EWN berig intussen dat die skare wat voor die gebou saamgedrom het, geskree het “spring, spring, spring!” voor die man van die vyfde verdieping af na sy dood gespring het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marie Jacobs

Skokkend!

Marie Jacobs

Skokkend!

Elizabeth

Skare barbare. Dis al wat ek kan sê. Daar is “mense” wat so onmenslik geword het dat hulle die tipe van ding doen. Dit maak my naar en laat my wonder of hulle nou goed voel na dit gebeur het? Mag die man se siel nou die ewige rus vind wat hy nie op aarde kon vind nie…

lindi

Siek samelewing

boer

Hy het seker van daai tierboskat se muti gedrink en gedink hy gaan op sy pote land?