Springbok ontken gebruik van verbode middels

Aphiwe Dyantyi (Foto: SA Rugby)

“Ek glo in harde werk en regverdige spel. Ek het nog nooit verneuk nie en sal ook nie.”

Só het die jong Springbok-vleuel Aphiwe Dyantyi (24) gesê nadat hy Saterdag in ’n verklaring bekend gemaak het dat hy verlede maand positief getoets het vir die gebruik van verbode middels.

Luidens die verklaring het Dyantyi ʼn urinemonster op 2 Julie tydens ’n Springbok-oefenkamp ingedien wat positief teruggekom het. Dit is nie duidelik vir watter middel die Springbok positief getoets het nie.

Dyantyi ontken egter dat hy verbode middels, hetsy doelbewus of roekeloos, gebruik het om sy prestasie op die veld te verbeter en verduidelik dat hy slegs twee weke tevore ook ʼn monster ingedien het wat negatief vir verbode middels getoets het.

Hy het reeds versoek dat sy B-monster getoets word en wag tans op die uitslag, lui die verklaring.

Dyantyi, wat Maandag 25 jaar oud word, het ses drieë in 13 toetse gedruk waaronder twee in Suid-Afrika se sege van 36-34 oor die All Blacks verlede jaar in Nieu-Seeland.

Hy is ook verlede jaar deur Wêreldrugby as 2018 se beste nuweling aangewys.

Hy het egter in November verlede jaar laas vir die Springbokke uitgedraf weens ʼn besering.

Dyantyi was dus nie by verlede week se Springbok-oefenkamp in Bloemfontein nie en sal na verwagting ook nie Maandag in die Wêreldbekergroep ingesluit word wanneer dié groep aangekondig word nie.

Die vleuel het in die verklaring sy spanmaats om verskoning gevra vir die negatiewe impak wat die nuus op hulle mag hê. Hy is vasbeslote om sy onskuld te bewys, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ore ·

Natuurlik onskuldig. Dalk n komplot,dalk n wit speler wat hom in onguns wil bring

Jaco ·

As mense dink dat enige professionele rugby speler nog nooit in sy lewe steroids gebruik het nie dan is hul baie baie naief, ek was in die eerste rugby span in n baie bekende skool waaruit baie profesionele rugby spelers “gekweek” word en was dit uitgedeel aan die spelers en uitgeruil onder die spelers asof dit lekkergoed is! Niemand praat net daaroor nie…

Gatiep ·

Jaco,
Ek glo jou. Die punt,is daar is n gesegde: As jy oorgerus is dan skaats jy op dun ys. Hulle almal weet dat op een of ander stadium word toetse gedoen. Waarom n belowende loopbaan in gevaar stel.

Rinkhals ·

Snaaks hoe hul altyd geen idee het waar die goed in hul bloed vandaan kom nie. B monster word altyd getoets Dan is dit positief dan hoor mens nooit weer iets daaroor nie. Dalk moet sporthelde begin verantwoordelikheid neem vir hul eie lewens.

Niklaas ·

Daar sal maar altyd gevalle wees van kullery in sport. En dit word dan altyd heftig ontken . Maar daai toetse is wetenskaplik en professioneel en dit lieg nie.

Hanno ·

Daar is deesdae so n elle lange lys van verbode middels dat selfs rooi partytjie koeldrank onwettig sal wees. Professionele sport is regtig effens belaglik.

Gatiep ·

Hanno,
Waar is die dae dat jy op jou eie prestasie moes deelneem. Dink jy dit is regverdig vir een om sekere middele te gebruik om beter te presteer teenoor die persoon wat nie die middele gebruik nie. Nee ou grote jy redeneer regtig swak. Klink vir my jy is ook dalk een van die yuppies .

Hanno ·

Gatiep, ek is heeltemal neutraal teenoor professionele sport.
Indien seker middels verbode is, dan is dit reg so.
Indien hulle atlete toelaat om alle middels na hartelus te gebruik, dan is dit ook reg met my.
Ek ry motorfiets op amateur vlak.
Watse sport doen jy?

Hamman ·

Julle laat mens darem lekker lag of moet ek huil…dankie Hanno.

Sinies ·

Die hartseer is hulle gebruik dit oral, dit is algemeen bekend dat jy moet reeds die nodige in het voor die einde van jou skoolloopbaan

Kyk na hulle en vra jouself, ‘ is dit normaal selfs al oefen jy hoe hard’.

Nee dit is nie.

Die vraag is nie – gebruik, of nie gebruik nie.

Die vraag is – hoe om nie gevang te word nie.

Ek glo dit is in a die lande soortgelyk

Realis Thailand ·

Lieg maar soos hulle almal lieg as dit by verbode middels kom. Weet kastig nooit hoe dit ingeneem is
Beweeer hy is twee weke tevore getoets,nie gedink hy gaan so gou weer getoets word
Skors hom nie vir twee maar tien jaar en leer hulle almal n les

J ·

Jammer verneukers soos dié en Faf/Philander ens vir die Proteas word nie swaarder gestraf soos in Oz nie.

Frans C ·

Dit is nou vir die derde keer dat ek probeer om kommentaar te plaas.Niemand weet wat die verbode middel is wat in sy bloedmonster gevind is.Die regering het onlangs die gebruik van dagga vir medisinale doeleindes gewettig.
Tog is dit vir sportmanne as ‘n S8 verbode middel gelys. Ek sê nie dat dit dit was nie,maar om ‘n speler nou sleg te sê sonder dat ‘n mens presies weet wat dit was ,is ook nie reg nie.
Selfs sekere hoes en verkoue middels bevat bestanddele wat verbode is.Hoekom nie wag tot meer besonderhede bekend is voordat ‘n mens spelers begin afkraak.

Ann ·

Hoop hy word onskuldig bevind. Ek dink hy is ‘n goeie speler. SA benodig hom vir die wêreldbeker. Dis regtig baie moeilik vir sportmanne om op hoogte te bly van wat hulle mag en nie mag inneem nie. Jy moet omtrent by die dokter boer en alles double check. Dis regtig onprakties. Die steroides kom dikwels in doodgewone verkoue medisyne en pynpille voor. Dis baie moeilik om 2h00 in die more eers te check met medici.
J, brei asseblief uit oor Faf en Vernon , ek lees nie elke dag sportnuus nie.

SjN ·

Hy trek n Z triek, hy kan nie onthou hoe dit gebeur het nie, hy moes dit iewers ingeneem het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.