Springbok-man vas na hy glo seuns verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 35-jarige man van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem op aanklagte wat met kinderpornografie verband hou, asook die seksuele aanranding en verkragting van seuns.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het verneem die man werk as ’n veiligheidswag in Springbok. Hy is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy die polisie geskrewe toestemming gegee het om sy kamer en sluitkas by die werk te deursoek.

Volgens Makgale is daar op drie selfone, dokumente en 23 DVD’s en CD’s beslag gelê. “Die verdagte het ’n geskrewe bekentenis ingedien en die huise van drie van sy vermeende slagoffers in Port Nolloth uitgewys.” Makgale het gesê sewe vermeende slagoffers, vyf seuns en twee meisies tussen vyf en 11 jaar oud, is geëien.

Die verdagte het Donderdag in die Springbok-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting, seksuele aanranding en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie. Hy bly in aanhouding.

Makgale het gesê die inhegtenisneming maak deel uit van ʼn internasionale ondersoek na ʼn webwerf wat glo gebruik word om kinderpornografie te versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Francois ·

Hou asseblief op om julle hoofopskrifte te verdraai om meer sensasioneel te klink.

Dave ·

Yip jy’s reg. Maar die anderkant van die munt is dat verkoopstruuks ook reg tot bestaan het.

tommy ·

Francois jy kan kla oor dit by media 24. Hierdie artikels is gratis, wees dankbaar daarvoor

Jade ·

Ek stem Tommy, niks fout met Maroela Media se beriggewing nie.

Tammy ·

Gee die man vir die arme kinders se pappas sodat hulle hom kan straf! Oe of bring hom vir my ek sal dit gratis doen…… Hy moet een van daardie rekkies kry wat my oupa op die plaas gebruik het. Dit werk fantasties en verwyder die goed wat hierdie man so gepla het sommer tjop tjop. Dan is sy proleen vir altyd opgelos!!!!!

Eileen ·

Ek het ook gedink dit is een of ander bekende rugbyspeler wat met seuns lol!

Dave ·

Ek sou eerder sê dat die titelskrywer ‘n kompliment verdien. En die Francois’s moet liewer nooit verkope poog. Hulle weet niks van besigheid. :-)

Stefanie ·

Dan sou daar sekerlik Springbok SPELER gestaan het? Ek glo enigeen wat van Springbok kom het dit reg gelees. Kon netsowel Pofadder-man gewees het, maar wag dan was hy seker ‘n slang! Ten minste het die berig jou aandag gekry!

jeremy ·

ja die opskrif kan bietjie beter gestel word lol, a man van springbok lol.

Elfie ·

Watookal gevoelens oor die opskrif, hierdie ding is beslis nie ‘n MAN nie. Hierdie tipe van goed gebeur net meer en meer – wat op aarde is aan die gang? Heng, ek het eers as GROOTMENS geleer van iets soos ‘n pedofiel – was dit net meer toegesmeer toe ek kind was of wat? En glo my ek het beslis nie oorbeskermd groot geword nie!

pop ·

Nee toe ons kinders was het ons kerk toe gegaan en God se gebooie gehoorsaaam< en geweet as jy die duiwel loslaat dan is jy letterlik in jou hel in. Dis wat nou hier aangaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.