Springbok-hofaansoek: ‘Dit was strategiese plan’

rugby-springbok-logo-groot

Argieffoto.

Die politieke party Agency for New Agenda (ANA) het Woensdag gesê hy is tevrede met die uitkoms van sy hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Wêreldbekerrugbytoernooi deel te neem, al is die aansoek teruggetrek.

“Dit was ʼn strategiese plan, dit het gewerk en gaan ʼn groot invloed op transformasie hê, nie net in sport nie, maar op alle vlakke van die samelewing,” het Mahlomola Mokhoanatse, die leier van ANA, tydens ʼn perskonferensie in Pretoria ná die uitspraak gesê.

Mokhoanatse het gesê dit was nie aanvanklik die bedoeling om die Springbokke te verhoed om aan die Wêreldbeker deel te neem nie, maar eerder om die stadige trant van transformasie aan te por.

ANA, voorheen bekend as South Africa First, het die dringende hofaansoek op 28 Augustus ingedien. Die aansoek is gegrond op ʼn tekort aan transformasie in die sport. Die party beweer rugby word steeds deur wit mense oorheers en die Springbokspan verteenwoordig nie die meerderheid van Suid-Afrikaners nie.

Die aansoek is Woensdag teruggetrek in ruil vir breër samespreking oor die transformasie-kwessie met die regering en lede van die publiek. Hierdie voorwaarde is in ʼn konsepbevel vervat wat deur die onderskeie partye opgetrek is en Woensdag aan die regter in die hooggeregshof in Pretoria oorhandig is.

“Regter Ntendeya Mavundla se konsepbevel is presies wat ons wou hê. Die transformasieproses beweeg teen ʼn slakkepas. In die afgelope 21 jaar het daar maar min gebeur en dit is hoekom ons die aansoek teen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) en die minister van sport, Fikile Mabalula, gebring het.”

Hy het verduidelik dat hulle tot die laaste minuut gewag het omdat hulle eers wou sien wie almal vir die Springbokspan gekies gaan word. Agt van die 31 spelers wat gekies is, is swart.

Mokhoanatse het ook gesê die demografie in netbal en krieket verteenwoordig nie die meerderheid van die land nie.
Hy het gesê na sy mening is regverdige verteenwoordiging 80% swart spelers, wat verteenwoordigend van die land se demografie is.

“Ons gaan egter nie oor elke sport hof toe gaan nie. Die bal is nou aan die rol gesit en word deur die hof gedryf. As mense nie tevrede is oor die demografie in Bafana Bafana nie, moet hulle hul stemme dik maak en die howe nader,” het hy bygevoeg.

Volgens Mokhoanatse sou meer swart spelers se vaardighede beter gewees het as die “speelveld gelyk was” en hulle vroeër al gelyke geleenthede en beter hulpbronne gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jaco ·

Hy lieg man die judge het gese hy is te lig vir die saak hy moet n goeie prokureur bring die dom klont

Aitog ·

Ja kyk net hoe vaardig speel Bafana Bafana! Mokhoanatse kan darem tevrede voel dat die regering nie teen ‘n slakkepas beweeg het die afgelope 21 jaar nie, al was dit ongelukkig in trurat…

Bibbies ·

Nou dat hy sy naam Gat gemaak het maak hy nou of hy nou iets bereik het…….Hy weet nie eers hoe lyk ñ Rugby bal nie!!!

Susan ·

Stem saam. Ek wens ook al die wit spelers onttrek. Dit is net sensasie soek, niks anders nie. Ek wonder net wie vir die hof saak betaal?

Andre ·

Hulle beskik oor die besondere vermoë om ‘n hou onder die ken na ‘n sege te laat lyk/klink. Lê die probleem dalk by begripsvermoë?

johan ·

Ek se gee vir hulle die springbok span laat hulle vir ons wys hoe “goed” hulle gaan doen. Laat hulle eers hulle naam lekke gat maak en ons sommer regbewys.

chris ·

Watter springbokspan julle praat van die proteas mense
All Blacks en Iere vir my.

Johann Marx ·

En presies HIEROOR het Suid Afrika meer as 300 provinsiale rugbyspelers wat in ander lander oorsee hulle talente uitleef….en verlore is vir SA rugby…

Riaan ·

As hulle die span so te sê 90% swart wil hê, dring ek dan daarop aan dat die palviljoene ook deur 90% plus BETALENDE swart toeskouers volgepak word

vernon vd westhuizen ·

As dit goed gaan met ons Afrikanervolk, is ons nie geneig om saam te staan nie, maar wanneer ons in n blik gedruk word is ons geneig om dit te doen. Ons is nie mense wat toi, toi nie maar kyk nou net hierdie internasionale samewerking wat ons kry. Radiostasies, besighede, ens. word internasionaal opgerig, mense wat mekaar nooit geken het nie raak vriende en kuier saam en baie van ons Afrikaner mense is leiers in buitelandse ondernemings….Ons wat hier agter moet bly is trots op julle.
n Mens weet nooit wat die Here se bedoeling hiermee is nie, maar eendag wanneer alles opgeneek is, kom julle dalk terug en verander julle vaderland in n paradys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.